Vuurwapens verlate in motor gevind

(Foto: Verskaf deur SAPD)

Danksy noue samewerking tussen die polisie en lede van die publiek het beamptes beslag gelê op ses swaarkaliber vuurwapens wat verlate in ʼn voertuig agtergelaat is.

Brig. Mathapelo Peters, woordvoerder van die polisie, sê beamptes van die SAPD en die Ekurhuleni-metropolisie het Vrydag gereageer op inligting oor onwettige vuurwapens in die Angelo- informele nedersetting in Boksburg aan die Oos-Rand. Hulle het daar op die vuurwapens afgekom wat in ʼn verlate voertuig gelaat is.

Beamptes het ook beslag gelê op ammunisie vir die verskillende vuurwapens.

“’n Ondersoek is tans aan die gang en die polisie is optimisties dat die verdagtes, wat tans onbekend is, wel binnekort in hegtenis geneem sal word hangende die forensiese prosessering van hierdie vuurwapens,” het Peters gesê. Hy het gesê dit sal deel van die ondersoek vorm om te bepaal waar hierdie vuurwapens vandaan kom.

Lt.genl. Elias Mawela, provinsiale polisiekommissaris in Gauteng, het die beamptes geloof met hul welslae en gesê die vind van onwettige vuurwapens gaan oor meer as net die vuurwapens. “Dit is in effek die fnuik van moorde, kapings, huisbrake en sakerooftogte en baie ander ernstige en gewelddadige misdade,” het Mawela gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Abe ·

Uiters gevaarlike vuurwapens le nou letterlik oral rond. Hoe meer wetsgehoorsame burgers geteister word met allerhande sinnelose wette, hoe meer wapens word beskikbaar vir kriminele om vryelik op te tel.

Trol ·

En geen haan sal daatna kraai nie. Dit maak deel uit van vuurwapen amnestie. Knap gedaan aan die fluitjieblasers. Hoop nie daar waa eers gesjop nie

IK ·

Ek kan nie onthou wanneer laas ek voorgekeer is in ‘n padblokkade. Waarom? Reeds vir die deursoek van onwettige vuurwapens. Hierdie blokkades word sporadies gehou op kort kennisgewing aan deelnemers. Dit duur ook baie kort op ‘n plek en word dus rondgeskuif. Daar word ook voorsiening gemaak vir diegene wat lont ruik en omdraai.

$ ·

Interessant – die beamptes is geloof met hul welslae (oor die vonds) maar hulle het gereageer op inligting? Die mense wat die inligting verskaf het behoort geloof te word; dit was die beamptea se werk om daarop te reageer.

TN ·

Woordorde in opskrif lyk nie reg nie ; later in die berig is dit wel korrek as ” wapens in verlate motor ” .

Oujongvrou ·

Wapens wat in moord togte en rooftogte gebuit is. Dan word dit gebruik vir nog misdade. En ek hou nie asem op vir arrestasies nie.

Phil ·

Die polisie kry deesdae baie uitgerig so voor die verkiesing. Ek weet ook nie of ek my verbeel nie, maar dit lyk of plaasaanvalle ook afneem of word dit net nie bekend gemaak nie?

thelsa ·

Wonder net wanner die vuurwapens en ammo deur die SAPS gebuik word ?

Andre Stander ·

Ai toggie… “Swaarkaliber” – rerig?!? Wat is die doel van die woord (keuse); sensasionalisme, of om die onkunde van die persoon wat dit gerapporteer het uit te lig..?

Die twee wapens heel regs is .22 kaliber, en skiet n patroon wat tussen 1.9, en 2.1 GRAM weeg.

Derde van links is n 12 boor haelgeweer en heel link is ‘n ou-militere .303 kaliber geweer – weereens, ‘swaar kaliber’..? Ek slaan my hande saam.

Net vir interresantheid – geen van die wapens in die foto kan die “belted ammunition” (wat in die string kabel links vertoon word) skiet nie. Net die weermag het sulke vuurwapens.

George in Bloem. ·

100% in die kol. Hierdie is glad nie nuuswaardig eers nie.

Ben Prinsloo ·

Ja al die wapens is nie swaar kaliber nie maar ek dink die ou .303 is wel. Ek glo ook nie dat iemand van ons voor die wapens wil wees as die skoot afgaan nie, so ook nie Andre nie. Wat ek wel kan aflei uit die foto is dat dit hoog waarskynlik gewere is wat van plaasaanvalle en moorde gebuit is.

Lisensies ·

En net hierdie week is 2 familielede se vuurwapenlisensie afgekeur… Rede vir albei : You failed to convinced the Registrar that there is a need for this firearms… Lagwekkend ?

George in Bloem ·

My eerste kommentaar is deur MM verwyder so ek probeer maar weer. Dit klink of die skrywer wil he mens moet die polisie gelukwens met hulle reaksie op ‘n wenk en op hierdie sogenaamde “groot fonds”? Rerig? Daar is nie een van die wapens in die groep wat tans die chaos saai in SA nie naamlik AK’s of R4’s of R5’s nie. DIS die wapens wat soveel onskuldiges hulle lewens kos agv misdadige skuim wat niks voel vir onskuldige burgers se lewens nie.

Heksie ·

Waar in die wêreld kry hulle dié wapens … En hoekom is dit in ‘n verlate voertuig gevind … Dis asof dit met opset so gelaat is. Sou self graag aan hierdie ondersoek wou deel hê.

Speedguard ·

Ja nee Heksie, ek ruik ‘n dooie bees nie ‘n rot nie !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.