Vyf beseer toe drie voertuie bots

Vyf is beseer toe drie voertuie bots (Foto: Verskaf)

Vyf mense, onder wie twee kinders, is Maandag vroegoggend beseer toe drie ligte voertuie op die R59, ongeveer 20 km buite Alberton in Gauteng, gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê met paramedici se aankoms op die toneel het hulle al drie die voertuie langs die pad aangetref. Twee volwassenes en twee seuns het op die toneel rondgeloop.

ʼn Derde volwassene was steeds in een van die voertuie vasgekeer. Reddingswerkers moes gespesialiseerde toerusting gebruik om dié persoon uit die wrak te bevry.

Al vyf insittendes het geringe tot matige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel behandel en na nabygeleë hospitale geneem vir verdere mediese sorg.

Geen ernstige beserings of sterftes is aangemeld nie.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Chantelle

Maroela media julle opskrif sê beseer maar op die foto staan daar dood. En in die begrip staan daar “Geen ernstige beserings of sterftes is aangemeld nie.”

Gert

Foto opskrif lees 5 dood ,hoof opskrif lees 5 beseer.