Vuurwerk beseer twee, veroorsaak glo brand

Argieffoto

Argieffoto

Twee mans is Woensdag in afsonderlike gevalle in KwaZulu-Natal deur vuurwerk beseer.

Robert McKenzie, woordvoerder van die provinsie se nooddienste, het gesê in die eerste voorval het paramedici ʼn oproep ontvang dat ʼn man brand- en skeurwonde aan sy kop in die Newlands-Wes-omgewing opgedoen het.

“ʼn Ambulans is na die toneel gestuur. Toe paramedici egter by die toneel opdaag is hulle meegedeel dat die man, vermoedelik 33 jaar oud, deur iemand anders na ʼn hospitaal geneem is,” het McKenzie gesê.

In die tweede voorval is ʼn 29-jargie man van Illovo beseer nadat ʼn projektiel van ʼn vuurwerk hom teen die oor getref het.

“Hy was in ʼn stabiele toestand by die paramedici se aankoms. Hy is op die toneel behandel en na ʼn hospitaal geneem vir waarneming.”

Intussen is ʼn kamer met die volledige inhoud in Pietermaritzburg deur ʼn brand verwoes. “Die brand is glo veroorsaak deur die nalatige gebruik van vuurwerk,” het McKenzie bygevoeg.

Niemand is in dié voorval beseer nie.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Elbie ·

Vuurwerke is net n irritasie, en n mors van geld. Gisteraand hier in my omgewing ook soos n oorlog aangehou tot na elf! Ons sien op na die tyd van die jaar, dis bitter moeilik om ons honde te kalmeer. Waarom moet ander mense ly oor n tyd wat almal graag wil ontspan en rustig wees, net om deur onbedagsame, irriterende gedrag geterroriseer te word, want dit is wat dit is. Dis nie net honde en katte wat getraumatiseer raak nie, wat van die voels in die bome? Ek het wraggies ook nie simpatie nie!

Deloris ·

Ek wens ‘n wet wil ingebring word om ALLE vuurwerke te verban in SA!!!! Asseblief regering of AfriForum …

Eddie ·

Deloris daar is n wet wat se dit is teen die wet om vuurwerke te skied. Maar soos alles in hierdie land vee die skuldiges hulle agterente af aan dit en die arme SAP is te bang vir die papier werk na die tyd wat ingevul moet word. Dit steek my diep in die krop dat jy mense kry wat nou maar net geen respek het vir ander mense of diere nie. Die klomp wat so seerkry van die vuurwerke verdien dit. As jy met vuur wil speel moet jy nie huil as jy brand nie.

Riekie ·

Ek her baie beslis NIE simpatie met die sotte wat seergekry het nie. Hulle verdien dit wat na hulle toe kom. Ons arme diertjies wat moet ly deur hul simpele geloof!!!!!

Tammy ·

Eddie jy spreek waar woorde. Snaaks genoeg in my omgewing is dit ook net die arm mense wat vuurwerke koop! Hulle kla oor kos wat duur is en alles wat noodsaaklik is , is te duur maar hulle mors geld op onbenullighede. Ek wed jou die wat seer gekry het is staatspasiente!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.