Vuurwapensaak: Malema nou eers later verhoor

Julius Malema (Foto: Twitter)

Julius Malema, leier van die EFF, sal nou eers volgende jaar verhoor word op die vuurwapenverwante aanklagte waarop hy sedert 2018 tereg staan.

Die verhoor van Malema en sy medebeskuldigde, Adriaan Snyman, sou vandeesweek in die Oos-Londense streekhof plaasgevind het. Die verhoordatum is egter Maandag herskeduleer omdat die aanklaer gesondheidsprobleme ondervind.

Die verhoor sal nou van 24 Februarie tot 4 Maart plaasvind.

Anelisa Ngcakani, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Oos-Kaap, sê Malema en Snyman was albei van gister se hofverskyning verskoon aangesien daar vooraf ooreengekom is op ’n uitstel.

Malema en Adriaan Snyman staan tereg op verskeie aanklagte wat verband hou met Malema se beweerde afvuur van ʼn vuurwapen by die EFF se vyfjaarfeesviering in Mdantsane in 2018. Snyman het die vuurwapen glo vir Malema aangegee voordat dit afgevuur is. Snyman is na bewering die eienaar van ʼn private veiligheidsmaatskappy wat tydens die voorval dienste aan die EFF gelewer het.

Malema word aangekla van die onwettige besit van ʼn vuurwapen, die onwettige besit van ammunisie en drie aanklagte van die oortreding van die Wet op Vuurwapenbeheer.

Snyman staan tereg op een aanklag van oortreding van dieselfde wet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

34 Kommentare

jongste oudste gewildste
Persheks Adri

Hoeveel keer nou nog uitstel vir die knaap op sulke ernstige aanklagtes? Laat dit nou 1 van ons was dan het ons al gesit!

Pieter

Ag asb trek die saak terug hy gaan niks oor kom nie. Die land se regstelsel is om van op te gooi.

SjN

Hoekom elke keer uitstel, reeds 3 jaar het verloop.

Stefaan

Dit gaan nooit gebeur nie.

Nozi

Sjoe en daar is geen ander beskikbare aanklaers nie. Ja-nee kyk, woorde ontbreek my as dit by hierdie karakter kom.