Vuwani-matrikulante angstig om weer met skool te begin

Mpho Rambau, 'n Graad 12-leerder, by haar skool in Vuwani, Limpopo wat deur betogers aan die brand gesteek is. Foto: ANA

Mpho Rambau, ‘n Graad 12-leerder, by haar skool in Vuwani, Limpopo wat deur betogers aan die brand gesteek is. Foto: ANA

Daar is nog nie enige planne om die 2 500 matrikulante in Vuwani te verplaas nie en die skole het nog nie weer begin ná 20 skole onlangs in dié deel in Limpopo afgebrand is nie.

Die provinsiale departement van onderwys het gesê hy is vol verwagting dat ʼn oplossing binnekort bereik sal word om die geweld in die gebied tot ʼn einde te bring, voor die halfjaareksamen volgende week Dinsdag moet begin.

Meer as 20 skole is verwoes of afgebrand toe inwoners ʼn gewelddadige betoging gehou het ná ʼn beslissing deur die munisipale afbakeningsraad om die gebied by die nuwe Malamulele-munisipaliteit in te sluit, en by Makhado (Louis Trichardt) te verwyder.

Ondanks die moedswillige vandalisme en dreigemente van verdere geweld, het leerlinge, wat gretig was om te leer, daagliks skool toe gegaan, bloot om uit te vind daar is nie onderwysers nie en geen klasse nie. Die departement het intussen mobiele klaskamers beskikbaar gemaak.

Sommige leerlinge het ook probeer om toelating te kry by naburige skole, maar dit is verwerp uit vrees dat dié skole ook geteiken sou word.

Plaaslike burgerorganisasies het gesê die skool sal nie hervat voor die regering hul eise, om by Makhado-munisipaliteit te bly, aangehoor het nie.

Daar is steeds ʼn groot polisieteenwoordigheid in die betrokke gebiede.

Lees alle vorige berigte oor Vuwani op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Johann ·

Ja shure..altyd iemand anders se skuld. Iemand anders se verandwoordelikheid. Nooit die arme onskuldige mededenkers of doeners nie. Daars nie n MANIER wat ek vir een oomblik glo dat van die arme 2500 benadeeldes daar n merkbare gros is wat maar te lekker saam gebrand en verwoes en dreig. Baie makliker as om die verandwoordelikheid wat saam.met die reg EN voorreg van opvoeding gaan te aanvaar. En van wanneer af REGULEER Burgerorganisasies met die medewete van die polisie die toegang tot skole??????? Skokkend!!!!! Maar dan is dit ook die week wat die ANC Afrikaanse skole en ALS wat daarmee saamgaan amptelik volgens wetgewing beheer! Besef ons WERKLIK wat die wetgewing wat deur die ANC afgedwing is op toelatings besluite in skole beteken? Ons is in ons spreekwoordelike “skroef” in!

Oom Kalahari ·

Ek verstaan nou nie mooi nie, maar in paragraaf 4 verwys of meld hul daar dat leerlinge ondanks die vandalisme nog elke dag skool toe gegaan en uitgevind daar is geen Onderwysers en geen klasse nie. Waarom sal ek nou elke dag na ‘n afgebrande perseel wil terugkeer met die wete daar is geen nut daarin nie, maar sal mos liewer op hoogte bly deur informasie van die gemeenskap en ouers of enige ander alternatiewe in plek gestel is.

Sarie. ·

@ Oom Kalahari. Ek glo nie dis dieselfde kinders wat elke dag terugkeer skooltoe nie. Dis heelwaarskynlik elke dag ànder kinders, wat hulself wil vergewis wàt presies die toedrag van sake by hul betrokke skool is…

christine ·

So maak hulle, gaan mos nou in ons skole sit tot hulle dit ook deurgetrek het. As n hospitaal klaar vol kieme is los hulle hom so en bou net n ander een.

jaco ·

Se Dankie vir jou buurman en jou Oom wat die plek mooi afgebrand het :)

Asjas ·

Skole vra mos altyd vir meer ouer betrokenheid. dankie mammie en pappie!

charmaine ·

Dit is die toppunt van minderbevoorreg, brand af en gaan terug dink hulle daar spring oornag n nuwe skool op! Ons het niks maar dit wat ons oorneem en verniet kry brand ons ook af.

Christo ·

Hoekom word die rede vir die geweld nie genoen nie.Almal weet mos dit is omdat 2 etniese groepe nie saam wil werk nie want die groep wat die geld beheer gun hul medeburgers nie n bestaan nie en alle munisipale dienste word nie regverdig gedeel nie .Ek is nou polities inkorrek maar dit is die feite. As 2 etniese groepe (volke vendas en shonas) nie kan en wil saamwerk nie ,hoe sal hulle met ons wat se vel meer vaal is saamwerk

vermeende ·

Die toeval is net te groot met die hof uitspraak wat die minister die reg gee om te bepaal wanneer in skool vol is, grondonteiening en die komende verkiesing en dan nou nog die SABC se sensuur op beeldmateriaal ook nog.

moegbetaalvdk ·

Bou dit op om weer more afgebrand en verwoes te word.

m ·

Netso “Vermeende”. Duidelik is hier agendas agter al hierdie tipe besluite. Dis maar die begin van die einde.

John ·

Ja, hierdie selfde matrikulante is volgende jaar eerstejaars op universiteit dan daag hulle ook elke dag op vir lesings. Hulle brand niks, eis niks en toi-toi nooit. Dis altyd die ander…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.