Vuurwapenskou: Pa aangekla wat seun per ongeluk skiet

Dag 1 van HuntEx2014 by Gallagher Estate Foto: HuntEx, Facebook

Dag 1 van HuntEx2014 by Gallagher Estate Foto: HuntEx, Facebook

Sean Kotzin, wat sy sewejarige seun per ongeluk by ʼn vuurwapenskou in Midrand geskiet het, is van die nalatige hantering van ʼn vuurwapen aangekla, het The New Age Donderdag berig.

Kotzin is Woensdag in hegtenis geneem en het in die Alexandra-landdroshof verskyn waar hy op borgtog van R2 000 vrygelaat is. Die saak is tot 21 Mei uitgestel vir verdere ondersoek.

Kotzin se seun is in ʼn stabiele toestand in Carstenhof-hospitaal. Hy is kritiek beseer toe sy pa se vuurwapen per ongeluk in ʼn toiletafskorting by HuntEx2014 afgegaan het. Hy is in die bors getref. -SAPA

Lees ook:
Pa skiet seun per ongeluk by vuurwapenskou

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

amanda blignaut ·

Dit kon net sowel een van ons kinners gewees het wat in toilet langsaan kon gewees het! Van wanneer af loop mens tussen ander mense met ‘n geweer wat nie op safety is nie! Dis baie nalatig!

Lawrance ·

Sune. Aan die einde van jou berig verwys jy na “Huntex”. 100% reg. Let wel dit is NIE ‘n vuurwapenskou nie maar wel ‘n jagskou

Amanda. Heeltemal reg. Agv sy dom nalatigheid is sy stokperdjie/profesie iets van die verlede. As hy toegelaat word om ooit weer ‘n wapen te besit/hanteer sal ek baie verbaas wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.