Vyf beroof verkeerspolisie van spoedkamera langs pad

Argieffoto

Nie net is hulle afgetrek vir ʼn beweerde spoedoortreding en omdat hulle voertuig nie nommerplate gehad het nie; die vyf mans het sommer uitgespring en twee verkeersbeamptes langs die pad beroof – van spoedkamera en al.

Die polisie in Limpopo sê ʼn grootskaalse soektog is begin na die vyf mans wat Vrydagmiddag die verkeersbeamptes net buite Groblersdal oorrompel het.

Die verkeerspolisielede was op die Slaagboom-pad naby Marble Hall besig met spoedwetstoepassing, toe hulle ʼn grys Volkswagen Polo TSI met vyf insittendes laat aftrek het, het kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, gesê.

“Terwyl hulle vir die bestuurder ʼn boete uitgeskryf het, het drie passasiers uitgeklim. Twee van hulle was gewapen met gewere en die derde met ʼn pistool. Hulle het die twee verkeersbeamptes van twee selfone, ʼn vuurwapen en die spoedkamera beroof voordat hulle van die toneel gevlug het,” het Ngoepe gesê.

Hulle is steeds op vrye voet.

Genl.maj. Jan Scheepers, waarnemende polisiehoof in Limpopo, het gesê die polisie gaan nie rus tot die rowers agter tralies is nie.

Enigeen met inligting oor die voorval word gevra om kapt. Richard Boshomane te bel by 079 894 5501. Inligting kan ook by die naaste polisiekantoor aangemeld word, of by die polisie se Stop Misdaadnommer by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Hannetjie ·

Mense maar nou binne spoedgrens bly.Want nou gaan daardie manne hul eie spoedlokvalle hou en mense beroof.Die RSA …is rerig “n grap.Boewe regeer die land

Buks Barnard ·

Die uitdrukking moet wees op vrye voet; nie op vrye “voete” nie.

Chris ·

…as jy my vra, was dit net nog ‘n plaasmoord bende wat die gelleentheid gegryp het om nog wapens te bekom asook hul identiteid te beskerm…

Sanna spoedvraat ·

Daars ‘n spoedkamera digby die verkeersafdelingsgeboue in Worcester!

Lina du toit ·

En ook een waar jy ceres uitgaan op links oppad na prince alfred hamlet. Geel boks

George in Bloem. ·

“Die Polisie gaan nie rus nie…….” Rerig? Goeie een.????????

Spike ·

Gebeur net in 3de werêldse sa danksy cr, comrades en kaders.

Joe Olivier ·

Ek dink dis omdat hulle gerus het, dat hulle geroof is. Ek sien (wanneer ek een sien) dat die spietkops amper almal pragtige Glocks op die been dra, maar wonder hoeveel van hulle het bevoegdheid om een te dra.

SjN ·

Die 2 het gedink dit is seker n Leon Schuster film wat geskiet word.

AndreL ·

Ek neem aan dis om die koper daarin te verkoop. Werkskepping, dis al.

Gert ·

Nou is die brieke heeltemal los en ons sogenaamde regering sal nooit die vermoë hê om die brieke weer aan te slaan nie!!
Pateties, om van naar te word!!

wet ·

haha, hulle kry hulle eie medisyne terug. Lanklaas het spietkops mense afgetrek agv veiligheid. Deesdae is dit om hulle begrotings aan te vul

Nita ·

Mnr Ramaphosa daar is n oorlog aan die gang in jou land. Die kriminele teen die man in die straat en teen jou geregsdienaars. Dis tyd dat jy krygswet afkondig en die weermag inbring.

Foxi ·

Ha ha ha ai tog, tot die verkeers beamptes word geroof! Wat n boewestaat bly ons nie net in nie……wat is volgende?

Robert ·

Julle hierbo dalk daaraan gedink dat hulle miskien oppad was om ń plaas roof /moord te doen en in hul misdaad tog gestuit is….

Joe Olivier ·

Robert, ek dink nie jy het mooi gedink voor jy getik het nie. Hulle is nie gekeer nie en hulle het nou nog n wapen om in n plaasmoord te gaan gebruik indien hulle wil.

Jan Brand ·

Sjoe, in watse land bly ons? Hoe gaan ons die plek ooit regkry?

Msp ·

Wat jy saai sal jy maai. Danksy die anc/eff/blf eet ons almal die vrugte van “crime”. Hoop maar die meerderheid sal eeeeendag leer.

Cherokee ·

Lank terug, dekades gelede, het die ANC gesê hulle gaan Suid Afrika onregeerbaar maak. Hulle het hul woord gestand gedoen.

Johnathan ·

Ja nê….. Ook net in dié vrot Piesang-Republiek waar die VERKEERSPOLISIE helder oor dag geroof kan word(!!)

Sulke dinge boesem nou geensins vertroue in ons wetstoepassers in nie. Inteendeel, dit bewys net weereens dat die stryd teen misdaad verlore is.

Ek het nie meer hoop vir ons eens pragtige land nie.

Koos de Meyer. ·

Wat ‘n sirkus, dis so belaglik elke dag. Is die twee verkeers mense ooit bevoeg om ‘n wapen te hanteer. Ek wonder maar net.

Karolis ·

Attie, jy is een van die gaafste mense waarvan ek weet. Skerp hoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.