Vuurwapens steeds vermis ná inbraak by polisiestasie

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn Spesiale taakspan, wat onder andere kenners uit Pretoria bevat, is steeds op soek na verdagtes wat by ʼn Oos-Kaapse polisiestasie ingebreek en talle vuurwapens gesteel het.

African News Agency berig die inbraak is Dinsdag by die Peddie-polisiestasie geregistreer nadat brig. David Kanuka, die Grahamstad-distrik se polisiebevelvoerder, tydens ʼn inspeksie by die polisiestasie was.

Dit is nie duidelik wanneer die inbraak plaasgevind het en hoeveel verdagtes daarby betrokke was nie.

Volgens bronne, wat verkies om anoniem te bly, het die verdagtes glo toegang tot die versterkte stoorkamer waar wapens en bewyse gehou word, deur die plafon verkry. Altesaam 30 vuurwapens, waaronder amptelike polisiewapens en wapens wat gekonfiskeer is, is glo gebuit. Dit behels glo minstens ses haelgewere, nege pistole, 12 R5-gewere en drie Berettas.

Brig. Marinda Mills het vroeër vandeesweek bevestig die voorval is aangemeld en dat ʼn spesiale taakspan die voorval ondersoek.

“Die taakspan bestaan uit die provinsiale taakspan wat bygestaan word deur kenners uit Pretoria,” het sy gesê. Sy kon nie bevestig presies hoeveel wapens weg is en wat dit behels nie. “ʼn Volledige oudit is aan die gang om dit vas te stel.”

Mills het Vrydag aan Maroela Media gesê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en die vuurwapens word nog vermis. “Die speurders volg verskeie leidrade op en die ondersoek duur voort,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Christa ·

Ek stem!!! Waarom het ons dan ‘n polisiemag wat ons miljarde per jaar kos? Net om ‘n paar obese ministers en president te beskerm? Hulle kan vir hulle eie veiligheid betaal, hulle kry genoeg geld!!!

Andre ·

En hulle wil hê ons moet ons wapens inhandig.
Ons sal dan met ons eie wapens vermoor en beroof word.

Ronel ·

En hulle is nie seker wanneer die inbraak plaasgevind het nie!!! Oe ê ê

Johann ·

Dis presies wat die.plan is Andre. Om ons eers te ontwapen en dan ons wapens te stockpile op gerieflik bekombare plekke om OF uit te deel.OF te laat “steel”! Ons is naief verby as ons dink daars enige ander rede. En dan word die SENIOR “poste” gevul met ZUMAIKIES wat drup van korrupsie…so erg dat die HOF hom as.ongeskik vir sy pos moet verklaar en die NOG meet.korrupte polisie hoof aansê om hom te fire!

Snoepie ·

Ek stem 100% saam met jou Andre. Dit is belaglik verby!!!

Pork Chop ·

Woensdag is die wapens weer terug. Hulle het dit net uitgehuur vir die lang naweek sodat hulle kan gaan moor en martel. Donderdag sal Malema ‘n pers konferensie hou en apartheid die skuld gee en weer wit mans laat verstaan hoe hy, hulle op hulle plek gaan sit. So dis okay om wapens te leen.

wraggies ·

Waar was die sekuriteits maatskappy, hulle beveilig mos deesdae die polisiestasies aangesien hulle dit nie self kan doen nie.

Piet Pompies ·

Hulle was daar…besig om die gesteelde wapens te laai…

olof ·

Die polisie se skelms het dit seker gesteel. Daar is baie van hulle – inside job!So duidelik soos daglig.

Piet Pompies ·

Toe ek die berig lees moes ek op die kalender seker maak dit is nie dalk 1 April vandag. ‘n Siviele vuurwapen lisensie houer moet sy vuurwapen in ‘n kluis toesluit, gedurende my weermag tyd was die vuurwapen kluis ‘n vertrek wat jy nie sommer oop breek nie. Die vuurwapens was so gepak indien jy daar instap sal jy dadelik opmerk as een wapen uit posisie is of een wapen verwyder is.

NALATIG ·

Nalatigheid wat die polisie se tyd mors en tyd mors terwyl daar ernstige misdaad is wat aandag nodig het. Skaam julle. Iewers is iets nie pluis nie…

Sw ·

Definitief n inside job – nog n geval om die land te destabiliseer.
Kyk hoeveel gesteelde vuurwapens kom in die mag van die wettelose.

Neidra Knott ·

Sjoe. Hoe gebeur so iets. nee wat ek glo nie vir 1 oomblik dis nie n inside job nie

tom ·

Kom ek julle wat het gebeur daai wapens is lankal weg ,toe hulle hoor daar kom n inspeksie toe maak hulle n plan breuk in kamma om te se wapens is gesteel

Pork Chop ·

En ‘n bonus kry by die staat en komissie by die inbrekers.

Wingman ·

Alhoewel ek lank laas kommentaar gelewer het oor n onderwerp, want my kommetaar word nie geplaas deur MM nie, kan ek dit NIE weerstaan om iets hieroor te se nie. Ek het werklik gedink ek het nou al alles gehoor en gesien in die wondelike land van ons, HOU KAN IEMAND BY N POLISIE STASIE INBREEK…GEE MY KRAG!!!! Daai wapens was uitgedeel, of verkoop vir drankgeld man, om ons wittes te vermoor en vermink, dink hulle werklik ek is so onnosel.

