Vuurwerke ontplof in Bloem-tiener se hand

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 14-jarige seun van Wilgehof in Bloemfontein is beseer nadat vuurwerke Woensdag in sy hand ontplof het.

“Die het op die grond gesit en ʼn handdoek was om sy hand gedraai toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Sy tannie was by hom.”

Die kind het glo die vuurwerke opgetel en dit aan die brand gesteek. Dit het in sy hand ontplof. Hy het verskeie frakture en oop wonde opgedoen. “Die punte van sy vingers is in die ontploffing geamputeer,” het Bodasing bygevoeg.

Die seun is na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Ina ·

Ek het geen simpatie nie ,jammer maar daar word elke liewe jaar gewaarsku en hoekom is die kind toegelaat om dit te hanteer ? en waar kry ‘n minderjarige kind vuurwerke? Ja ek weet ekle 2de Chinese winkel verkoop ,Hoekom word die wet nie streng toegepas op winkel eienaars wat sonder nodige toestemming verkoop nie ,, ??

Nina ·

GEEN maar GEEN simpatie nie. Waar is die ouers om hom op te voed en reg en verkeerd te leer? Volgende keer is dit hopelik sy verdomde kop!

Gert Coetzee ·

Die kind se ouers, die handelaar wat die goed verkoop en enige iemand wat gehelp het dat die kind die goed in die hande kry moet baie swaar gestraf word.

Alta ·

Waarom word vuurwerke hoegenaamd toegelaat in ons land? Veral vir private mense……dis goed as dit per geleentheid deur mense hanteer word wat kennis het, maar ek kan waarlik nie sien waarom privaat mense dit moet gebruik nie…..daars so baie diere wat wegvlug of seerkry tydens die gebruik daarvan.

Tammy ·

Stem saam dit moes sy kop gewees het.!! Op sy ouderdom doen hulle al erger dinge waaroor hulle sommer self besluite neem. Straf die ouers vir verwaarlosing van die minderjarige. Waar was hulle tydens genoemde voorval?

skalla ·

Ai Tammy. Dit moes sy kop gewees het? En straf sy ouers? As jy so gevoelloos is, hoekom dan nog die ouers vervolg? Miskien moet jy met vuurwerke gaan speel, of sommer plofstof. Sonder n kop sal jy dalk meer sin maak.

Trippie ·

Waar is julle simpatie? Shame, arme kind. Ons het ook maar met vuurwerke gespeel toe ons kinders was. Dit is mos pret.

Nina ·

Weet nie van jou ouers nie, maar ons sou beslis hard gewetter geword het as my ouers ons met sulke goed gevang het! Nog minder sou hulle dit voorsien! Verder het ek veel eerder simpatie met my MY hond asook al die ander honde wat histeries raak en van hul huise weghardloop tydens die skiet van die gemors.

En jy skryf steeds lekker onder my vrienden se bynaam, ne! Tsk.

Maroela, ek en ander HET nou al hierdie persoon aangegee by julle! Sy skryf onder iemand anders se naam.

Trippie ·

Ek begryp nie mooi nie? Is daar net een Trippie op die aarde? Hoeveel Ninas is daar? Is die nickname Trippie deur een persoon gekoop?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.