Vuurwapenwet: Cele moet luister na duisende besware

Daar is groot teenkanting teen die beoogde wysigings aan die vuurwapenwet. (Foto: Lynette Oxley/Gosa Girls on Fire, Facebook)

Die DA sê hoewel hy ten gunste van streng vuurwapenbeheer en -lisensiëring is, kan hy nie die voorgestelde wysigings aan die Wet op Vuurwapenbeheer in sy huidige formaat steun nie.

Die amptelike opposisie sê die voorgestelde wysigings het verreikende gevolge vir nie net burgerlike veiligheid nie, maar ook vir ander bedrywe soos jag en diegene in die private veiligheidsektor.

Die DA het weereens ʼn beroep op mense gedoen om aan die burgerlike sekretariaat vir polisie te skryf en hul insette oor die voorgestelde wysigings te lewer.

Die DA het reeds sy besware oor die wetsontwerp ingedien en sê mense is met reg kwaad oor die voorgestelde wysigings in die wet.

“Die wysigings gaan burgers se regte om hulself te beskerm, erg strem. Dit is iets wat nie ligtelik opgeneem kan word nie, veral gegewe die wydverspreide verwoesting en chaos wat twee weke gelede in KwaZulu-Natal en Gauteng geheers het. Inwoners daar is aan hul eie genade oorgelaat terwyl die polisie en ander wetstoepassingsagentskappe misluk het om gemeenskappe teen geweld en plundering te beskerm,” sê Andrew Whitfield, die DA se woordvoerder oor polisie.

Bykomend tot die DA se beswaar teen die verwydering van “selfverdediging” as rede om ʼn vuurwapen te besit, het die party ook besware teen verskeie ander kwessies.

Dit sluit in die breë magte wat aan die minister van polisie gegee word om enige soort ammunisie deur ʼn kennisgewing in die Staatskoerant te verbied. Die DA is ook gekant teen die verskerpte bepalings wat die wetsontwerp sal skep om ʼn lisensie vir geleentheidsjag of vir sportskietdoeleindes te bekom.

“Ons is gekant teen die beperking op die getal vuurwapenlisensies wat toegewyde en beroepsjagters mag besit. Ons steun ook nie die verwydering van die vermoë om vuurwapens en ammunisie in private versamelings te hou nie,” sê Whitfield.

Die DA meen die geldigheid van lisensies vir geleentheid- of toegewyde jag en sportskiet moet onveranderd bly.

“Die minister se magte om die manier waarop ʼn veiligheidsbeampte ʼn vuurwapen dra te reguleer, is te breed en oop in die wetsontwerp. Die beperking om net drie vuurwapens sonder ʼn vervoerlisensie te vervoer, kan te laag wees. Dit kan voorsien word dat beroepslui en veiligheidspersoneel soms meer as drie vuurwapens op ʼn slag sal moet vervoer.”

Die DA meen onder meer ook die vermindering van die hoeveelheid ammunisie wat ʼn lisensiehouer mag besit, moet geskrap word en is sterk gekant teen die wysiging wat private lisensiehouers sal verhoed om hul eie ammunisie te laai.

Whitfield sê Bheki Cele, minister van polisie, kan nie die 100 000 mense ignoreer wat die party se petisie onderteken het nie, en ook nie dié besware wat reeds by die burgerlike sekretariaat ingedien is nie.

“Min. Cele het klaaglik misluk in sy plig om die polisie in staat te stel om Suid-Afrikaners te dien en te beskerm en nou wil hy ons van verdere beveiligingsmaatreëls stroop. Hy kan nie aanhou om wetsgehoorsame burgers te vervolg net omdat dit makliker is as om sy werk te doen om misdadigers te vang en ons mense te beskerm nie.”

Whitfield sê as Cele nie sy pligte kan nakom nie, moet hy in die pad gesteek word.

“Om gewone mense in misdadigers te verander weens min. Cele en die polisie se onbekwaamheid, moes nooit deur pres. Cyril Ramaphosa geduld word nie.”

  • Kommentaar kan nog tot 31 Julie 2021 ingedien word. Stuur kommentaar na [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Aai ·

Hier kom ‘n ding oom Cyril raak ontslae van nar Cele dan sal jy dalk meer respek van ons kry.

Werner ·

Op hierdie stadium is ou Cyril en Cele n groter gevaar vir veiliheid as n gewapende burger.Hulle doen net mooi niks om die mense wat hulle veronderstel is om te dien veilig te hou nie.So Piet weereens kan hulle maar van myne vergeet.

