‘VVV’ in Oos-Kaap gewaar

Argieffoto van 'n vliegtuig se kajuit. Foto: flyingmag.com

Argieffoto van ‘n vliegtuig se kajuit. Foto: flyingmag.com

ʼn Kaptein van ʼn Boeing 737-vragvliegtuig en sy medevlieër het die gemeenskap aan die kopkrap nadat hulle ʼn vermeende vreemde vlieënde voorwerp (VVV) Maandagaand naby Jeffreysbaai in die Oos-Kaap opgemerk en aangemeld het.

Volgens Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), was die vragvliegtuig omstreeks 21:30 van die Kaapstadse Internasionale Lughawe onderweg na die Port Elizabeth-lughawe toe hulle ʼn “groenerige” voorwerp vanuit die kajuit opgemerk en by die lugverkeerbeheersentrum by die Port Elizabeth-lughawe aangemeld het.

Lambinon het gesê die voorval het ongeveer 10 seemyl oor die see buite Jeffreysbaai plaasgevind teen ʼn hoogte van 3 000 voet (1 000 meter).

“Hulle het aangemeld dat die voorwerp, wat groen voorgekom het, verby die kajuit in hoogte toegeneem het. Die voorwerp het sowat 1 000 voet (300 meter) bo hulle in die wolke bereik voordat dit teen ʼn hoë spoed terug grond toe is,” het Lambinon gesê.

Die NSRI in Port-Elizabeth is deur die beheersentrum versoek om op die uitkyk te wees vir ʼn vliegtuig of vaartuig wat moontlik in die moeilikheid kon wees.

Bemanning van die NSRI in Jeffreysbaai is daarvan in kennis gestel en het die gebied die hele aand gefynkam. Die groen voorwerp is egter nie weer opgemerk nie en geen vliegtuig of vaartuig is as vermis aangemeld nie. Tot dusver is daar ook niemand in die omgewing as vermis aangemeld nie.

“Daar is aanvanklik gedink dat die voorwerp dalk ʼn groen 1 000 voet-valskermfakkel was, maar dit is onwaarskynlik omdat dié fakkels nie hoogtes bo 300 meter kan bereik nie. Geen verdere berigte of waarnemings is intussen van die voorwerp ontvang nie en die voorval bly ʼn raaisel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

A ·

Lyk nie eens of sy familie hom wil hê nie. Hy is nogsteeds hier.

Santie ·

Ek glo daar is lewe op ander plekke in die heelal. Baie mense het al daaroor berig en dit selfs gefotografeer. Soms het sommer baie mense vvv’s gelyktydig waargeneem. Gelukig lyk dit of die “marsmanne” skaam is en nie wil aandag trek nie….. (Ek sou ook maar skaam wees as as ek soos hulle gelyk het!). Ons hoop net nie hulle is in die stilligheid agter ons mooie planeet aarde aan nie……

Ongelowig ·

Die kanse vir lewe elders in die heelal is eintlik baie goed. Daar is ongeveer 100miljard sterrestelsels in die huidilke waarneembare heelal. As elke sterrestelsel soveel sterre(sonne) bevat wat ons sterrestelsel (Die melkweg) bevat, dit is sowat 100miljard, dan beteken dit daar is 10000000000000000000000 sterre (ander sonne) net in die waarneembare heelal. Veronderstel dat daar net om 0.001% van daardie sterre een klipperige planeet wentel in die bewoonbare sone(waar water in vloeistof vorm kan wees, nie te warm nie en ook nie te koud nie) dan is daar ongeveer 100000000000000000 klipperige planete wat op die regte plek om hulle sterre wentel. Kom ons se dat uit daardie planete 0.001% is wat wel vloeibare water het dan is daar 1000000000000 planete wat vloeibare water het. Kom ons veronderstel dat daar 0.001% van daardie planete ‘n atmosveerr het wat leefbaar is en die planeet beskerm teen skadelik bestraling dan is daar nogsteeds 10000000 planete oor. As daar dan net 1% van daardie planete is waar lewe wel ontstaan het dan is daar 100000 planete met “Alien” lewe. Of hulle al ontwikkel het om intelligente lewe te wees is ‘n heel ander storie, dit is dalk net eensellige organismes of diere of watookal.
Die naaste planeet wat ontdek is wat moontlik lewe kan bevat is 4.22 ligjare van ons af weg. Dit beteken dat dit lig (wat amper 300000 kilometer per sekonde is) 4.22 jaar vat om van ons af tot by die planeet te trek. So met ons huidige tegnologie sal dit ons 86000 jaar vat om tot daar te reis…

