Vuurwerk geensins pret vir diere

Baie mense is gek oor vuurwerkvertonings, maar vir die meeste troeteldiere is dit ’n nagmerrie. Foto: Isaac Hale/Star Tribune via AP/ wire.africannewsagency.com

Guy Fawkes en Diwali is om die draai en die Johannesburg-DBV versoek inwoners om troeteldiere in ag te neem wanneer hulle dit oorweeg om vuurwerk af te skiet.

Die DBV sê Suid-Afrika het streng wetgewing wat die gebruik van vuurwerk beheer. Dit sal dus baie help as inwoners op die hoogte van die reëls bly en enige oortreding by hul naaste DBV-tak aanmeld.

Vuurwerk mag net op sekere dae en binne beperkte tydgleuwe gebruik word. Vir Diwali en Guy Fawkes is dit van 19:00 tot 22:00. Die enigste ander dae dat vuurwerk toegelaat word, is op Oujaarsdag, Nuwejaarsdag en Oukersaand.

Ingevolge Johannesburg se munisipale ordonnansies mag niemand vuurwerk in diere se teenwoordigheid aansteek nie; daarom vra die DBV dat mense oortredings van die stad se ordonnansies onmiddellik by die polisie sal aanmeld.

Vuurwerk mag nie binnenshuis, op openbare plekke, op kleinhoewes of in skole, hospitale en ouetehuise gebruik word nie, tensy skriftelike toestemming vooraf verkry is. Aansoeke moet minstens 14 dae vooraf aan Johannesburg se brandweerhoof gerig word.

Die DBV sê indien eienaars se troeteldiere weghardloop weens die stres van vuurwerk, moet hulle die dier as vermis by die vereniging aanmeld en hoor of hy nie dalk by die DBV ingedien is nie.

“Jy moet ook veeartse en omliggende DBV’s in kennis stel omdat jou dier dalk daar gelaat is,” sê die DBV. Bel die sentrale afdeling vir verlore en opgespoorde diere by 077 681 3600.

In geval van nood kan mense die inspekteur op bystand by 083 604 1172 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

WH van der Merwe ·

SA het streng maatreels vir die afvuur van vuurwerke maar dit word nie toegepas nie,raporteer jy n oortreding doen die polisie niks en ons diere ly onderself sugtige mense wat net aan hulle eie plesier dink

Vraagteken ·

Ek moet vir 364 dae van die jaar na jou honde luister, so jou hond kan vir 1 dag in die jaar na my vuurwerke luister

willie ·

Net klapperkoppe skiet klappers, dit is soos leë parafienblikke wat baie geraas maak! Leeg binne en geen mentaliteit nie!

Eugene ·

Honde wat blaf neem mense nie in ag voor hulle met n gekêffery begin nie so ek skiet heerlik massiewe krêkkers net vir hulle

Dis reg ·

Absoluut. Sekere mense wie se hekke gereeld oop staan, wie se honde al ewig in die strate is, as ook diegene wie se honde die heel dag-en-nag vir hulle eie agter*nte blaf is meestal die einste mense wat heel eerste oor die “klappertjies” teen jaar-einde kerm en kla. Ek sê laat waai met daai krêkkers. Lekkerrr soos ‘n krêkkerrrrr.

Nasties ·

Sjoe maar julle is n klomp diere haters. Wens iemand gee julle bietjie julle eie medisyne

Vraagteken ·

Nee Nasties, jy kan nie jou brood permanent gebotter hê nie. Hulle is nie dierhaters nie, hulle is diereienaarhaters van brakke wat nie maniere het nie!

IK ·

‘n Lekkkerrr krrrêkkkerrrr gee weer afvingers en stukkende hande vir hospitale.

trol ·

die leegste blikke maak alweer die meeste geraas om vuurwerke te regverdig. dan in jan moet hulle kinders met onoorgetrekte boeke skool toe gaan. bo en behalwe dat sit geldmors is, is dir n pyn in die patat meeste mense en diere

Vraagteken ·

Dis mos my eie geld? Ek werk baie hard so ek kan dit geniet. Hoekom gaan kyk en geniet jy dit nie eerder nie?

trol ·

n groot lawaai en gekleurde vuurbolle in die lug geniet? you must be joking.

