Vyf beseer toe petrolbom in Wes-Kaapse bus beland

Vyf mense is beseer toe ’n petrolbom in ’n bus in George beland het. (Foto: Facebook / George-munisipaliteit)

Verskeie mense het brandwonde opgedoen toe twee petrolbomme Woensdag in ’n bus buite ’n skool in George gegooi is. Die voorval het in Proteaweg in Pacaltsdorp plaasgevind.

Die busdiens Go George het die voorval bevestig en gesê dat 14 mense, onder wie kinders, vir behandeling na ’n hospitaal geneem is.

“Vyf is vir brandwonde behandel en nege vir skok. Die polisie ondersoek die voorval,” het die busdiens gesê.

Die motief is in dié stadium onbekend.

Mornay Lakay, bestuurder van Go George, sê die George Geïntegreerde Openbare Vervoernetwerk betreur die voorval, en dat hulle die polisie met enige inligting en beeldmateriaal van kringtelevisiekameras sal bystaan om die skuldiges vas te trek.

Sers. Christopher Spies, polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek ’n saak van poging tot moord.

  • Die berig is gewysig sedert dit aanvanklik gepubliseer is – RED

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Kaapstad se probleme spoel oor na die Tuinroete.

Lillian ·

Siek!!! Seer sekerlik die taxi mafia wat agter hierdie aanval sit

Kokerboom ·

Die sprinkane se dryf na destabilisasie en vernietiging benodig ‘n bevoegde polisiemag met inisiatief en konstruktiewe denke !

Di ·

Seker weer Taxi bedryf! Regering het hierdie monster geskep so hulle moet maar pa staan vir hierdie gemors.

Robert ·

Ongelukkig is die lydende party nie verantwoordelik vir die probleem nie!!!

Vernon ·

Man hulle weet wat is die motief,die busdiens wil uitbrei en die taxi manne hou nie daarvan nie…mafia styl.

JohanR ·

Wat se gemors doen sukke goed? Daar was kinders man, KINDERS!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.