Vuurwapenlisensies word nie afgehaal nie

Argieffoto (StevePB, Pixabay)

Argieffoto (StevePB, Pixabay)

Nagenoeg 1 600 vuurwapenlisensies wat goedgekeur is, is nog nie by die polisie in Kimberley in die Noord-Kaap afgehaal nie.

“Die polisie versoek alle persone wat aansoek gedoen het om ʼn vuurwapenlisensie te bekom, om dringend die polisiestasie te kontak,” het kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê.

Volgens Naidu kan die volgende persone gekontak word tydens kantoorure:
Lt. De Vos: 053 8384430
Ao. Bothma: 053 8384334
Administratiewe beampte Van Wyk: 053 8384343

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Peet Schabort ·

Hoe lank het dit geduur vir die goedkeuring. Dalk is die meeste van hulle al letterlik dood gewag.

scalla ·

In die goeie ou dae was daar kennisgewings uitgestuur, seker te veel werk

Francois ·

Wel….dalk moet julle die mense laat weet die goed is daar. Hoe anders sal hulle weet? In die ou Suid Afrika was mens laat weet dis daar!

John Smith ·

As ñ vuurwapen eienaar is ek deur die polisie per SMS ingelig toe my lisensies goedgekeur en beskikbaar was. Smaak my hier mag moontlik ñ geval wees waar die aansoekers die SMS geignoreer het. Nou nie eintlik ñ advertensie van ooreiwerigheid om jou vuurwapen te wettig nie. Hulle kan self ook navraag doen as hulle werklik ñ lisensie wil bekom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.