Vyf beseer toe bende op geldwa toeslaan

Die bakkie en geldwa wat gebots het. Foto: Verskaf

Die bakkie en geldwa wat gebots het. Foto: Verskaf

Vyf mense is Donderdagoggend beseer toe ʼn groep gewapende mans op ʼn geldwa buite Witbank in Mpumalanga toegeslaan en dit beroof het.

Die geldwa is omstreeks 08:00 vermoedelik ná ʼn botsing met ʼn bakkie by ʼn aansluiting, sowat 25 km buite Witbank, op die Van Dyksdrift-pad tot stilstand gedwing.

ʼn Onbekende hoeveelheid gewapende mans het op ʼn bakkie wat die geldwa vergesel het, losgebrand, waarna die bende toegang tot die geldwa bekom en met ʼn onbekende hoeveelheid kontant op die vlug geslaan het.

'n Foto van die toneel. Foto: Verskaf

‘n Foto van die toneel. Foto: Verskaf

ʼn Boodskap is onder die publiek versprei om op die uitkyk te wees vir ʼn wit BMW X5 en ʼn grys Ford Ranger wat glo in die rigting van Kriel gevlug het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici van verskeie nooddienste is na die toneel ontbied om na die beseerdes om te sien.

“By die paramedici se aankoms is vyf voertuie op die toneel aangetref. Een van die voertuie was die geldwa. ʼn Paar van die ander voertuie was deurtrek met koeëlgate en die ander was in die botsing betrokke.”

'n Foto van die toneel. Foto: Verskaf

‘n Foto van die toneel. Foto: Verskaf

Hy het gesê van die beseerdes is behandel vir geringe beserings, wat vermoedelik tydens die botsing opgedoen is. “Net een persoon is geskiet en gewond. Dié persoon het ʼn koeëlwond aan sy been opgedoen.”

Hy het gesê die beseerdes is vermoedelik veiligheidsbeamptes en lede van die publiek. Die mense is met ambulanse na hospitale in Witbank geneem vir verdere behandeling.

Die polisie was op die toneel, het die aansluiting afgesper en ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

WitWolf ·

SBV…. Foto’s is sosiaal reeds versprei. Asook die Teken op die Agter kant Regs Bo is nie “geblurr” nie

Bruno Stef ·

Dit klink omtrent soos die ou Wilde Weste se ” Stage Coach” aanvalle maar aan die ander kant is SA se misdadigers net n bietjie beter bewapen en die vervoer meer modern.

jaco ·

vervoer die geld in n ou Volkswagen kombi. Aangesien dit nie soos n geldwa lyk nie, sal gelddiewe nie dit teiken vir n aanval nie.

Theuns ·

Jaco, jy praat presies soos iemand wat niks weet nie, die ouens volg ju vir dae besluit nie vandag hul roof ju nie, hulle weet waar jy gaan, waar jy stop hoelank jy stop. Kom by man en praat oor iets wat jy weet, ek praat van o dervinding was self in n roof van die aard het vir Coin gewerk

Buitestander ·

Goed georganieseerde aksie.
Ja, wêreld is boos en sal toeneem na die fees seisoen!

Boetman ·

Baie goed georganiseer. Steel Cruiser om die werk te kan doen.

KP ·

Goed opgeleide terroriste met binne informasie. Maak dit maklik.

Kan die veiligheids mense nie terug skiet nie, anders waarvoor is almal daar.

MCS ·

Soos in Botswana as hul diamante vervoer , daar is soveel voertuie wat in konvooi ry en hulle ” move” . Geeneen weet in watter voertuig die dianante is, nie eers die bestuurders van die voertuig! Bygese as die diamante wel in een van daai konvooi voertuie is! Miskien op die dag word per lug vervoer!

Marius ·

Hoe skiet jy terug as jy voor langs jou vriend le na die slag van die botsing so Toyota cruiser is baie hard en daai van ook binne.

Cherokee ·

Iets rym nie met die roof van geldtrommels nie. Ek het menige keer op hierdie en ander forums gevra waarom die trommels nie ontwerp word dat dit ‘n kleurstof oor die geld sprei, wat dit onbruikbaar maak as die trommel oopgeforseer word. Die skade sal minimaal wees want die geldnote se nommers is bekend en dit kan vervang word. Rooftogte sal soos in heeltemal ophou. Geldwaens en geldtrommels sal nie weer geroof word nie. Dit is tog so ‘n eenvoudige oplossing wat lewens, geld en voertuie behoue laat bly en dit skep ongemaklike vrae oor waarom dit nie gedoen word nie.

De Villiers ·

Laai hierdie soort kriminele, moordenaars en verkragters af in die verre see op ‘n geankerde skip wat nie meer werk nie. Dit dien as tronk. Gee vir hulle ‘n paar visstokke as hulle wil kos hê, en as een wil ontsnap, kan hy maar swem. Geen wagte of iemand daar nie, dus geen reëls daar nie.

Liendempers ·

Briljante plan en dit kos die belastingbetaler niks. Kry sommer n skip in die bootbegraafplaas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.