Cecilia ·

My wapen is 1000x veiliger in my eie kluis as in d hande v d SAPS lede!
So tot d SAPS nie beter beheer uitoefen oor aansoeke vir lisensies en onwettige wapens nie. Bly myne maar net daar in d kluis. Vervalde lisensie en al.

gpsa ·

Sou die wet verander, jou naam is op die lys dat jy, volgens wet, ‘n onwettige vuurwapen besit en dus tronkstraf en kriminele record kan kry. 10 SAPS lede daag by jou huis op, wat gaan jy doen? My punt is dit help nie om hier allerhande dapper stories te vertel nie, gaan se jou se op die regte platvorms.

Werner ·

As die minister besluit hy vat jou wapens sal hy hulle vat net soos hulle art 25 gaan verander.Hulle kan nie art25 verander solank ons gewapen is nie so raai wat.Jy kan maar jou se se soos jy wil op die platvorms wat ek wel gedoen het.As hulle ons wil onteien sal hulle en as hulle jou wapens wil vat sal hulle.Geen platvorm gaan jou dan help nie.Dan moet jy maar besluit waar jy staan .Dapper storie of te nie.

Cecilia ·

D SAPS het nie eers padvaardige voertuie nie. So waar gaan hul 1000de “onwettige” wapeneienaars besoek en aanvat.
D wapenlisensie afdeling is in absolute chaos gedompel. Dink jy d SAPS het nog ons aansoeke v 10jr trug? Mmmmm dink nie so nie dit le erens in d gange onder 1000de ander aansoeke.
Ek het my se gese op d “regre platvorms”

Pietertjie ·

Mens kan nie verwag dat iemand wat polities doof is, na rede gaan luister nie. Die dowes moet eers vervang word met horendes.

Anthony ·

“Hy kan nie aanhou om wetsgehoorsame burgers te vervolg net omdat dit makliker is as om sy werk te doen om misdadigers te vang en ons mense te beskerm nie.” …………….So bek moet jam kry

Nie Verbaas ·

Watter werk verwys DA na? Cele het in n TV onderhoud dan nie eers geweet wie sy intilligensie hoof is op n vraag of Jacobs nog steeds die posisie beklee nie.

Danie ·

Dit sal nie gebeur, hulle is te veel in mekaar se sakke , hulle weet te veel van mekaar se misdrywe af , so indien die een die ander aaspreek kan daar dalk vir die ander een moeilikheid wag, so ons ignoreer mekaar se foute , soos n volstruis wat sy kop in n gat druk en dink niemand kan hom sien.

Persheks Adri ·

Ja Werner hulle besef nie die implikasies van die nuwe wet wat hulle wil afdwing nie! Hulle wil ons eerlike burgers in misdadigers verander maggies. Hy kan vergeet om dit te doen ons boerevolk mag dit nie toelaat nie punt.

Hennie ·

Om te verwag dat ‘n vertraagde, swartgallige idioot moet luister of lees… Kom ons kyk eerder of ons Satan in die hemel kan kry, dit behoort MEER moontlik te wees!

Herman L ·

Wat stel Cele en diegene voor wat ‘n vuurwapenvrye Suid-Afrika voorstaan, hoe moet ons onsself beskerm teen gewapende rowers wat ons lewens en ons besittings bedreig? Het ons dan nie ‘n grondwetlike reg om dit te beskerm nie? Of moet ons maar toekyk hoe mense vermoor word en hul besittings weggedra word?

Eclectus ·

Ek vermoed hierdie beoogde stap is eintlik ‘n poging om die gemors by sentraal vuurwapen register te omseil, want hy/hulle gaan sekerlik nooit erken dat dit in ‘n rioolput verander het as gevolg van politiek korrekte onbevoegdheid. Hulle is soos water, neem altyd die maklikste weg.

marius ·

Alles deel van die beplanning . Langer as dertig jaar terug . Glo dit maar .

Pieter ·

Die is net afledings taktiek om die sirkus by CFR toe te smeer. Digitaliseer die aansoek prosesse. Probleem opgelos.

Stoffeltjie ·

Cele moet eerder in die pad gesteek word as nog te luister na almal se besware. Hy het geen reg om daar te sit nie.

KB ·

Die probleem is (en bly) die minister wat onbevoegd vir die land se veiligheid is.
Hoeveel ervaring het hy?
Het hy deur die range gekom?
Het hy dus die nodige kwalifikasie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.