Vuurwapens tydens polisieklopjagte gekry

Die vuurwapens waarop beslag gelê is. Foto: SAPD

Die vuurwapens waarop beslag gelê is. Foto: SAPD

Die polisie in KwaZulu-Natal het tydens klopjagte in die provinsie op verskeie vuurwapens, waaronder twee aanvalsgewere, beslag gelê.

Die polisie het Dinsdag in ʼn verklaring gesê die klopjagte is deur die Pietermaritzburgse openbare orde-polisie en beamptes van die Msinga-polisiestasie in die Msinga-omgewing uitgevoer in ʼn poging om van onwettige vuurwapens ontslae te raak.

ʼn 21-jarige man is in die Phakwe-omgewing in hegtenis geneem nadat ʼn ongelisensieerde pistool en ammunisie in sy besit gevind is.

Die polisie het ook verskeie opstalle in die omgewing deursoek en op twee aanvalsgewere, nog ʼn pistool en ammunisie beslag gelê.

Al die vuurwapens sal vir ballistiese toetse gestuur word om te bepaal of dit met enige misdrywe verbind kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.