Vyf beseer na motor teen ambulans bots

Foto: @AnnemariMalherb/Twitter

Foto: @AnnemariMalherb/Twitter

Vyf mense, insluitend twee kinders, is Sondag beseer nadat ‘n motor reg van voor teen ‘n ambulans gebots het in Wonderboom, Pretoria.

Johan Pieterse, woordvoerder van die nooddienste, sê een van die kinders is kritiek beseer terwyl die ander kind ernstige beserings in die ongeluk opgedoen het.

“Die motor het in die aankomende verkeer beland en teen die ambulans gebots.”

Hy sê die beseerdes is op die toneel behandel voor hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere mediese sorg.

Daar was nie pasiënte in die ambulans nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

charmaine ·

Links op vanaf Lavedar om oor die berg te gaan. Ons is daar verby en dit baie sleg gelyk.

sarie ·

misken moet hulle net klaar aan al die paaie werk,en klaar kry dan kan die noorde en wonderboom se mense almal miskien beter van die paaie gebruik maak,hulle maak nie klaar en daar is baie ongelukke deesdae want City of Tshwane maak reg soos wat hulle lus het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.