Vuurwapenwet: Voorgestelde wysigings ‘onrusbarend’

Argieffoto

Solidariteit het Donderdag in ʼn verklaring gesê dit is “onrusbarend” dat die regering met die beweerde voorgestelde wysigings aan die Vuurwapenwet aan Suid-Afrikaners sê: “Gee jou gewere oor”.

“ʼn Ontwapende burgery is totaal uitgelewer en dit terwyl die reg om ʼn mens se eie lewe te beskerm absoluut en ononderhandelbaar is,” het Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), in reaksie op die dokument, wat glo bedoel is om ʼn wysigingswetsontwerp op die Vuurwapenwet te wees, gesê. “Ons durf dit nie eers oorweeg om ʼn aks te gee in dié verband nie. Die tyd het aangebreek om onredelik en onbeskaamd op normaliteit aan te dring.”

Maroela Media het vroeër berig vuurwapeneienaars is warm onder die kraag nadat die dokument uitgelek het wat daarop dui dat die Vuurwapenbeheerwet só gewysig wil word dat selfverdediging nie meer as rede gebruik kan word om ʼn vuurwapen te besit nie.

Dit kom nadat Gun Owners South Africa (Gosa) in ʼn verklaring gesê het die wysigingswetsontwerp met betrekking tot vuurwapens is bekendgemaak en die organisasie is “woedend” oor die wysigings wat voorgestel word. Aldus die verklaring sal artikel 13 en 14 van die wet teruggetrek word, wat beteken dat Suid-Afrikaners nie meer ʼn vuurwapen vir selfverdediging sal mag besit nie.

Solidariteit het voorts aangekondig dat hy eersdaags ʼn reuseveldtog van stapel gaan stuur om hierdie dokument met hand en tand te beveg, onder meer deur middel van massa-ondersteuning, petisies en internasionale bewusmaking.

Die dokument beoog om artikels 13 en 14 van die Wet op Beheer van Vuurwapens (No. 60 van 2000), wat spesifiek daarvoor voorsiening maak dat vuurwapens vir selfverdediging toegelaat word, te skrap. Volgens Mulder is hierdie voorstel op sy eie al ongelooflik problematies. “Burgers se reg om hul eie lewe te verdedig, is iets wat fundamenteel tot ʼn samelewing is. In Suid-Afrika, met ons absurde vlakke van geweldsmisdaad, is dit net verregaande om burgers se reg op lewe in te perk,” waarsku Mulder.

“Alhoewel daar vrae rondom die status van die dokument mag bestaan, is dit vir ons so duidelik soos daglig dat dit ʼn voorgestelde wysigingswetsontwerp is, selfs al is dit tegnies gesproke nog nie een nie. As ʼn ding lyk soos ʼn eend, ruik soos ʼn eend en vlieg soos ʼn eend – dan is dit ʼn eend, al is dit nie op die oomblik op ʼn dam nie,” het Mulder verduidelik.

“Om boonop as motivering aan te voer dat die hoë vlakke van geweldsmisdaad en vuurwapenmisdaad vasgevat gaan word deur landsburgers te ontwapen, is net ʼn bewys dat die opstellers van hierdie wysiging van die werklikheid ontkoppel is. Ten spyte van eng vuurwapenwette, is Suid-Afrika se geweldsmisdaadvlakke buitensporig hoog. Die idee dat groter regulering van vuurwapens die geweldsmisdaadprobleem gaan takel, het sy ontstaan in ʼn PowerPoint-voorlegging eerder as in ʼn polisieverslag gehad.”

Mulder het bygevoeg indien daar slegs oor wapenwetgewing gepraat word, is die idee reeds problematies. :Binne die konteks van verskeie kommunistiese beleide wat die ANC in die res van 2018 wil aan- en deurvoer, soos onteiening sonder vergoeding en die Nasionale Gesondheidsversekering, is hierdie wysigingswetsontwerp ongelooflik onrusbarend. Ons sal dit nie daar laat nie. Hier is waar ʼn mens die streep trek. ʼn Regering moet bang wees vir sy burgers, nie andersom nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

69 Kommentare

JoeV ·

Die probleem is die meeste ANC kiesers het kriminele rekords en kwalifiseer nie vir vuurwapens nie. Die ANC om stemme te kry moet hulle die emosie van moontlike kiesers streel duer die onderdrukker ‘n punt te wys, en dit is wat die is.
Maar soos mens weet, net wets gehoorsame burgers gebruik die wette om vuurwapens te bekom, so dit sal op die lang duur dalk nie so ‘n groot effek hê nie!!

