Vyf beseer toe vier voertuie bots

Argieffoto: ER24

Vyf mense is beseer, van wie een ernstig, toe vier voertuie Saterdagaand op die R114 naby die R511 in Diepsloot, noord van Johannesburg, gebots het.

Werner Vermaak, ER24-woordvoerder, sê hulle en ander nooddienste het met hul aankoms op die toneel vier voertuie verspreid oor die gebied aangetref.

“Die bestuurder van een van die voertuie was in ʼn ernstige toestand,” sê Vermaak. “Paramedici het op hom afgekom waar hy nog agter die stuur van sy voertuig vasgesit het en moes hom daar uithaal.”

Vermaak vertel nadat die man suksesvol uit die wrak gehaal is, is hy per ER24-helikopter vir verdere behandeling na die Busamed in Modderfontein geneem.

Nog vier pasiënte is op die toneel behandel vir geringe tot matige beserings en al vier is daarna per ambulans hospitaal toe geneem.

Die polisie was op die toneel om die oorsaak van die ongeluk te ondersoek, sê Vermaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

IK ·

‘Vier voertuie ry in- /teenmekaar vas? Dit laat my d(r)ink . . .

John Ferreira ·

Spoed, dronk bestuur, gekoopte bestuurders lisensies , en onkundige bestuurders , onpadwaardige voertiue , gee alles aanleiding tot hierdie tragedies , en laastens verkeers beamtes wat roekelose bestuurs gewoontes ignoreer en eerder anderpad kyk. Innige medelye met die naasbestaandes

Karolis ·

IK, djy sjukkel ook ma leka om te tik, maar dis skerp hoor.

Bekommerd ·

Hierdie is n baie gevaarlike kruising. Die gemeenskap vra al lank dat daar verkeersligte aangebring moet word, maar niks kom daarvang. Daar was al talle ongelukke en sterftes. Baie moeilike kruising in die nag

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.