Vuwani-matrieks kan nie eksamen skryf nie

'n Leerling by 'n afgebrande skool in Vuwani, Limpopo (Mei 2016) Foto: ANA

‘n Leerling by ‘n afgebrande skool in Vuwani, Limpopo (Mei 2016) Foto: ANA

Ongeveer 2 500 Limpopo-matrikulante het Maandag die teleurstellende nuus gekry dat hulle nie saam met die res van die land kan eksamen skryf nie.

Skole het nog nie weer in Vuwani en omliggende dele oopgemaak nie, byna ʼn maand nadat gewelddadige betogings oor ʼn besluit deur die munisipale afbakeningsraad, die gebied geruk het.

Een van die matrieks, Cedrick Rambau van Vhudzani Secondary School in Mashau Village, het gesê sy skool is afgebrand omdat die leerlinge versuim het om hulle te skaar by die ontstoke betogers.

Rambau sê hy begin nou hoop verloor. “Ons het Vrydag by nog ʼn skool probeer aansluit, maar alles het nou verander en ons is weer op straat.”

Meer as 20 skole is in die gebied afgebrand toe die munisipale afbakeningsraad besluit het om Vuwani by die nuwe Malamulele-munisipaliteit in te sluit, en nie meer by Makhado (Louis Trichardt) nie.

Omliggende skole wil nie van die leerlinge aanvaar nie, uit vrees dat hulle skole ook geteiken sal word.

“Ons mis waardevolle tyd,” het hy bygevoeg. “Ons is nou toeskouers terwyl ander leerlinge hulle eksamen skryf.”

Daar was geen onderwyser in sig nie. Die provinsiale departement van onderwys het gesê dit is nog nie veilig vir onderwysers om terug te keer nie. “Die situasie in Vuwani is nog steeds gespanne,” het Naledzani Rasila, woordvoerder van die departement, gesê. “Ons hande is vasgebind en daar is niks wat ons in hierdie stadium kan doen nie.”

ʼn Inter-ministeriële taakspan is vroeg in Mei aangestel, maar skole en winkels bly gesluit nadat gesprekke vasgeval het.

Lees alle vorige berigte oor Vuwani op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Jan maak n Plan ·

En wie moet hulle bedank vir hulle probleem —– HULLESELF!!!!!

Jf van Rooyen ·

Dis jammer maar mooi die gemeenskap kon hulle gekeer het as hulle wou nou moet hulle eie kinders daar onder ly

Pierre Celliers ·

Man dis darem ironies dat geen hand gelig of poging aangewend word om die verwoesting te keer nie! M.a.w, hulle word “toegelaat”om hierdie misdade te pleeg.

Lance ·

Shame maar dis wat gebeur as jou ma en pa en jou gemeenskap se ooms en tannies jou skool brand ….toemaar my belasting gaan weer alles mooi regmaak vir julle …as jy weer unhappy is brand maar weer ….sal weer regmaak ….genade daar is net geen wet en orde nie …en waar is die verswakte polisie wat so rond ploeter en nie eers die mense kan vang nie ….dis n joke

Bosveld G ·

Dis juis hoekom ander groeperinge julle altyd sal voorbly !! Plus al jul ander probleme en siedaar, as deursnit is daar nie materiaal om verder te werk nie … Ander groepe byt vas en gee maks vir die kinders se ontwikkeling. Maak tog sin of hoe ??

Buitestander ·

Wie is te bedank??? Vryheidsvegters!!!
Vryheid voor leer en studie!!!!!!
Kwalifikasies voor leer en studie!!!!!!
LEKKER, LEKKER, LEKKER!!!!!!!

Tiger ·

Foeitog!Kyk net hoe bly is hulle hulle hoef nie eksamen te skryf nie!!Van teleurstelling is daar nie sprake nie al se hulle wat!Ek is baie langer in die land as 22 jaar!

snoefie ·

sorrie boet maar die skoliere kon respek vir wat nie aan hulle behoort nie, in die hebsugtige gemeenskap ingefoeter het. maar dit was lekker om te plunder en pret om te vandaliseer.

Johann Marx ·

Waarvoor wil jy leer? Jy kan met Standerd 3 president word, met matriek die SABC bestuur, of met ‘n swak matriek uitslag ‘n politieke party stig en in ‘n miljoenêrs-huis in Sandton bly…?? Leer is net vir mense wat nie weet hoe om te steel, te konkel, te intimideer en tenderpreneurs te word nie…. Hierdie 2500 sal almal eendag in een of ander munisipaliteit opgeneem word, selfs in die gebied waar die skole afgebrand is..

Joann ·

Wat jy saai sal jy maai. Hul voel vere of hul skryf of nie,hul uitslae was in verlede power.