Harambe ·

Kom ek vertel vir jou ‘n ding wat meer skrikwekkend is: Die ANC het as deel van CODESA dit so reggekry dat hulle ‘n “sekuriteitsmaatskappy” is. Dus is hulle geregtig daarop om vuurwapens te besit as organisasie en hulle kan dit aan lede “uitboek” soos nodig.

Corne ·

Wou al lankal vir my ń kruisboog aangeskaf het, klein en pyle geruisloos.

Yankee ·

Jy sal moet leer om vinnig te “laai” Hulle kom in n bende!

Lana ·

Nie nodig om vinnig te laai. Hulle is lafaards – die eerste een word deur ‘n pyl getref en die res vlug in alle rigtings.

Anoniem ·

Ek besit my vuurwapens al 35 jaar. Ek is nie n krimineel nie. Het nog nooit my wapen op n ander gerig of gedreig nie maar as hulle my wil ontwapen en verwag ek moet net stilsit en niks doen dan maak hulle n m$%rse fout. Ek en ek glo daar is baie ander is besig om keelvol te raak en die dag gaan kom wat wat mense gaan bid dat die dag nooit moes aanbreek nie. Ek doen niemand skade nie en respekteer elke mens ongeag sy velkleur maar moet my nie of my familie uitlewer aan moordenaars en verkragters nie

Jan ·

Dit is net om ons blankes te ontwapen sodat hulle ons makliker
kan vermoor.

Johan ·

100%Korrek.Dis slegs om die blankes te ontwapen.Daai dag is dit die einde van die Afrikaner.Desperaat en in baie groot moeilikheid,onbevoegdheid kan nie meer weg gesteek word nie,gryp die ANC Nou na grashalms.Hierdie een gaan tot in die konstitusionele Hof draai met die uitspraak na die regeringskant.Solank die Boer n roer het,het ons n kans,niemand weet dit beter as CR nie…..Ek wag in spanning hoe hy hierdie een aan die naiewe Afrikaner wat alles glo in goeder trou gaan verkoop….

Jan van Houwelingen ·

Als eerst de wapens ingeleverd worden is het makkelijker om daarna het land te pakken. Dan staan jij aan de kant te kijken en kan nie meer verdedig nie.
Jij is dan weerloos overgeleverd aan de plunderaars. Moet nooit nie zo doen nie.

WH van der Merwe ·

Sal dit ook van toepassing wees op die polisie?dan het hulle ook nie vuurwapens nodig nie

MS ·

Goeie punt, WH van der Merwe. Dan behoort ons slegs gewere op jagplase te he. Nerens anders nie.

Katerina ·

Dit is nie net totaal absurd nie..This is very Very sinister. Hierteen moet almal saamstaan. Dit kan eenvoudig nie toegelaat word nie.

Chris Ws ·

Ons is pensioenarisse wat op ‘n plaas woonagtig is.My vrou is gestremd en in ‘n rolstoel en hulpeloos.Daar is nie ‘n manier dat ek my handwapen sal inhandig nie.Ek SAL hom gebruik om ons mee te verdedig sou ons aangeval word.Dit is waarvoor ek hom gekoop het in 1980.Ek het hom nog nooit op ‘n mens gerig nie.Maar as my of my vrou se lewe bedreig word sal hy werk.

Joe ·

Stem, as hulle ons wapens wil he moet hulle dit kom vat………

Brutus ·

Plaas hul eerder hulle eie kaders soek wat die mense so roof en vermoor en hulle ongelisensieerde wapens invat en sommer arresteer ook maar nou wil hul lol met wetsgehoorsame burgers se wapens. Hulle is pateties verby.

RG ·

Petisies, massa ondersteuning en hardloop buiteland toe? Ons het ‘n hond met tande nodig. Belasting onthouing in Trust. Nie net hiervoor nie maar vir al die twak waaraan die regering reeds skuldig is.

