Vyf plaasaanvallers swaar gestraf

plaashek-pexels

Foto: Pexels

Die streekshof in Pongola in KwaZulu-Natal het vyf mans tot vier lewenslange vonnisse en ʼn bykomende 225 jaar tronkstraf gevonnis vir ʼn skrikbewind wat hulle van Desember 2014 tot Maart 2015 op plase in die gebied gevoer het.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê dié groep gewapende mans het plase in die Pongola- en Magudu-polisiëringsgebiede aangeval en die eienaars van waardevolle items soos vuurwapens beroof en vroue verkrag.

“Sake is by die Pongola- en Magudu-polisiestasies aanhangig gemaak en ʼn taakspan is aangestel wat gevolglik tot die inhegtenisneming en vervolging van die beskuldigdes gelei het,” het Gwala gesê.

Gwala het gesê tydens die ondersoek het die polisie ʼn leidraad ontvang oor dié groep wat glo van plan was om nog ʼn plaas aan te val. “Hulle het die verdagtes aangetref waar hulle in die bosse weggekruip het.”

Wandile Gabriel Dlamini (25) is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir verkragting en 70 jaar vir roof met verswarende omstandighede. Mlungisi Thabathu Mathenjwa (21) en Phumlani Sotsha Mdluli (28) is elk tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir verkragting en 45 jaar vir roof met verswarende omstandighede.

Ntokozo Prince Mthethwa (23) is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir verkragting, 30 jaar vir roof met verswarende omstandighede en 15 jaar vir die besit van ʼn vuurwapen en ammunisie. Die vyfde beskuldigde, Khethiwe Gugu Gumbi (34), is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sandy ·

Laat hierdie ‘n les wees vir die plaasaanvallers. Welgedaan aan die polisie en almal wat deel was om hierdie plaasaanvallers vas te keer en toe te sluit.

Elizabeth ·

Baie geluk aan die polisie wat hulle werk onder gevaarlike omstandighede gedoen het. Hoop die swaar vonisse skrik ander misdadigers af. En hoop die klaers wat beweer plaasmoorde word nie deur die polisie en die howe ernstig genoeg opgeneem nie, neem kennis!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.