Vuurwapens tydens aanval op polisiestasie gesteel

Kareedouw-polisiestasie in die Oos-Kaap

Die polisie in die Oos-Kaap het ʼn groot soektog van stapel gestuur ná vier gewapende mans Saterdagoggend omstreeks 01:30 op die Kareedouw-polisiestasie toegeslaan het.

Kapt. Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, het gesê die mans het op die gemeenskapsdienssentrum toegeslaan en die konstabel aan diens oorval. “Die verdagtes het vuurwapens uit die kluis en ʼn polisiehandradio verwyder,” het sy gesê. “Die konstabel het alarm gemaak nadat die rowers in ʼn onbekende voertuig gevlug het.”

Swart het gesê alle betrokke rolspelers is dadelik ontplooi. “ʼn Groot soektog na die verdagtes duur voort. ʼn Saak van gewapende roof word ondersoek.”

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale polisiekommissaris, het die aanval ten sterkste veroordeel. “Ons sal hierdie rowers aankeer en nie rus totdat hulle almal aangekeer is nie. ʼn Taakspan van ervare speurders, insluitend die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), is aangestel om dié diewe aan te keer.”

Hy doen ʼn beroep op enigiemand met inligting om na vore te kom. Inligting kan aan die ondersoekbeampte, ao Walter Wait, gestuur word by 071 481 2939.

Maroela Media verneem vertroulik twee R5-gewere en drie 9 mm-pistole is uit die kluis gesteel. Swart wou dit egter nie bevestig nie, omdat die inligting operasioneel sensitief is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Die wit wolf ·

Onbekwame en onprofessionele polisie – in oos kaap het 43% nie hulle wapen opleiding bevoegdheid deurgekom nie – dus hulle werk met wapens wat hulle nie kan hanteer nie en skep so n’ gevaar vir hulself en die publiek – hierdie klink soos n’ inside job… Die belaglikste is dit – die polisie hammer heeltyd op wettige wapen eienaars maar hulle en die sandf is die twee grootste bronne van onwettige wapens in die land! Die wapens in transito rowe en deesdae ook plaas aanvalle is meestal volle automatiese R5 gewere wat “geskenk” word deur die onbekwame affirmative action polisie en army

Hoc est bellum ·

Verwag voortaan binnekort gewapende rooftogte in PE en omgewing nadat die wapens oorhandig was. SAPD is nie paraat nie en ook nie in staat om my te beskerm nie. Ek het jare gelede al besef en besluit dat ek die takie van selfverdediging net aan myself kan toevertrou. Gelukkig het my weermagopleiding paraatheid by my ingeskerp. Ek onthou nog die inskripsie op ‘n helikopterloods se valhelm op Mpacha in die Caprivi: When I enter the valley of death, I shall fear no evil, because I am the meanest son of a b…. in this valley…

Snowball ·

???ons gaan daai rowers nóú aankeer …..maar die rowers is NIE BANG vir die SAP nie, hulle is so windgat hulle roof die arme, weerlose Polisie sommer op hulle eie “turf”! Iemand sal die Polisie moet help beskerm.

IK ·

Ja onse SAPD, al gehoor dat gestoorde vuurwapens se slotte ens. op ander plekke gebêre word? Ai toggie, sal daar ooit geleer word . . . ?

Werner ·

Se mos lankal dis waar kriminele hulle wapens vandaan kry om nie vd weermag te praat nie maar dis mos nie polities korrek nie

Monty ·

Ek sidder on te dink wat gaan gebeur as daar 430000 wapens moet ingehandig word wat nou veilig by eienaars is net omdat hulle vergeet het om lisensies the hernu

Lana ·

Monty, soos wat ek jou kommentaar lees, sien ek die skrikwekkendste prentjie van roof en moor.

James ·

Enige persoon wat nou ‘n wapen inhandig maak ‘n baie groot fout…as jy die ou groen permit het hou jou wapen !!!!!!

HPV ·

En ons moet ons wapens, uit veilige kluise, by die polisie inhandig om “veilig” geberg te word. Ek dink nie so nie! Ha-ha…

Lana ·

So lyk die ouens wat sê jy kan maar jou wapen ingee as die lisensie verval het. Hulle weet glo presies wat om daarmee te doen.

julius ·

Nou weet ek ook waar om wapens te kry as ek dit nodig sou hê.

Snowball ·

SAP – ook bekend as KLUG, KOMEDIE, BESPOTTING, GRAP, TRAGEDIE, FOUT.

Koos de Meyer. ·

Hoe is dit moontlik dat 1 konstabel kan diens doen. Maak nie sin nie. Waar is meer seniors, soos bv. Sersante ens. Die hele opset is lagwekkend. Maar dis maar ons nuwe Suid-Afrika.

Jacques ·

Stap bietjie by ENIGE polisie stasie in na 23h00, die lot le en slaap. Hulle sal n sek maatskappy moet aanstel om hul op te pas sodat hul nie beroof kan word nie.