LeonR ·

Kry vir julle, dalk dink julle ons glo aan ” spontaneous school combustion”, beslis nie. Gaan lees, as julle kan lees van Newton, as julle weet wie hy was en as julle dit ooit sal kan verstaan, vir elke aksie is daar ‘n teen reaksie. MAW, trek die vuurhoutjie, brand die skool af en oeps, dis weg, wie gaan die teenreaksie lewer en weer jou friekken skool bou? Nie ek nie tatie, kry vir julle!!

Jaco Grobler ·

Die berig sê duidelik die skole is afgebrand omdat die kinders nie saam wou staak nie, lyk my julle weet iets wat ek nie weet nie, ek het simpatie met die kinders omdat hulle nie kan skoolgaan of eksamen skryf nie, en meer so omdat hulle teenkanting getoon het teen die groot mense wat so onnosel optree. Wat mis ek?

Lana ·

Jaco, ek sien ook dit in die berig. Die mees onstellenste is dat diegene wat dit skole verbrand het nie een keer gedink het wat aan die skoliere sou gebeur nie.

Die leerders moet maar saamstaan en vra die government om in te tree en ‘n plan in werking sit om hierdie kinders te help. Waar was ons polisie dienste, ons weermag? Kon hulle nie beter die situasie hanteer het en meer geboue beskerm het nie?

Jud's ·

En wie se skuld is dit??????????????????Gaan soek n spieel man………..

charmaine ·

Dankie oom Jacob, oom Juliuis, mammie en pappie dat julle ons nie iets gun nie,maar moenie worry die wit mense se belasting geld sal weer goed genoeg wees om dit reg te maak. En omdat n sekere volk van die samelewing wel opgevoed is sal hulle kinders darem Matriek kan skryf.

Maria van Dieweeck ·

Soos die engelse se ‘catch 22`, siklus KAN NIE gebreek word nie. Tuislande seblief!

Martin ·

Nogal jammer nê. Ek sien nêrens dat wit skole afgebrand is nie.

Johann ·

En NOG n 2500 wat met n verskoning deel maak van die nuwe ongeskoolde geslag. Te laat…te min…niks!

Sarie ·

Ek is jammer maar ek kan geen simpatie met hierdie matrikulante he vir die feit dat hulle nie kan hulle eksamenskryf nie en hul skoolloopbaan met ‘n jaar teruggegooi word, hulle moet die saak met hul ouers en hul gemenskap uitmaak en soos ons almal gesien het, het die kinders net so gretiglik deelgeneem aan die verwoesting wat in die gebied plaasgvind het

snoefie ·

wit suid Afrikaners se inkomstelasting, bybetalings op medisyne en erfbelasting Sam ander skole bou. Dit sal teerstrate, elektriseteit en lopende water gratis in gratis huise in die communities bou ook en voor jy weet, gratis straat braais en pap en Sheba ook aan die communities verskaf. die Nuwe Suid Afrika is mos net Gangsta vir Xanadu.

SkarrelKind ·

Whahahhaaaaaa! Daar is nie pille vir domgeit nie. Waar het JULLE gedink julle gaan eksamen skryf as julle die skole brand?!! Poppe.

cr ·

Lekker, kry vir julle, julle wou mos julle skole afbrand en nou huil julle soos babas!

Pam ·

Blameer julle ouers en die regering boetie/sussie ! Vernieting mos alles wat julle verniet kry en dan wil julle agterna hang skouertjies en pateties jammerte en simpatie soek ! Probeer maar “Home Schooling “en kyk hoe ver julle gaan kom. Gelukkig kan julle oor 20+ jaar terugkyk en julle regering blameer en nie apartheid nie !

Anoniem ·

Dit kom daarvan as jul nie geleer word om reg op te tree en net die vat en afbreek of afbrand nie. Niks kom reg met so n houding nie. Dis tyd dat jul leer wat werk regtig in Suid Afrika..Gaan terug na voor 1994…Die dinge was nie toe nie. Gaan kyk gerus hoe het Pretoria, Johannesburg of enige anderr plek gelyk het voordat die bestaande regering daar was. Gaan kyk gerus hoe het ons gelewe. Gespeel in strate, met oop deure gelwe en nie gevrees ons gaan gemoor word nie. Apartheid het lankal verval mense..Ons wat vandag saam julle kan nie verantwoording doen vir dit wat ons en julle voorvaders gedoen het nie. Julle kan dit ook he..ons gun julle dit…ons wil he julle moet ook so kan lewe….maar nie op die manier wat julle dit wil vat nie. Die ergste van alles met die regering wat ons tans het lei ons en julle daaronder. Word wakker en doen die regte ding. Nou leef almal maak nie saak watter kleur jul is sleg…net die regering leef lekker op ons en julle geld…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.