Vuurwapens, ammunisie by Parkwood-huis gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie het Vrydag tydens ʼn klopjag beslag gelê op ʼn versameling wapens en ammunisie by ʼn huis in Parkwood in die Wes-Kaap.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes van die misdaadbekampingseenheid by die Grassy Park-polisiestasie het ʼn wenk ontvang oor vuurwapens wat by ʼn huis in Falconrylaan in Parkwood versteek word.

“Beamptes het na die betrokke adres gegaan en beslag gelê op een twaalfboorhaelgeweer, drie .38-vuurwapens, twaalf .45-patrone, 21 haelgeweerpatrone en tien .38-patrone,” het Van Wyk gesê. “Alle vuurwapens het reeksnommers.”

Twee mans, onderskeidelik 34 en 48 jaar oud, is in hegtenis geneem op aanklag van die besit van ongelisensieerde vuurwapens en die besit van ammunisie.

Die mans sal na verwagting binnekort in die Wynberg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ferdi ·

Ek stem Bignic dis n groot grap. Kan nie gloo daar word so ophef gemaak van dit nie.

humor ·

Soos die Engelsman sy skouers sou ophaal en se
So what?????????

mariana ·

Ek stem. Selfde wapens wat vir toekomstige woorde gebruik sal word

Jan ·

Nee, dis nie juis ‘n groot vonds nie, maar hei, elke bietjie help!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.