Vyf aangekeer ná bloedbad in Uitenhage

Foto ter illustrasie. (Foto: Verskaf).

Vyf mans is in hegtenis geneem ʼn dag nadat nege mense in drie verskillende skietvoorvalle in Uitenhage in die Oos-Kaap doodgeskiet is.

In die eerste voorval is die liggame van vier mans Donderdag omtrent 11:45 in ʼn Mazda 323 in Mabi-straat in Uitenhage gevind. Nog ʼn liggaam het agter die voertuig gelê. ʼn Sesde persoon is erg beseer op die toneel aangetref en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

“Al die oorledenes en die beseerde het skietwonde opgedoen,” het kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, gesê.

Om 12:10 is die liggame van nóg drie mans in Zolanqini-straat gevind. “Twee is in ʼn silwerkleurige Volkswagen Polo gevind en die derde het buite die voertuig gelê. Almal van hulle het ook skietwonde opgedoen. Die voertuig is boonop in Mei vanjaar in Humansdorp as gesteel in aangemeld,” het Naidu gesê.

Op dieselfde dag is ʼn man, tussen die ouderdom van 18 en 25, dood langs die pad in Rooihoogte naby Kwanobuhle aangetref.

“ʼn 72-uur aksieplan is van stapel gestuur en teen Vrydag 08:00 is vier mans van belang ingeneem vir ondervraging. Die polisie kon ook vasstel dat ʼn wit Toyota Quantum-bussie by al drie die moordtonele betrokke was en dieselfde dag teen 18:10 is die voertuig in Uitenhage opgemerk en naby Van Riebeeckhoogte voorgekeer. ʼn 34-jarige man is in hegtenis geneem en daar is op die motor beslag gelê,” het Naidu gesê.

Die vyf verdagtes wat in hegtenis geneem is staan tereg op nege aanklagte van moord en een van poging tot moord. Hulle sal Maandag in die landdroshof in Kwanobuhle verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Yvonne ·

Die simptoom van algehele verval…..???…daar is nie n wil in die regering om te verander nie

Grassie ·

Ons land begin nou na Mexico klink waar groot getalle mense afgemaai word. In ‘n land waar die helfte van die mense werkloos is is die pad na anargie sommer ‘n kortpad. Hef aan lê nog voor.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ek ken heelwat mense wat daar gaan aftree het. Hul kinders woon reeds lank daar. Daar is gevaarlike dele, maar die oorgrote meerderheid van die land is veilig en baie voorspoedig. Ook baie gewild onder afgetrede Amerikaners en Britte.

Samuel ·

Wanneer gaan hierdie sinnelose geweld tot ‘n einde kom? Het die regering en die polisie dan nie die wil om ‘n einde aan geweld te bring nie?

Anna-marie ·

Dit gaan nie tot ‘n einde kom nie, dit gaan vererger. Ons sal moet ander planne maak.

Wondermaarnet ·

Wat sê Malema en Cele nou? Dit is hartseer om te dink dat hierdie moordenaars (indien hulle ooit almal gevang word), loop na ‘n paar maande weer in die strate rond.

Veronika ·

Joe, nou in 72uur is daar inhegtenisse met n taakspan, maar plaamoorde?????

Skappie ·

Ek kan maar net aan die gesinne van hierdie persone sterkte toe wens in hierdie moeilike tyd wat vir julle voorle. Mag onse Liewe Heer julle styf in Sy arms vashou.

Danie ·

Ons buurstaat het so verval boendoe geweld en sinnelose moorde.Ons is daar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.