Pietman ·

As dit so in die wet vervat is en jy gebruik dit wel vir selfverdediging gaan dit nie as versagtende omstandighede in die hof aanvaar word nie? Dan klassifiseer selfverdediging met ‘n vuurwapen as moord of poging tot moord? Die status van die dokument is irrelevant gedagtig aan die motivering daaragter.

Pieter ·

News24, Nuus24 (veral) is soos CNN wat totaal ongeloofbaar en liberaal is.

Meisie ·

Wat van al die ongelisensieerde vuurwapens waarmee daar oop en bloot geloop word. Of is dit dalk deel van die onteinings strategie? Is iemand bang vir weerstand?

andre ·

Daar is hordes wapens te koop op straat die mense sal maar bymekaar maak en wegbere todat die DAG aanbreek

Chris Ws ·

Andre’ dis beslis wat gaan gebeur.Ek gaan NIE ongewapen sit tussen die’ land se moor bendes nie.Die regering kan dit maar weet.

Vraagteken ·

Sê wie!?

Kyk die gemors in Afrika en in die ooste waar oorlog oorheërs. Dis daar want almal het AK’s. Gaan kyk in Europa waar vuurwapens verhoed word; daar is baie meer orde.

Pieter ·

Ag ou Vraagteken waar kry jy jou inligting. In Switserland word elke burger bewapen en moord en misdaad is daar op besonder lae vlakke. Engeland is amper wapenvry in burgerlike hande en Londen het een van die gevaarlikste plekke op aarde geword. Net ‘n paar plekke is SA is erger omdat die ANC tonne en tonne wapens ingebring en uitgedeel het en derduisende wapens word deur die polisie en weermag afgestaan aan die kriminele bevolking, onthou jy die chinese skip met wapens in Durban? Die skip is net buite sig van Durban afgelaai en ingebring. Die paar wapens in wettige besit is klein in vergelyking met die anc massas wat moor en roof soos hulle wil en lekkerkry.

Vraagteken ·

Ag ou Pieter, jy praat net snert!!! Jy was seker nog nooit in Londen nie. Ek was daar ‘n maand terug en kom sê vir jou: DAAR IS GEEN MANIER DAT DIT GEVAARLIKER DAAR IS AS HIER BY ONS NIE! Die hele Afrika is ‘n gemors as gevolg van vuurwapens!!! Gaan kyk hoe lyk die ooste, Rusland, ens. – dis alles as gevolg van vuurwapens. Hierdie patriotiese mentaliteit van sekere mense is een groot grap!!!

Dit mag dalk wees dat daar meer onwettige vuurwapens as wettige vuurwapens is maar die feit bly staan; jou vuurwapen gaan een of ander tyd in die verkeerde hande beland, en hy gaan gebruik word om dade te pleeg! Word asb groot en begin dink oor wat jy sê!

leser ·

die malkoppe wat die wetgewing wil toepas sit met ‘n horde “beskermers” om hulle, so hulle het nie vuurwapens nodig nie, klomp bangbroeke
hulle moet maar kom vat, of hulle betaal markwaarde, ek het hom betaal, of ons gaan “klippe” rondgooi, my klip maak ‘n harde slag, en hy het 15 maatjies saam met hom

aj ·

Don’t think of it as `gun control’, think of it as `victim disarmament’. If we make enough laws, we can all be criminals.

aj ·

The world is filled with violence. Because criminals carry guns, we decent law-abiding citizens should also have guns. Otherwise they will win and the decent people will lose.

— James Earl Jones

Vraagteken ·

Where do criminals get those guns? They steal them from law-abiding citizens, especially in SA.

Vraagteken ·

Terloops, jy kan nie Mofasa van Lion King aanhaal in so ‘n debat nie – niemand gaan jou ernstig opneem nie.

Vraagteken ·

Hier is die grys area alweer. In die een kant is dit goed, maar in die ander kant is dit sleg.

Aan al die mense wat dink jy gaan jou selfverdedig, ek het slegte nuus vir jou. Hulle is so vinnig en onverwags, dat jy nie eers genoeg tyd het om jou vuurwapen uit jou kluis te haal nie. Al wat hy doen is druk ‘n vuurwapen teen jou man/vrou se kop, en verplig jou om al jou vuurwapens vir hom te gee. En dan ieweskielik is al jou wapens in die verkeerde hande.

Aan die ander kant, ons almal het ‘n reg om jouself te verdedig.