Ongelowig ·

Dus is dit hoogs onwaarskynlik dat enige “Aliens” ons al ooit besoek het. Die mense wat beweer dat hulle deur Aliens ontvoer is of hulle teegekom het is van looitjie getik…

Watookal ·

Ja jy moet daarin glo want daar is geen feite…die bybel se duidelik dat Eve die moeder van alle lewe is…as jy wel wil glo dat daar lewe op ander plekke is, dan sal jy sekerlik ook glo dat jy “sop” was soveel bil bil biljoene jare terug…

Andre Pretorius ·

n Soortgelyke voorwerp is laas Dinsdag, 6 Desember, deur my Pa oor Klerksdorp gesien. Volgens n ander webblad is dieselfde voorwerp 30min later in Langebaan gesien. omtrent 1000km weg.

MM ·

Dis die “antsisters” wat oppad is. Toer eers deur die land en dan na Nkandla.

kobus4e ·

Nee ek glo nie. 1000 voet is haalbaar vir ‘n drone maar die hoe spoed terug grond toe, ek glo nie. As dit so is, en hy was so naby aan die vliegtuig dan sou die loodse hom as ‘n drone kon herken en sou hulle die oortreding rapporteer. Drones mag nie so hoog vlieg nie, mag nie nader as 10 km van lughawens af vlieg nie en nog n rits ander regulasies.

PW Growee ·

Daar is toe al die tyd Intelligente lewe daar buite. As hulle nie intelligent was nie sou hulle geland het. Planeet Z is toe nie so lekker soos dit van ver af lyk nie. OF dalk het hulle vreemde seine van onse SABC af ontvang… Morse kode of dalk Braille.

Buitestander ·

Dit is net ver my snaaks dat net sekere mense dit waarneem.
Met soos mense wat spooke kan sien
Hang dit nie maar van hulle gemoeds toestand af nie?

Karin ·

Ek het ook ‘n groenerige voorwerp hoog op in die lug naby Margate gesien een jaar, vinnig bewegend. Toe hoor ons die volgende dag hulle het laserligte getoets vir ‘n konsert.

Mossie ·

Wa oor worry gee apartheid die skuld green thing must fall

Dries ·

Dit moet seker maar die marsmanne wees wat gehoor het dat die 20% slaagsyfer hier van toepassing is en dus kom kyk het wie so “slim” was om dit te implementeer.

John ·

Weet iemand of vader kersfees iewers groen spuitverf kom koop het… Dalk wou hy die Bokke verras met ‘n vroee aflewering en toe hoor hy… Doom… met sy groen kannetjie adverteer nou weer vreeslik… Of net miskien was dit ‘n groot spuitkan wat uitgetoets is vir aanstaande jaar se parlementsopening. Almal kla mos hoeka almal wil almal uitwis… en toe verloor dit skielik stoom… en… Oppas tog vir swem as dooie groot visse uitspoel… die hoogvlieende Valke en die Vervolgingsgesag sal wel sekerlik die saak binnekort oplos…

(Moekie) ·

Julle maak nog so grappies die HERE se koms is naby in so n wereld kan ons amper nie meer aangaan nie HY se dat ons sal dinge sien en beleef voor sy koms, komaan mense daar -buite hersien julle leefstyl en kry jouself reg vir SY KOMS. ek is nie n predikant nie hoor! net n gewone mens soos julle almal.

Victor ·

Laat hy asb kom en julle kom haal, dan kan die res van ons lewe sonder ‘n geprekery

Leeutjie ·

Sjoe Victor: As hy kom gaan ek saam!!! Hier bly ek nie agter nie….. dinge gaan nog erger word dat jy wens jy het maar opgeklim en saamgery!!!

Kind van God ·

Op hierdie aarde is ONS (kinders van God) die Aliens. Ons leef in n wereld waar satan ons haat en ons nie hier op sy speelgrond soek nie. Ek vat dit met n glimlag…… en ja ek wag in groot opgewondeheid vir Jesus om te kom. Ek WIL saamgaan en alles wat my hier bind los, na my huis in die hemel.

Ben ·

Gee nie om of daar lewe in die buitenste ruimte is nie ons moet self net gereed wees vir die Here se koms.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.