Vuurwapens uit polisiestasie gesteel

Argieffoto: SAPD

Die adjunkminister van polisie het Vrydag sy ontsteltenis uitgespreek nadat dit aan die lig gekom het dat vuurwapens uit die Bellville-Suid-polisiestasie in Kaapstad gesteel is.

Die SAPD het in ʼn verklaring gesê Bongani Mkongi, adjunkminister van polisie, het onlangs bewus geword dat handwapens en gewere uit die polisiestasie verdwyn het. “Dit is nie ʼn geïsoleerde voorval nie. Ons is besig met ʼn intensiewe ondersoek na ʼn soortgelyke voorval by die Mitchells Plein-polisiestasie in die Wes-Kaap,” het Mkongi gesê.

Hy het gesê hy is baie ontsteld en kwaad oor die voorval. “Die departement van polisie is toegewyd om bendebedrywighede en misdaad in die polisiemag hok te slaan,” het Mkongi in die verklaring gesê. “Die vraag is egter, wie verskaf ons vuurwapens aan misdadigers, veral in die Wes-Kaap?

“As dit ons lede in die polisiemag is wat betrokke is, dieselfde lede wat deur die publiek vertrou word om misdaad te bekamp, onderneem ek dat die poppe binnekort sal dans.”

Mkongi het gesê hy het met die stasiebevelvoerder van die Bellville-Suid-polisiestasie vergader en versoek dat ʼn omvattende verslag oor die voorval aan hom voorsien word. “Diegene wat hierby betrokke was moet opgespoor, in hegtenis geneem en by die naam genoem word.”

Hy het gesê sodra die verslag van die polisie ontvang is, sal daar terugvoer aan Suid-Afrikaners gegee word oor die vordering van die ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Leahim ·

Dit hoop net op leuens, oneerlik,bedrog ,dwelmsmokkelary in Brasilië en nou diefstal wanneer word hulle ontbind en vervang met mense wat vertrou kan word die vorige polisie was beter wat het nou verander die mense wat nou daar is? Die uitfasering van disiplinne?, swak keuringsprosesse?

haha ·

watter keuringsprosesse? asmalyers, obese, siggestremd, noem op. hulle is daar. so vet hulle kan hulle eie skoene nie vasmaak nie. maar as hulle swart is, is dit hulle reg om te wees.

Kettie ·

Om te dink dat ek nie eers my kettie of slingervel aan hulle kan toevertrou.

Swart Piet ·

MM ek wens julle wil vir ons nuwe nuus gee. Ons almal weet al lankal dat die polisie en die staat die krimenele van wapen voor sien.

Dw ·

Al hoekom mens hulle bel is vir n saak nommer om by versekering in te dien.

Yster ·

Die ondersoek is baie maklik. Wie loop met die kluis se sleutel. Dit is seker n offisier of hoe. En ons moet ons lewens aan hulle toevertrou . Lekker ” inside job”.

Vlakvark ·

Hoeveel mense gaan nou weer met hierdie gesteelde vuurwapens dood geskiet word? Welke persentasie moordenaars beland agter die tralies?
Ek het GEEN vertroue in die hele Suid-Afrikaanse kriminele regstelsel nie. GEEN. Finish en klaar. Tragies.

Dirk01 ·

En die polisie durf gehoorsame burgers opdraande gee oor wapen lisensies wat hernu moet word…………En die uwe Bothma in pretoria vuurwapen hoofkantoor sal nie n woord rep oor die diefstal nie maar ons byt die spit af danksy hulle belaglike vereistes .

Domvraag ·

Waar is direkteur Bothma wat almal wou vervolg wat nie betyds aansoek gedoen het onder die nuwe wet?
Hoeveel van die polisie voldoen nie aan die wet en wat word daaraan gedoen?

Toppie ·

Vuurwapens is seker beskikbaar gestel vir ‘n “bucket” KFC en ‘n 2 lt coke anders spook dit

Andre ·

Ha! Ha! Minister. Die saak sal mos nooit opgelos word nie……te veel vingers in die pastei.