Pieter ·

As dit met jou gebeur is jy vas aan die slaap want jou pistool hoort aan jou persoon en nie toegesluit in ‘n kluis nie.

Vraagteken ·

Pieter, lyk vir my asof jy in ‘n droomwêreld lewe. As dit die geval was dan sou daar geen misdaad in die land wees nie. Slaap jy met ‘n vuurwapen onder jou kussing ook? Loop jy 24/7 met jou vuurwapen aan jou sy, in kerk, in die bank, in die hospitaal??? Give me a break!!! Hulle sê mos: hoe grooter die blaf, hoe kleiner die byt.

Johann M van Heerden ·

Die ANC wil ‘ons’ ontwapen terwyl misdadigers vrylik wapens by ‘hulle’ onbevoegte polisie bekom.

PJC ·

Die ANC tree nou op soos iemand wat geweld beplan en eers die ander party wil ontwapen.

aj ·

Vraagteken jy is oningelig!

Waar kry kriminele gewere?

Die ANC het steeds geheime wapenopslagplekke van voor 1994!

Polisie verkoop die ingehandigde wapens aan bendelede.

Buurlande het duisende AK74 in omloop wat teen betaling na SA stroom.

·

Dit is maklik om die wetgehoorsame mense te beheer! Doen julle werk sorg dat bestaande wet en orde toe gepas word! Dit kan nie eers gedoen word nie!!

Jozi ·

Ek praat altyd baie, maar vandag gaan ek probeer om dit kort en kragtig te hou.
Met verwysing na al die misdaad, korrupsie, plaasmoorde, onteiening van grond asook nou die wapenwet.
Daar is daagliks kommentaar waar lesers vra dat CR en die regering moet ingryp om misdaad te bekamp.
Dit gaan nie gebeur nie my liewe mede landsburgers.
Ek het slegte nuus vir julle. Dis alles deel van die ANC se strategie.
Ons GAAN ontwapen word, ons grond GAAN gevat word, ons tande GAAN getrek word en ons GAAN uiteindelik magteloos en vuisvoos voor die massas staan.
Gaan lees asb weer CR se “boiling frog” en dan sal julle besef ons is al lankal verby die punt waar die water ongemaklik warm word.

sieg ·

Moenie jou wapen terug gee nie, moenie mal wees nie jy gaan dit baie baie nodig kry in die nabye toekoms, glo my.

Essie ·

Wat van die president se lyfwagte dan mag hul ook nie meer wapens by hul hê nie

Essie ·

Dit is om die blankes te ontwapen dat daar beslag gelê kan word op hul eiendom.

waarheid ·

Ek gaan my nie steur aan hierdie wet nie – hou maar verby.

Ek gee niks terug nie – en sal wel ‘n plan maak om nog wapens te kry. There is many way’s to kill a cat.

Marius van Staden ·

Ek dink ons sit die pot heeltemal mis. Hierdie is weereens ‘n misleidingsplan om die aandag van ander belangrike sake weg te neem, soos bv die VBS-Bank se korrupsie, prysverhogings, Gigaba-sage, uitverkoping van die land, ensovoorts. Hierdie regering is meesters om die aandag af te lei deur op aambeie te trap sodat ons verward en deurmekaar raak.

Vraagteken ·

Stem 100% saam met jou. Ons hoor hierdie blaf vir die afgelope 15 jaar.

Kraai Hartzenberg ·

Daar is geen manier dat ons ons vuurwapens gaan inhandig nie. Dit is n no-go !!!!!!
Guys moenie gehoor gee nie. Een van my wapens is n antieke item en daar is geen manier wat ek van dit ontslae sal raak nie. Sorrrrryyyyy

JP ·

Adolf Hitler once said, “To conquer a nation, you must first disarm its citizens.” I have just done competency and must hand in application for licence…….am I wasting money and time?

GP ·

Volgens wat ek weer is die nog lank nue van toepassing nie. Ek sal se moenie wag nie gaan voort.

Hannes ·

Dis belaglik. Hoeveel wettige wapen eienaars het al banke beroof, geld trokkies op geblaas, mense op plase vermoor, in huise ingebreek of enige misdaad gepleeg? Laat die polisie daai statistiek gee, daar is meer polisie lede betrokke by onwettige dinge en wat hulle wapens uitleen en laat rond le. Dis net om mense te ontwapen sodat hulle geen weerstand kan lewer nie.

