Vuwani-betogings: Miljoene nodig om skole te herbou

Beskadigde skoolgeboue in Vuwani, Limpopo (Mei 2016) (Foto: ANA)

Beskadigde skoolgeboue in Vuwani, Limpopo (Mei 2016) (Foto: ANA)

Dit sal die regering na verwagting honderde miljoene rande kos om die skole te herbou wat tydens die betogings in die Vuwani-gebied in Limpopo aan die brand gesteek is, het Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, Dinsdag gesê.

Motshekga het oor die reuse-skade wat betogers aangerig het gepraat tydens ʼn mediakonferensie kort voordat sy haar begrotingsrede in die parlement gelewer het.

Volgens Motshekga dui ʼn voorlopige beraming daarop dat die koste om die skole te herstel besonder groot sal wees. “Dit gaan ʼn enorme finansiële impak op die sektor hê en ons wag vir verslae van die provinsie om die ware omvang van die skade te bepaal. Ek is egter bevrees die voorlopige verslae lyk nie goed nie en die skade kan honderde miljoene rande beloop,” het sy gesê.

Motshekga het die geweld in die gebied veroordeel en gesê dit is almal se verantwoordelikheid om seker te maak dat onderwysfasiliteite beskerm word en die jeug se toekoms nie in gedrang kom deur inwoners se optrede nie.

Altesaam 24 skole is sedert verlede naweek deur betogende inwoners aan die brand gesteek en 20 van hierdie skole is heeltemal verwoes. Betogers het woedend gereageer nadat die hooggeregshof hul aansoek om steeds onder die Makhado-munisipaliteit te val van die hand gewys het. Die inwoners het die hof genader om die besluit van die Munisipale Afbakeningsraad (MDB), dat hulle voortaan by die nuwe Malamulele-munisipaliteit ingesluit sal word, op te hef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Francois le Cochon ·

Kry “non BEE” kontrakteurs om die skade te herstel, did sal miljoene spaar.

vierkleur ·

Los uit, herbou nou en dan word dit weer gebrand. Los uit

Manie ·

Die mense wat die regering gekies het, het vir die regering gesê hulle wil nie hul gebied by ander een hè nie. Die Regering luister nie wat hulle eie mense wil hè nie en dwing hulle in ander gebied in. Natuurlik gaan die mense reageer Wat anders verwag hulle ?

Johann ·

Nee maar hoe kan Angie dan nou kla? Sy en haar voorgangers behoort trots te wees op die resultate van hul ANC basiese wan-onderrig stelsel! Dis mos wat die ANC “the people” in skool…BRAND EN BREEK IN HOËR Graad. En “the people” slaag deurgans met lof. Veral as die ANC se ander strategie van “mobilise the masses” steeds in 2016 toegepas word. Lekker looi die aangehutste kultuur van verwoes en disrespek haar en haar trawante teg van voor af. Dis net jammer dat ( al is dit EEN opregte kind wat wil leer en werk vir wat hom/haar voorreg mag wees) daar onskuldige kinders is wat weerwens en steeds aan die kortste end moet trek en NOG n ongeskoolde geslag moet word…

rudi ·

Klink nogan net soos die afrikaner se lot. Net ‘n paar van ons het gestem vir afrikaanse skole en universiteite maar agv ‘n groot meerderheid wat stem vir ANC en DA moet ons nou aan die kortste ent trek. Die meerderheid het gese Engels en demokrasie bepaal dat ons dit verloor.

Kenny Erasmus ·

Daar gaan nou seker weer by boere in die omgewing aangeklop word om skure beskikbaar te stel, asook kerke vir sale om onderrig in te gee. Die kinders trek aan die kortste ent hier (die wat wil leer) hulle is potensieel nou geposisioneer om op die lewe se rommelhoop te beland……dankie aan julle eie.

Loon ·

Moenie dink die kinders is onskuldig nie, met betogings dans hulle gewoonlik voor……dis waar die prakties van hulle opleiding inkom. Voel nogal goed om te weet ek gaan nie n deel hê aan daai uitgawes nie!

Andrea van Vuren ·

Nee Kenny, hou die sosiale media dop. Lesufi en Angie gaan binnekort die ‘verlore’ kinders na ons blanke skole herontploo! Dis hoe dinge in hierdie gebroke, afgebrande land van ons werk.

Theo ·

My opinie is daar’n volstrekte nee. Die ouers en betogers moet self betaal. Ons kannie maar net bly opdok en betogers verwoes sover hulle gaan. Dit wil voorkom of die regering geen beheer het nie want orals word alles net doodeenvoudig verwoes wanneer mense nie tevrede met dienslewering is nie. Miskien moet die ANC self die vondse genereer.

Pappa Beer ·

O ja Theo, moenie n fout maak nie, hulle gaan beslis daai fondse “genereer”, uit die belasting betaler se beursie uit!

Lance ·

Free education …..maar die ouers brand hulle eie kinders se skole …wat n joke !!! Hoe bou mens n land met so baie mense wat so n uitkyk het ??

Xa ·

Oorsaak en gevolg… Die verbintenis wat net eenvoudig nie ingesien word in plaaslike kultuur nie.

Frans ·

Is normal hule is so gemak en latstaan moet net afbreuk kan niks op bou nie

carol every ·

Los die uitgebrande skole net so; moet dit nie herbou nie; dat die mense sien en kom klaar. Herbou dit en dit word net weer afgebrand.

m ·

En wie gaan gerook word vir hierdie miljoene?????……… Nee wat duidelik wil hierdie goed nie skoolgaan nie so los hulle dat hulle so dom bly. Spandeer geld op kinders wat wil geleerdheid kry……

Gerda ·

Die blankes gaan maar net weer uit die skole gedruk word om vir hul plek te maak

Chrissie ·

M, het jy nie in ‘n vorige berig gelees nie? Dit is oud President Verwoerd se skuld dat daar ‘n agterstand in swart onderrig is. LOL!!!!!

Irah ·

Hoe lank voordat ons middelklaswoonbuurte se skole geteiken word?

Louise ·

Los !!!!!!!! Los hulle !!!!!!! Doodeenvoudig geen onderwys vir hulle nie !!!!!!! Geeeeen reg denkende mens brand nou sy skool/huis ens. – en gaan sit en wag vir die volgende, soortgelyke “gratis geskenk” om weer tot op die grond af te brand nie. Moenie teruggee wat hulle vernietig nie.

HANS ·

Laat my dink aan die storie van die kind wat sy ouers vermoor en dan in die hof om versagting pleit omdat hy n weeskind is…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.