Siek en sat ·

Ek sal nie die stasie se naam noem nie maar toe mense wat ons ken by die spesifieke polisiestasie instap moes hulle wag om gehelp te word want die lot het pornografie/seksfliek gesit en kyk.

Andre ·

Kry maar weer n Sekerheids Maatskappy om die SAPD op te pas, Dit is duidelik dat hulle nie hulle self kan op pas nie. Dit is die mense wie die publiek by moet aanklop om hulp indien nodig. Onbevoegdheid.

Andre ·

En die publiek moet afstand doen van hul wettige wapens terwyl die SAPD die kriminele voorsien.

Buffel ·

Wat ‘n sirkus is die SAP nie….geen einde aan die onbevoegdheid nie word net erger onder die siek bestuur van Cele en sy gespuis.

marous ·

Operasioneel sensitief . Nou waarvoor moet die publiek uitkyk? Ketties en slingervelle?

Yster ·

Ag Dawid kom nou. Moet die ja stem nou skuld kry vir alles. Jy weet tog seker van beter. Hoekom vuur wapens inhandig Gaan laai dit sommer by die diewe af. Ons weet mos waar hulle bly.

LouE ·

Die polisie is onbevoeg. Jammer vir die enkeles wat nog probeer.

Henk du Toit ·

Die wagters op die muur lê en slaap en ons gewone sterflinge is oorgelaat aan ons lot. Nou dit my mede landsburgers laat my net die een vraag vra; Hoe kan die Polisie op my vuurwapens wil beslag lê op grond van die vuurwapenwet as hulle hul eie nie eers kan bewaar nie ? Daar moet mos eers jou eie huis reggkry word voor jy die huis van n ander wil kom regpak.

Nikita ·

Gauteng High Court, Pretoria interm order: Gunowners of South Africa (GOSA) vs National commissioner and minister of Police. Hulle het laat weet die wat hulle vuurwapens alreeds ingegee het moet dit gaan afhaal en moenie meer vuurwapens inhandig nie. Mense gaan vind uit oor GOSA dis werklik so.

Dirk01 ·

Ja nee onverpoos een leun op die ander , grapgatte hulle ry net rond op belasting betaler se geld en ontvang . Ja as n burger moet jy jou self oppas , die telefoon operateurs kan nie eers ordentlik besonderhede afneen wat nog verwag dat die polisie n wapen korrek kan gebruik teen rowers.Wat n cheek dat rowers so laat innie nag kom en dit terwyl n man bietjie moet rus op diens…slapie gesteur .

Dw ·

Ten minste is hulle gehelp by hulle naaste sapd
Ek het altyd geweet hulle moet goed wees vir iets

EBG ·

Ons het n sekuriteits maatskappy
SAP sukkel selfs om kriminele te kom haal , hulle sukkel om op inligting te reageer, daar word gereeld by SAP kantore ingebreek, en ja ek dink hulle kan maar sekuriteit gebruik ,dan sal ons polisie ook veilig en beskermd wees nes die res van Suid – Afrika wat moet betaal vir beskerming van privaat instansies af

snoefie ·

dan word daar van ons verwag om vuurwapens te gaan inhandig oor n verdomde plastiese blokkie wat verval het wen niks sê oor hernieu negentig dae voor vervaldarum nie.

ANTI RAMAPHOSA ·

Onse President CIVILWAR RAMAPHOSA het n saadjie geplant by die ongeletterde massas wat bloot aanvaar dat hulle nou daarop geregtig is om enige eiendom, en veral eiendom wat aan die Witmense behoort, vir hulself mag toeeien.
Deur die onverantwoordelike optrede
van CIVILWAR RAMAPHOSA is die kans baie groot dat Suid-Afrika n Burgeroorlog in die gesig staar
Kry die Weermag om tog maar die magtelose Polisie op te pas , en die VN MAGTE om op hul beurt weer onse nuttelose Weermag op te pas.
Dankie Mnr die President dat jy Suid-Afrika in so n diep donkere hel gedompel het. Nie die President of die ANC kan die monster wat hulle Wakker gemaak het, beheer nie.

KanJyNouMeer ·

Sa is een van twee lande ter wereld waar polisie stasies deur privaat sekuriteits maatskappye van buite beveilig word in stede.. Skande skande. In meeste kleiner dorpe is toegang tot SAPS stasies reeds lankal beperk, veiligheids hekke wat jy moet buzz voor jy kan inkom, nasionale riglyne lankal. waarom nie in hierdie geval ook nie? Nie te lank gelede, is deur ‘n vorige Minister aangekondig, die persentasie basiese ongeletterdheid onder SAPS lede. Waaroor, presies, is almal nou so verbaas?

Vra maar net ·

Die polisie vra altyd het jy enige verdagte gesien, beskrywing ens, ek wil net weet hoekom het die konstabel nie ‘n voertuig registrasie nommer afgeskryf nie. Klink die konstabel het geslaap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.