Vuwani-matrikulante probeer inhaal

Mpho Rambau, 'n Graad 12-leerder, by haar skool in Vuwani, Limpopo wat deur betogers aan die brand gesteek is. Foto: ANA

Mpho Rambau, ‘n Graad 12-leerder, by haar skool in Vuwani, Limpopo wat deur betogers aan die brand gesteek is. Foto: ANA

Matrikulante in Vuwani in Limpopo het met programme begin om agterstallige werk in te haal nadat hulle vir byna nege weke lank skool gemis het weens gewelddadige betogings in die gebied.

Ouers en leiers van die gemeenskap het ag geslaan op ʼn versoek van die onderwysersvakbond om die honderde matrikulante toe te laat om studiekampe by te woon.

Die leerlinge is Sondag opgeneem by die voormalige onderwyskolleges en het Maandag met lesse begin.

Stamhoof Mmbangiseni Masia van die Masia-gemeenskap het gesê die inwoners het ingestem om die leerlinge, veral matrikulante, toe te laat om aan die onderwysdepartement se program deel te neem. “Dit gaan daaroor om die Graad 12-leerlinge te red, ons het nie ʼn ander opsie nie. Dit het niks te doen met ons eise oor die nuwe munisipaliteit nie.”

Inwoners het betoog oor ʼn besluit deur die munisipale afbakeningsraad om die gebied by die nuwe Malamulele-munisipaliteit in te sluit. Meer as 23 skole is tydens die betogings afgebrand of erg beskadig.

Ronny Morwatsehla, provinsiale voorsitter van die onderwysersvakbond Sadou, het twee weke gelede ouers oorreed om hul kinders toe te laat om die spesiale klasse by te woon. Hy het gesê alhoewel die ouers werklike besware het, moet hulle seker maak dat die matrikulante die kampe bywoon, aangesien die tyd teen hulle tel.

Naledzani Rasila, provinsiale woordvoerder van die departement van onderwys, het gesê 1 985 matrikulante is na Makhado, Tivumbeni en Seshego Mastec geneem vir die inhaalprogram. “Ons glo dit sal werk. Ons stelsel is gereed om in te haal wat ons verloor het,” het hy gesê.

Rasila het bygevoeg onderwysers van die betrokke skole is ook na die kolleges gestuur om by hul leerlinge aan te sluit.

Die inwoners het begin betoog toe hul aansoek in die hooggeregshof verwerp is om onder die Makhado-munisipaliteit te bly.

Leerlinge in laer grade het egter gekies om by die huis te bly tot die dispuut opgelos is tussen die regering en die betrokke gemeenskappe. Inwoners beskuldig die regering daarvan dat hulle nie gekonsulteer is toe die besluit gemaak is nie.

Lees alle vorige berigte oor Vuwani op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

LeonR ·

Eers brand ons af, dan soek ons simpatie en vra hulp?

Regtig, kry vir julle!!

Eddy ·

Wat moet n mens dink of sê,liberation before education. Daar sal altyd n slagoffer wees en die groot bra’s gaan maar net aan asof niks gebeur het nie. Is politiek nie amaizing nie

Popeye ·

Ja, en so gaan huidige (lees volwasse leiers) vir deel van die nageslag (lees toekomstige leiers en volwassenes) moet in die oe kyk vir hul SOTLIKE optrede in 2016 en dit nogal aan hul eie….hul eie hart, hul eie siel, hul eie bloed….

Ou Kas ·

Kyk as jy tips soek oor die vraestelle wat kom maak maaitjies met een van die leerlinge. Hulle gaan gevoer word.

Ben Prinsloo ·

En al slaag hulle nie sal hulle net doodeenvoudig deurgesit word.

Loon ·

Luister nou mooi, vat grawe en pikke en sekels en n paar sae, gaan bou julle eie hutte met sooie en modder, ons is oor julle tantrums!
Hoe lank wil julle selfbejammer word?
Doen nou bietjie self iets om uit julle eie gemors te kom wat julle self veroorsaak het!

Pieta ·

Die kinders het nie beheer oor die betogers se gedrag nie. Van hull kon dalk deel wees van die brandstigting, maar wees verseker dat daar ook dié is wat ernstig is oor sukses, kinders wat wil werk! Ek was in die onderwys en weet dat kinders, in top “wit” skole waar ek was, vandalisme pleeg en onderrig belemmer, terwyl die provinsie se toppresteerders uit dieselfde klasse kom.
Kom ons gun die wat wíl, en wat bereid is om te werk, die geleentheid om gehelp te word, al val baie nié in dié kategorie nie…
Dankie aan diegene wat probeer om die skade in die opleiding teen te werk! Ons hoop dit lei tot beter kennis en vaardighede, en nie bloot op eksamen-afrigting nie!

Irene ·

Hulle het gestaan en kyk hoe hul skole afgebrand word nou gaan hul iets doen voor verkiesing dink ons is dom

lola ·

meeste van die leerlinge wie nou slagoffers blyk te wees, was gewillige vandale saam met did gemeenskappe. nou word hulle op belasting betalers se onkoste getrakteer. was enige van diebetigers gearresteer en aangekla van saakbeskadiging? indien nog nie, hoekom het die da en vf+ nog nie klagte teen hulle gebring nie? of wag hulle tot na die verkiesing? “NO TIME LIKE THE PRESENT!”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.