Johan. H. ·

As daar bewys kan word in die toekoms dat van hierdie wapens iemand behalwe n krimeneel gedood het moet die onverandwoordelike pol lid siviel aangevat word, sy pensioen verloor en tronk toe gaan, Julle moet bid dat my naasbestaandes nie iets oorkom deur so i nalatige geval nie,,,

Johan ·

ek stem 100% saam met jou Johan. hulle sal my leer ken as so iets moet gebeur met my naasbestaandes. Polisie is daar om te help? te help om ons uit te wis ja!!

Chris Ws ·

Dis die soveelste geval van die’ aard.Dis sonder twyfel ‘n ”inside job”.Ek meen,waar was die polisie lede wat aan diens was?ALMAL uit vir koffie??Ons polisie is lagwekkend!

Alida ·

Die kluis behoort 3 slotte te he en 3 mense moet teenwoordig wees om dit oop te sluit. Gewone kluis is nie veilig nie en enigeen kan die sleutel steel. Inside job.

1+1 ·

Ons het te doen met ‘n integriteitsprobleem, opleidingintensiteit en ‘n proseslose werwing en aanstelling van onbekwame persone. Presies soos dit tans in die onderwys gaan. Kom ons wees vir ‘n slag eerlik.

Willie K ·

Dis nou die derde geval van diefstal van wapens hierdie week in die Wes Kaap. Ek dag die Wes Kaap is die beste provinsie in die land. Blykbaar toe nou nie.

Rocky ·

Daar is ‘n hemels breë verskil tussen die Polisie en die WesKaap as ‘n provinsie. Die DA het nie beheer oor die Polisie nie.

Valerie ·

Moet my nie verkeerd opneem nie (ek besef die gevaar al te deeglik), maar hierdie is skreeusnaaks!

w ·

Op Calitzdorp word ook partymaal geskiet dan se polisie glo dis BB guns. Hahaha

Veritas ·

Wie weet waar mens van dié vuurwapens kan koop? Kom dit met ‘n lisensie en ammunusie of is dit ‘n opsionele ekstra? Is daar afslag vir kontant of word kredietkaarte aanvaar?

Tiger ·

Veritas jy’t my nou lekker laat lag!Maar die punt ons het ‘n groot trop korrupte kriminele in polisie uniforms in die’ land!Fikile Mbalula het werk voor hom.

Chrisjan ·

Die polisielede aan diens in tyd waarin die diefstal van die vuurwapens plaasgeving het moet ALMAL aangekla word van diefstal en medepligtigheid tot diefstal.Hierdie is ‘n baie ernstige saak.
Ek sal graag wil sien dat Dr.Pieter Groenewald van VP+ hierby betrokke raak want dis sy kos die’!

Anton ·

Hy se “as dit ons polisielede is wat betrokke is” genade dit word bydie Polisiestasie gesteel…jy moet brein dood wees om nie te weet wie die skuldiges is nie…daai goed word in kluise gebere…of steel hulle dit terwyl die polisieman slaap…ja hul doen dit ook…

Deon ·

Al ooit gewonder waar kom rowers, moordenaars aan wapens ……. ?

Land of Milk an Honey….. eish man die pay ish nie genoeg, ons smous die goed om ons pay aan te vul. As hul alle polisielede op leuenverklikker toetse moet sit op n maandelikse grondslag oor moontlikke betrokkenheid met forme van misdaad, sal die polisiemag n Groot tekort aan polisielede he. n Baieeeeeeee groot tekort.

Christo ·

Verslag!!? Die stasiebevelvoerder en al sy personeel moet dadelik geskors en aangekla word. Hierdie is ‘n kriminele saak. ‘n Onafhanklike ondersoek moet gelas word. Die Stasiebevelvoerder is verantwoordelik en aanspreeklik en behoort gearresteer te word vir growwe nalatigheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.