Ao. Moses Mapakela, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 12:00 by die Alexandra-inkopiesentrum gebeur. “’n Gewapende veiligheidswag het op mense in die inkopiesentrum losgebrand. Vier vroue en een man is raakgeskiet en moes na ʼn hospitaal gehaas word,” het hy gesê.
Volgens Mapakela is die man op die toneel in hegtenis geneem. Die man het vermoedelik gepoog om een van die winkels te beroof, maar die polisie sal die saak ondersoek. “’n Saak van poging tot moord is aanhangig gemaak,” het Mapakela gesê.
Intussen het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, bevestig dat paramedici op die toneel was om die beseerdes te behandel. Botha het beweer 12 mense, onder wie kinders, is in die voorval beseer, maar Mapakela het dit ontken.
Ons kan nie die polisie vertrou om ons veilig te hou nie en nou kan ons selfs nie veiligheidswagte vertrou nie!! Dan wil die ANC regering wetgewing in werkingstel wat ons gaan ontwapen!!!