Lord ·

So ‘n paar bemoeisiekes wat al weer worry en kerm oor wat ander mense met hulle geld doen, terwyl hulle eie ‘pavement specials’ die hele dag en nag vir boggerol aanhou kêf-kêf, terwyl hierdie einste moaners hul eie geld spandeer op “belangrike dinge” soos DSTV, huisgenoot, rugby, spur, mcdonalds, kfc, drank, dagga en sigarette.

Avra ·

My opinie is: geen handelaar mag aan n kliënt vuurwerke verkoop indien: a) die permit nie getoon kan word nie en, B) die handelaar nie n afskrif van die permit in veilig bewaaring hou nie. Die skiet van vuurwerke se probleem begin by die persoon wat dit verkoop en nie die Koper. Dit sal ook straatverkope van vuurwerke stop.

Ek stem in n mate saam oor die geblaf. My bure se 2 Jack Russell honde hou net nie op en begin om 05:30 al blaf. Dit maak landmyne op my sypaadjie en ek moet die gemors skoonmaak.

Sarel Strydom ·

Sien hier is mense wat beslis nie Diereliefhebbers is nie, Mnr, My honde blaf nie heelnag nie en blaf nie vir jou nie en is ook nie ‘n Keffer nie maar ly onder die lawaai van klappers. Verlede jaar gesukkel met slagoffer nadat MENSE vir die GRAP ‘n klapper in die dier se Anus gedruk het. Julle keur dit ok seker goed?

Hendrik ·

Hier in die VSA word die 4de Julie landswyd luisterryk gevier met vuurwerke. In elke dorpie en voorstad word die hemel verlig met sierlike rooi, wit en blou vuurwerke. Niemand kla oor hulle troeteldiere nie. Soos dit verantwoordelike troeteldiereienaars betaam, sorg hulle dat hulle diere wat sensitief is vir die geraas, binneshuis is wanneer dit Independence day is. Nou waarom kan Suid-Afrikaners nie mekaar ook die plesiertjie gun nie?

AH ·

Aan al die diere haters wil ek net sê skaam julle! Die diere is onskuldig! Hoekom hulle straf vir julle “plesier”? Ek kan mooi vuurwerke waardeer, maar klappers en groot lawaai, die lekker daarvan kan ek nie verstaan nie. Gaan geniet vuurwerke in afgebakende gebiede, nie in woonareas nie. Sodoende kan almal hulself geniet en die arme diere hoef nie daaronder te ly nie!

Vraagteken ·

Klappers en vuurwerke gaan hand-aan-hand. Ek is onskuldig, en tog moet ek permanent na ander mense se hond luister. Gaan vat jou hond na sy natuurlike habitat, sodoende kan ek lekker slaap en dan hoef ek nie daaronder te lei nie.

Sarel ·

Omdat diere onskuldige slsgoffers van mense se swak gedrag en selfsug. Lsst iemand ‘n slsg soortgelyk aan die vsn ‘n klapper teen jou oor laat afgaan dan sal jy besef wstse inpak dit op die dier het. ” grow up”

Vraagteken ·

Dot voel presies dieselfde vir my elke keer wanneer die bure se brakke blaf. Ek is skoon doof.

AH ·

Vraagteken, as die Bure se honde jou pla, hoekom gaan praat jy nie met hulle nie? As hulle nie hul samewerking wil gee nie kan jy ‘n saak by die polisie aanhangig maak. Ek stem saam dat ‘n onnodige geblaf mens kan mal maak, maar dis nogsteeds nie die hond se skuld nie, maar die eienaar s’n. Ek het ook honde en hulle blaf slegs as hulle iemand voor ons hekke gewaar. Ons het hulle geleer om nie onnodig te blaf nie. Dit kan gedoen word

zelda ·

Hoe leer jy hul om nie onnodig te blaf nie? Is nou vreeslik nuuskierig om dit te hoor. Ek bedoel dit op n mooi manier, ek wil my bure se honde leer… op die oomblik skree ek soos n mal ding om hul stil te maak want hul maak my mal

HPV ·

Zelda, elke keer as hulle blaf skiet ‘n klapper, sodoende sal die eienaar of hond die skimp gou vang.

Macufe ·

Wonder maar net wat van Macufe wat in Bloemfontein gehou is en reg langs dieretuin vuurwerke geskiet het!!!!! Om nie eers te praat van die geraas wat hulle gemaak het nie. Kan hulle nie beter venue kies vir hulle doen en late nie….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.