Vyf beseer toe bus teen struktuur vasry

Die bus het teen ‘n betonstruktuur vasgery, (Foto: Twitter)

Vyf mense is beseer toe ’n bus Dinsdagoggend teen ’n struktuur in Denver in Johannesburg vasgery het.

Geen kinders was by die voorval betrokke, soos aanvanklik elders berig is nie.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê die Stad Johannesburg se reddingsdienste was vanoggend met paramedici se aankoms op die toneel reeds besig om twee mense van onder die puin uit te haal.

Die bus het teen ‘n betonstruktuur vasgery, (Foto: Twitter)

Nadat die twee mense onder die puin uitgehaal is, het paramedici hulle en nog drie beseerdes ondersoek. Daar is bevind dat hulle matige tot ernstige beserings in die voorval opgedoen het en hulle is na ’n nabygeleë hospitaal vervoer vir verdere mediese behandeling.

Die plaaslike owerhede was op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Misky ·

Hoe kry enigiemand dit reg? Moes met n hengse spoed gewees het om daai voorkant van die bus so te kon beskadig.

Suzette ·

Ek het regtig net een vraag – Hoe kry ‘n mens dit reg??????

quartus ·

Hoe lank staan die struktuur nou al op daardie plek en het sover nog niemand gepla nie? Nou kom die busbestuurder en probeer dit vernietig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.