Vuwani: Zuma roep gemeenskap tot normaliteit

Foto: GCIS.

Pres. Jacob Zuma het inwoners van Vuwani in Limpopo Sondag gemaan om weer normaliteit in die omgewing te bewerkstellig.

Hy het ook leerders en onderwysers gevra om terug te keer skool toe. Inwoners van Vuwani betoog al weke lank en eis dat die omgewing weer onder die Makhado-munisipaliteit val. Inwoners het verlede jaar vir meer as drie maande betoog omdat die regering besluit het om hul area by die Malamulele-munisipaliteit in te lyf. Ten minste 24 skole en talle voertuie is tydens dié gewelddadige betogings vernietig.

Zuma se besoek aan Vuwani volg ná sy vergadering met Toni Mphephu, die Venda-koning, verlede week.

Hy het Sondag met gemeenskapsleiers, kerkleiers en die jeug vergader.

Tydens die vergadering is daar vasgestel dat die Vhembe-munisipaliteit tydelik dienste aan die mense van Vuwani sal verskaf. Daar is ook vasgestel dat die nasionale en provinsiale departement ondersteuning aan die munisipaliteit moet verskaf.

Dr. Bonagni Ngqulunga, woordvoerder van die presidensie, het gesê Zuma sal Vuwani wéér besoek omdat almal by dié vergadering Sondag teen die besluit, om na ʼn nuwe munisipaliteit oor te skuif, gekant was. “Dit was dus nie verteenwoordigend van die gemeenskap nie,” het Ngqulunga gesê.

Intussen het Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, gesê sy verwelkom die heropening van skole in Vuwani.

“Ons ag die onderrig van ons kinders belangrik en ons hoop dat hierdie soort ontwrigtings nie weer sal plaasvind nie. Ons hoofdoel is nou om seker te maak die leerders haal hul verlore werk in. Ons sal daarvoor sorg deur in te gryp in die skole,” het Motshekga gesê. Die departement het gesê die Vuwani-protes het 76 skole met 27 697 leerders geraak.

Geweld het opnuut uitgebreek nadat Zuma die gebied verlaat het sonder om die gemeenskapslede toe te spreek wat vir hom gewag het. Ontstelde inwoners het ses voertuie met klipgooi beskadig en mobiele badkamers is omgekeer by die Nandoni-sportgronde.

Polisie in die gebied het gesê minstens vier mense is in verband met die geweld in hegtenis geneem.

Des van Rooyen, minister van tradisionele sake, is uitgejou en kon nie sy toespraak lewer terwyl die skare “Zuma! Zuma!” geskree het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

al ·

Wat jy maai sal jy saai. Die ANC pluk nou die bitter vrugte van hul dwaasheid om geweld as ñ oplossing vir probleme te propageer.

Ken2 ·

Maroela, ons mense se huise brand in cologny, stuur asb tog joernalis daarheen wat ons op hoogte kan hou.

pieter ·

VUWANI,ZUMA COLIGNY BRAND STUUR MUGABE SY OE IS TOE MISKIEN SAL HY DIT RAAKSIEN.

Hannie ·

Al die drama agv n paar sonne blomme, hoop die 2 manne kry nie tronk straf,

Yster ·

Dit gaan nie oor n paar sonneblomme nie maar oor hele oeste wat gesteel word, inkomstebron, salaris wat gesteel word.

John ·

Die Venda-koning en sy magsbasis? Is dit waar al die probleme begin het?

SARIE VAN HEERDEN ·

Almal praat van sonneblomme wat gesteel is. Die hele land staan met DROE sonneblomme, bruin en met koppe wat hang. Dis lankal nie meer BLOMME NIE. Dis die saad! Net so erg want as die stropers dit afhaal van die land word dit verkoop.

SARIE VAN HEERDEN ·

Volgens vroeere berigte het Zuma nie die mense van Vuwani toegespreek nie. Nou kry ons volgens die boonste berig teenstrydige inligting. Hoe dan nou?

John ·

Ja nogal Sarie. En wat is ‘normailiteit’ vir die gebied… Lyk soos om skole af te brand, of is daar nog oor om af te brand… ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.