Vyf babas sterf in Gauteng-hospitaal

Argieffoto Foto: HeikeIr, Pixabay

Vyf babas is reeds dood weens antibiotikaweerstandige klebsiella by die Thelle Mogoerane-hospitaal in Vosloorus in Ekurhuleni waar die hospitaal reeds sale begin sluit het en steeds spook om die bron van die bakterie op te spoor, het die Demokratiese Alliansie Sondag gesê.

“Ek het verlede week die hospitaal besoek waar bronne aan my gesê het nog babas is dood nadat dit twee weke aan die lig gekom het dat twee uit sewe babas, wat met klebsiella besmet is, oorlede is,” het DA-LP in Gauteng, Jack Bloom, gesê.

Hy het die besluit deur die Gautengse departement van gesondheid verwelkom om die uitvoerende hoof van die hospitaal op spesiale verlof te plaas, “aangesien sy waarskuwings deur personeel geïgnoreer het dat oorbevolking in die neonatale saal die risiko van infeksie verhoog”. Dr Jatin Ganda is aangestel om in beheer te wees van bedrywighede by die hospitaal tot ʼn waarnemende uitvoerende hoof aangestel is.

“Elf babas is tot dusver met klebsiella besmet, waarvan vyf reeds oorlede is. Die eerste baba is op 9 Julie oorlede, nog een vroeg in Augustus, twee babas is op 25 Augustus dood en nog ʼn baba op 28 Augustus. Hulle was almal vroeggebore babas wat baie min geweeg het,” het Bloom gesê.

Die oorblywende babas, wat met die bakterie besmet is, is geïsoleer om verdere infeksie te voorkom. Die neonatale en kraamsale is deeglik geskrop. Nuwe pasiënte is na ander hospitale verwys.

“Daar is ʼn span van die nasionale instituut vir oordraagbare siektes (Nios) wat probeer om die bron van die uitbreking te bepaal. Dit is kommerwekkend dat soveel babas reeds gesterf het van ʼn infeksie wat verhoed kon word. Hierdie hospitaal het nuwe leierskap nodig en vakante poste moet dringend gevul word sodat gehaltesorg aan alle pasiënte verskaf kan word,” het Bloom bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

What a joke! ·

Nee jong hul antwoord op alles is Affirmitive action teen alle kostes selfs lewens…hoe tragies..

Chris du preez ·

Die groot tragedies kom nog met die regering se nuwe gesondheids plan

IK ·

Netso Chris, die ellende is op pad. Ek sal maar moet doodraak om my lewe te red.

Amy ·

The bacteria are not airborne, so you can’t contract a K. pneumoniae infection by breathing the same air as an infected person. Instead, K. pneumoniae is spread through direct person-to-person contact, such as when someone with contaminated hands touches a wound… So dis die staff?

Lee-Anne ·

Dis omdat vandag se staats hospitale in so chaotiese toestand is. Bloed en urine ens le orals rond.

https://rarediseases.info.nih.gov/diseases/10085/klebsiella-infection

Klebsiella infections refer to several different types of healthcare-associated infections that are all caused by the Klebsiella bacteria. These bacteria are usually found in human intestines where they do not cause infections. To get a Klebsiella infection, a person must be exposed to the bacteria. For example, Klebsiella must enter the respiratory (breathing) tract to cause pneumonia, or the blood to cause a bloodstream infection.[1] 

Most healthy people do not get Klebsiellainfections. However, people who are hospitalized and receiving treatment for other conditions may be susceptible to these infections. Klebsiella bacteria are usually spread through person-to-person contact. In healthcare settings, people who require long courses of antibioticsand and people whose care requires the use of ventilators (breathing machines) or intravenous (vein) catheters are more at risk for Klebsiella infections.[1]

My mening ·

Het al hoeveel maal gesien hoe hulle nie eens hande was nadat hulle die toilet gebruik het nie, wat nog te se naels skrop!

Theo ·

Op die 8 uur nuus, het malema n uitspraak gemaak en dit is wat hy gesê het was dat die staats hospitale in die jare voor 1994 beter diens, beter opleiding, beter behandeling beter medisyne gegee het as vandag. Ek hoop helen zille tweet hier op dat voorheen ook beter was.

Tina ·

My dogter was ook in daai hospitaal vir amper 5 weke wat sy niks behandeling ontvang het nie en soms net uitgelag is as sy iets gevra het en aan haar genade oorgelaat is na n motor ongeluk. Toe ons haar na n pvt hospitaal kon skuif is opgetel dat sy meer as 12 soorte bakterië daar opgetel het. Patesiese plek met patetiese staf

Jean ·

Hul moet almal soos in die hele lot gefire word!!! Wat n klomp patetiese mense met geen respek vir mense lewens of gesondheid nie…

Linda van Mosselbaai ·

My hart gaan so uit na die mammas wat hulle babas verloor het – hoop hulle kry ondersteuning – dis baie sleg om huis toe te gaan – met melk in jou borste & geen baba.
Ook die pappa’s is hartseer en die res van die gesin ……..

Se ook ·

Dit is die staf want kyk maar hoeveel infeksies is by privaat klinieke. Patetiese personeel. Sit en eet sommer so in die kantore en le staan rond en op hul fone terwyl hul moet werk. As jy vra hoekom is die trollies so vuil waarmee hul werk gooi hul jou “is jy mal as jy dink ek gaan dit skoonmaak”. Daar is mense wat dit moet doen. Geen trots meer oor op jou voorkoms en werkomgewing nie. Destydse matrones was streng vandag word hul geviktimiseer by die huis as hul durf optree. Nee wat, kry vir julle jul wil mos van ordentlike “….” staf ontslae raak. Jammer ons moet ook daaronder lei.

bren ·

Omdat daar geen aseptiese metodes meer bestaan in enige staatshospitaal nie! Daar is nie eers behoorlike ontsmettings middels of linne etc etc nie….broeiplek vir kieme! verpleegsters was nie hul hande nadat hul met n besmette patiënt werk nie!! kan n boek skryf oor die patetiese omstandighede in staatshospitale!!

Stuiwer ·

As hierdie die gevolg van nalatigheid was, hoop ek dat die nodige stappe teen die hospitaal geneem sal word.

Se maar net ·

Ja n mens moet vra waar die bakteriee se oordrag vandaan kom nie. Leer kamtig in die kolleges oor nasorg op pasiente maar kan dit dit nie toepas nie of gee eenvoudig net te min om. Stem saam hou n disipliner en raak ontslae van die mense wat so met ander se lewens dobbel, ek is seker daar is meer as genoeg mense daarbuite wat hulle opleiding ernstig opneem en dit sal toepas. Baie vinnig om n dokter die skuld te gee vir alles wat verkeerd gaan sou se kyk na die nasorg en die omstandighede waaraan hierdie mense blootgestel word. Die hospitale, sluit sommer party privaat hospitale ook in, gaan net meer en meer agteruit maar nee daar is meer as genoeg van die belastingbetaler se geld wat na mense se sakke toe gaan in plaas van om aangewend te word waar dit lewensnoodsaaklik is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.