Vyf beseer toe man op inkopiegangers skiet

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Vyf mense is ernstig beseer nadat ʼn gewapende man op inkopiegangers in ʼn winkelsentrum in Johannesburg losgebrand het.

Ao. Moses Mapakela, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 12:00 by die Alexandra-inkopiesentrum gebeur. “’n Gewapende veiligheidswag het op mense in die inkopiesentrum losgebrand. Vier vroue en een man is raakgeskiet en moes na ʼn hospitaal gehaas word,” het hy gesê.

Volgens Mapakela is die man op die toneel in hegtenis geneem. Die man het vermoedelik gepoog om een van die winkels te beroof, maar die polisie sal die saak ondersoek. “’n Saak van poging tot moord is aanhangig gemaak,” het Mapakela gesê.

Intussen het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, bevestig dat paramedici op die toneel was om die beseerdes te behandel. Botha het beweer 12 mense, onder wie kinders, is in die voorval beseer, maar Mapakela het dit ontken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

CHRISTA ·

Ons kan nie die polisie vertrou om ons veilig te hou nie en nou kan ons selfs nie veiligheidswagte vertrou nie!! Dan wil die ANC regering wetgewing in werkingstel wat ons gaan ontwapen!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.