Vuurwapens: DA besorg oor voorstel vir ‘geen selfverdediging’

Argieffoto (Foto: MikeGunner/Pixabay)

Die Demokratiese Alliansie sê hy neem met kommer kennis van die voorgestelde Wysigingswetsontwerp oor Vuurwapenbeheer en veral die verwydering van “selfverdediging” as ʼn rede om ʼn vuurwapen te besit.

Maroela Media het vroeër berig die Wysigingswetsontwerp is Vrydag in die Staatskoerant gepubliseer. Die Wysigingswetsontwerp stel voor dat die wet gewysig word sodat “die aansoeker ʼn geldige rede moet verskaf vir die besit van ʼn vuurwapen en sodat geen vuurwapenlisensie uitgereik sal word vir selfverdedigingsredes nie”, lui die voorstel.

“Ons sal dit en ander elemente van die wysigingswetsontwerp ten sterkste teenstaan wanneer dit aan die parlement voorgelê word,” het Andrew Whitfield, die DA se skaduminister van polisie, in ʼn verklaring gesê. As polisieminister Bheki Cele met dié drakoniese wetgewing slaag, sal dit ʼn oorwinning wees vir die misdadigers wat reeds ʼn lisensie het om gewelddadige misdade te pleeg. Dit sal die laaste verdedigingslinie verwyder vir miljoene wetsgehoorsame Suid-Afrikaners.”

Die DA doen ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners wat die party se besware deel om dringend hul kommentaar in te dien oor die wysigingswetsontwerp by die Burgerlike Sekretariaat van polisie binne 45 dae van publikasie van die kennisgewing op 21 Mei 2021.

“Die stygende misdaadkoers en buitensporige begrotingsbesnoeiings aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens het miljoen Suid-Afrikaners meer kwesbaar gelaat as ooit tevore,” het Whitfield bygevoeg. “Die SAPD is in ʼn stand van wanorde, soos blyk uit die chaos by die Sentrale Vuurwapenregister en die agterstand in DNS-toetse.”

Terwyl die ANC ʼn verhoging van R26 miljoen ondersteun vir die BBP-beskermingseenheid, besnoei hulle ook die misdaadvoorkomingsbegroting met R3,8 miljard. “Dit beteken effektief meer vuurwapens om BBP’s te beskerm en minder voete op die grond om gewone Suid-Afrikaners te beskerm”

In die eerste kwartaal van die jaar is nagenoeg 5 000 mense in Suid-Afrika vermoor met 4 500 sake van poging tot moord. “ʼn Besnoeiing aan die polisie se begroting en ontwapening van burgers in dié omgewing is roekeloos en bedreig die lewens van baie meer Suid-Afrikaners.”

Whitfield sê Cele het sy mening oor vuurwapeneienaarskap duidelik laat blyk op meer as een geleentheid. “Hy wil wetsgehoorsame burgers ontwapen terwyl sy eie SAPD honderde vuurwapens jaarliks aan kriminele ‘verloor’. Die SAPD se dun blou lyn verdwyn vinnig en, hy het self erken dat hy nie sy mandaat kan uitvoer nie volgens die nasionale polisiekommissaris. Hulle moet dit makliker vir Suid-Afrikaners maak om veilig te voel, nie moeiliker nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

59 Kommentare

jongste oudste gewildste
Wit Leeu

As dit gebeur het ons geen ader keuse as om die land te verlaat nie????

Pietertjie

Kan ek die rede aanvoer dat ek my vrou en kinders wil verdedig, maar nie myself nie? Dan kry my vrou ook ‘n vuurwapen waarmee sy haar man gaan verdedig?
“if guns are outlawed, only outlaws will have guns”. En dit sluit die regering in.

Persheks Adri

Hoed ons is meer bevoeg as jou eie mense so hou op krap en sorg dat die gemors by jou registers uit gesorteer word! Jy versondig my siel en ek sal NIE my wapens vir jou onbevoegde skelm klomp gee NIE! Voetsek en gaan speel buite man

Werner

Ou DA die FF is meer as net besorg hoor julle sal moet beter doen as dit

Francois

Dit is net om wit mense te ontwapen en sagte teikens te maak sodat hulle comrades weet hulle sal nie geskiet word as hulle wit mense aanval nie.