Vuurwapens teruggekry ná rooftog op Vrystaat-plaas

Van die vuurwapens wat teruggekry is (Foto: Thandi Mbambo, SAPD Vrystaat)

Twee verdagtes verskyn Maandag in die Kroonstad-landdroshof nadat polisiebeamptes beslag gelê het op verskeie vuurwapens wat van ʼn plaas in Heuningspruit naby Kroonstad in die Vrystaat gesteel is.

Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, het gesê ses verdagtes het op Donderdag, 3 Mei, omstreeks 11:30 in ʼn grys Toyota Hilux-bakkie by Mooivlakte-plaas opgedaag. Die bakkie het konstruksieplakkers en ʼn geel lig op die dak gehad.

“Johanna Maria Lotter (48) was saam met haar werknemers op die plaas besig toe swaar gewapende mans hulle skielik oorval en met plastiek kabelbinders vasgebind het. Hulle het die sleutels vir die kluis geëis,” het Mbambo verduidelik.

Die man het sewe gewere, R5 000 kontant en drie selfone gebuit voor hulle van die toneel gevlug het.

“Boere van die omgewing en polisiebeamptes is dadelik ontbied, maar die verdagtes was voortvlugtig tot Saterdagoggend, toe die bakkie verlate aangetref is in ʼn begraafplaas in Kroonstad,” het Mbambo bygevoeg. “Die verdagtes is Saterdagmiddag omstreeks 15:00 in ʼn huis in Maokeng in Kroonstad gevind. Polisiebeamptes het ook die gesteelde vuurwapens, ammunisie en selfone gevind.”

Die bakkie is vroeër in Bethlehem gesteel. Die polisie is steeds op soek na die ander verdagtes, het Mbambo gesê.

Lt.genl. Moeketsi Sempe het die polisiespan geloof wat die inhegtenisnemings verseker het en die boere bedank wat ook reageer het en gehelp het om die verdagtes op te spoor.

Die twee verdagtes staan tereg op aanklag van huisroof en die besit van ongelisensieerde vuurwapens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Voorstel ·

Verwyder die slotte ens. van vuurwapens wat nie gereeld gebruik word en bêre apart.

Haan ·

Verwyder die slotte. Installeer meer as een kluis. Gaan begrawe wapens wat nie gebruik word nie. Installeer n toestel wat jou buurman SMS as jou kluis deur oopgemaak word. Dra n wapen aan jou sy en belê in professionele opleiding. Hoop boere begin meer strategies oor die huidige vlooie-oorlog dink

Lientjie ·

Dis wat ek ook gedink het steek die vuurwapers op ‘n ander plek weg, so as hulle die kluis oop maak dan is daar niks in nie.

Danien ·

Interessant hoe daar meer voorvalle is waar daar net opgedaag en geroof word waar daar meer as die gewone hoeveelheid vuurwapens op n perseel is. Al gewonder of daar nie dalk inligting lekkasie by die lisensieafdeling kan wees nie?

WonderNet ·

Wonder net waarom die polisie dit nodig ag om n foto van die klomp vuurwapens uit te reik vir publikasie. Dit maak net deure oop vir die volgende groep wapen rowers, siende dat die naam van die plaas ook nou bekend is

Anoniem ·

Nou, maar Alida. Dit is dan nou die boer se eiendom wat jy sommer wil laat vernietig. Dink jy nie die SAP moet dit aan die regmatige eienaar terug besorg nie?

Haan ·

Smelt jóu wapens en hoop die booswigte doen dieselfde met húlle s’n… Slimmie

Oom Kalahari ·

Uitstekende diens van die SAPD beamptes en die voorkoming van verdere aanvalle en misbruik van hierdie vuurwapens. Ook groot dank aan al die boere in omgewing vir hul hulp en bystand met soektog. Kriminele moet gejag word en kan vrees wat met hul gaan gebeur as strawwer opleggings volg vir hierdie tipe misdade. ‘n Kluis word verlang volgens wet en inspeksie goedkeuring, maar dit het ook ‘n gevaar vir eienaars begin skep. ‘n meer oplosbare strategie vir voorkoming van so maklike verkryging moet deur vuurwapen spesialiste/deskundiges ondersoek word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.