Cherokee ·

Wingman, jy vra hoe by ‘n polisiestasie ingebreek kan word. Wel, tye gelede het ek gesien die polisiestasie in my omgewing het ‘n sekuriteitskontrakteur aangestel om hulle op te pas. So as hulle swak privaatsekuriteit aanstel wat die polisiestasie moet beskerm, dan kan dit seker maar gebeur. Jy verwag seker nie die polisie moet self die stasie oppas nie! (en ek maak nie ‘n grap nie – privaat sekuriteitswagte het die cops opgepas:-) Toe wonder ek wie die sekuriteitswagte oppas.

muis ·

Dalk vind hulle oor 3 dae uit dat die wapens deur hul eie toegesluite verhoorafwsgtendes gesteel is nadat hulle ontsnap het.

Justice ·

“Versterkte” stoorkamer vir vuurwapens met `n plafon? – Dit klink nie soos goedgekeurde wapenkluis nie.

Alida ·

Is dit nie wapens wat vernietig moes word nie. Genade dit is nou in kriminele se hande. Skokkend.

Philip Koen ·

Patetiese klomp fools. ingebreek by polisiestasie, werklik besondere bevoegte polisiediens van die nuwe Suid Afrika.

ken benoni ·

Wingman ek stem saam, mens raak dors as jy aandiens is, of liewer om die posisie te vul wat net vir jou geskep is! Met of sonder Eish!!!!!

nature boy ·

Dis ongelooflik wat hier gebeur het dis beslis n inside job. Mense gaan sterwe agv daai vuurwapens wat nou in kriminele se hande is.

Penellope Jones ·

Hoe breek mens by ‘n polisiestasie in? Is daar nie altyd ‘n polisiebeampte(s) aanwesig nie?

Cherokee ·

Penelope, die word ‘aanwesig’ is subjektief. ‘Aanwesig’ mag dalk ook verwys na die boks KFC.

FM ·

Moeti worry nie, die skuldiges in die polisie sal bevorder word. Mark my words.

Albert ·

En ons moet dit glo. Ek was SB van n Stasie en as jy jou werk doen is dit onmoontlik. Ek kan sommer n pynappel kraam. Volg die klomp glad nie Staande Orders!!!! Klomp patetiese ……

Annie ·

Alles is beplan. Howkom het so baie kriminele deesdae wapens. Dit moet van iewers kom. Die wapens is ook nie hand gemaak nie … alles strategie wat goed beplan nie

Gert ·

Stap 1:Handig julle wapens in
Stap 2: steel dit by die polisie stasies
Stap 3:…

Gister gehoor van boer wat se 4 plaas aanvalle in een uur om pietersburg….

Gert ·

Ons land word geregeer deur goed oogeleide teries… Het ons enigiets anders verwag. En ek se weer ” 4 plaas aanvalle in een uur in pietersburg ” bevestig deur n persoon in omgewing.

Gert ·

Stap 1: Maak wapen lisensie moeilik om te kry(wetlik)
Stap 2: maak dit maklik om jou wapen in te handig
Stap 3: steel die wapens en geld
Stap 4: sê vir die mense die poppe gaan dans.
Stap 5:……………

John ·

So, elke polisiestasie het ‘n eie wapen-arsenaal… vir wat? So ‘n lekker klein ‘army’ op sy eis. Dis nou ‘n mooi voorbeeld van SA se manier om mag af te wentel en grondvlak te bemagtig… ‘n Lekker wapenwinkel as ‘side-line’ vir polisie-beamptes. In die een ry staan die bebloede beseerdes agv van aanvalle en in die ander die flinke kopers van vuurwapens… Kan daar met bankkaarte betaal word?

Renette ·

Dis nie nodig om in te breek nie, jy loop sommer net in en verby die slapende polisie en vat wat jy wil.

Willie ·

Maar hulle gee ons hel wat n geldige Vuurwapen lisensie het. Jy MOET N KLUIS HE en ,en ,en, Dit is van om naar te word man. Bloody pateties

SARIE VAN HEERDEN ·

Moenie jou wapens inhandig nie. Sny hom op met ‘n hoekystersnyer (Angle grinder) en gooi die verskilende stukke op verskillende plekke weg sodat die parte nie weer aanmekaar gesit kan word nie. Dan weet jy jou wapen is veilig en uit die pad van kriminele.

Cherokee ·

Sarie, nadat dit dan opgesny en weggegooi is moet steeds rekenskap gegee word daarvan want (en moet nie vergeet nie) die nommer is steeds op register vanuit die vorige millennium. Ek het ‘n rewolwer en pistool. Die rewolwer se lisensie is geldig 10 jaar en diè van die pistool vir 5 jaar. Ek het vergeet om die pistool s’n te hernu tot voor verlede jaar en dit was ‘n jaar na vervaldatum wat ek dit hernu het. Daar was nie eens een enkele vraag daaroor. Die Indiër (vuurwapenbeampte) het my brief waarin ek dit verduidelik het gelees en lakonies gesê “It is truly a year” en my weke later gebel om die lisensie te haal met ‘n verskoning omdat dit so lank geneem het. Die einaar van ‘n vuurwapenwinkel het aan my verduidelik dat hulle ‘niks kon doen’ omdat die oorspronklike lisensie ‘steeds geldig is’.

SARIE VAN HEERDEN ·

IN ANTWOORD OP ANNIE. Kriminele het wapens want hul koop dit vir min geld op straat waar die nommers van die wapens verwyder is. As jy so ‘n nommerlose wapen het kan jy skiet net soveel jy wil en niemand het enige vewysing na enigeen nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.