Vyf beseer tydens ontploffing in Kaapstad-sentrum

Gardens-winkelsentrum in Kaapstad (Foto: CitySeeker)

Minstens vyf persone is Donderdagmiddag beseer tydens ʼn ontploffing by die Gardens-winkelsentrum in Tuine, Kaapstad.

Theo Layne, woordvoerder vir die Stad Kaapstad se brand-en-reddingsdienste, het aan Maroela Media bevestig die brandweer is omstreeks 15:15 na die toneel ontbied. “Daar was ʼn gasontploffing op die eerste verdieping by Pulp Kitchen. Vyf persone is beseer,” het hy gesê.

Die brand is reeds geblus. Drie brandweerwaens, drie brandbestrydingsvoertuie en 21 brandbestryders het op die toneel bystand gelewer.

Verdere inligting is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Henk du Toit ·

Dankie vir jou menseregte, dankie dat ek hier kan woon, dankie dat ek kan staatmaak op jou eerlike landsburgers wie belasting betaal, dankie dat ek jou land kan oorneem. My kultuur verdra geen ander kultuur nie, Ek is lankal hier, wyl jy sluimer het ek gearriveer, my aankoms is nou bekend gemaak. Grootoog en stom verbaas staan jou Polisie onkundig rond, hulle het vermoed ek is hier maar hoe sou hulle kon weet? Intelligensiedienste is verlam deur mekaar teen te werk, politiek en diefstal te bedryf en terwyl die wagters aan die muur mekaar verskeur het het ek deur die agterste stadspoort ingekom. Diè wie suksesvol sou kon alarm maak is gebrandmerk as nasate van die onderdrukker en rassiste. Hulle werk in ander lande en ek het oor hulle geen bekommernis nie.

Jy raai wie ek is maar bekommer jou nie, weldra sal jy weet. As jy wonder kan ek jou wel n wenk gee. Ek het Wes Europese lande toegestroom met geweldenaars in my geledere. Klopt?

Sanna ·

Hi nee, hierdie was nie Moslemmense nie. Dit was ‘n gaslekasie by ‘n eetplek. Net baie jammer vir al die toeskouers wat videos met hul fone gemaak het instede van hulp verleen het aan die beseerdes. Burnshield, mense, burnshield! Wel gedaan aan mev du Toit wat op die vlammende vrou afgestorm het met ‘n brandblusser.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.