GP ·

My opinie, Solidariteit moet julle nie hiermee bemoei nie, los dit vir groepe soos GOSA wat baie goed is met die sort probleme.

Ons hulpbronne is skaars en daar word verdeel taktiek gebruik, almal gaan nou hiermee betrokke raak en dan skuif dit weer fokus af van grond onteiening ens.

Se nie die is onbelangrik nie, maar moenie visie verloor van ander belangrike sake nie.

Andre ·

Die regering moet n voorbeeld stel, ontwapen die voorsieners van onwettige wapens aan kriminele, die SA Weermag en SAPD eerste.

mg ·

So n paar jaar gelede moes ons ons vuurwapens in gehandig het, waar is al daai vuurwapens heen en wat het van dit geword? Ons is nie so dom nie
dit was vir n goeie rede gewees.
Ons moet op ons regte staan en nie toelaat dat hulle ons vertrap nie.

GP ·

Ons moes nie paar jaar terug ons vuurwapens ingehandig het nie. Daar was oorgeskakel na ‘n nuwe lisensie sisteem, na wit kaarte. Baie mense was egter te lui om dit te doen en het verkies om hule wapens in te handig.
Tans is daar ‘n problem met lisensies wat verval het wat SAPS wou he mense moet wapens inhandig maar dit word beveg en tans mag SAPS nie wapens inneem vir die rede alleen nie.

Jy is reg ons het regte en daar is mense wat daarvoor veg. Beste is om deel te word van die groep mense.

GP ·

Sluit aan by GOSA en maak donasie as jul ernstig is om die te beveg. Daar is selfs mense sonder wapens wat die roete volg.

ZET ·

Skaars n week nadat berig is dat n vrou op haar aanvallers geskiet en hulle gevlug
het, mag ons nie meer vuurwapens besit. Snaaks.

Siener Leser ·

Gelukkig weet ek wat kom en juis daarom sal ek al my wapens behou.
Dit gaan ongelukkig gebeur dat ons dit wel sal benodig so hou styf vas daaraan.

"onrusbarend" ·

Wat onrusbarend is is dat daar hoog geplaasde blanke (senior bestuur) in SAPS sit en hierdie wetgewing voorstel en ondersteun omrede ons Minister van Polisie nie antwoorde op die hoë misdaad syfers het nie.

Aster ·

Lyk my deesdae moet die krimineel jou eerste kan skiet voor jy hom mag skiet om jouself te verdedig…hier sitmeer agter hierdie wysiging en ek glo daar’s ‘n spesifieke slegte doel vir dit.

vissie ·

Ja nee kyk, neem vuurwapens weg, neem grond weg en roof alle finansieele instellings……nou wat bly oor vir ons???

Anita ·

waarom moet ons wapens afgee die weet hoe om met ‘n wapen om te gaan, die regering moet verduidelik waar al die bendes op die Kaapse vlaktes, en die inbrekers, die moordenaars die wapens kry. Die dwelmbase word nie aan gespreek nie, GEEN WAPEN MOET GEWONE GEBRUIKERS VIR BESKERMING AF GEE NIE, genoeg is genoeg.

Magda ·

Dis die laaste strooi. Ontwapen ons sodat as n burgeroorlog uitbreek met die grond stelery Kan ons niks doen Nie! KOMMUNISME. Dis die stilte voor die storm. As Afrikaners Nie nou begin wakker word Nie, Dan weet Ek Nie. Mense, ons het probleme. Ons Moet begin saamstaan.

Magda ·

Die regering is Kens. Watter Boer op n plaas wat sy gesin Moet beskerm in die tyd met Al die plaasmoorde Gaan sy gewere inhandig. Hul probeer ons magteloser maak. Maar tog Wil Meer as 2 miljoen wit Afrikaners op die bank sit en 7de Laan Kyk en liberaal wees. Vir diesulkes…wats jou plan as die tyd aanbreek en jou kind, man, vrou, baba Kyk hulpeloos Na jou vir hulp? JA ons Moet bid tot ons God vir wysheid die res Moet ons self doen. Mense ons Moet ophou dink “ag dit Gaan Nie gebeur Nie” – DIT IS VOOR ONS DEUR!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.