Vyf beseer tydens transitorooftog in Noordwes

(Foto verskaf deur ER24)

Vyf mense, insluitend ʼn negejarige seun, is na ʼn hospitaal geneem ná ʼn transitorooftog Maandag op die R556 Sun City-pad in Bapong, Rustenburg in Noordwes.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici van ER24 en nooddienste het omstreeks 11:00 by die toneel opgedaag. “Twee voertuie is beskadig. Drie veiligheidswagte het geringe beserings opgedoen. ʼn Pa en sy negejarige seun was in skok op die toneel,” het hy gesê. Die rowers het na bewering hul motor gekaap.

“ER24 het die drie veiligheidswagte en die pa en seun na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir mediese behandeling.”

Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Persheks Adri ·

Nuwe nasionale sport in Suid-Afrika te danke aan die piesang republiek! Gaan net flippen erger raak. Moes hoed se mense nie die mense op pas nie? Hulle word gevolg met helikopters hier by ons in Wes-Rand…

Anoniem ·

Dit sal absoluut nooit ophou nie. Moor, roof, diefstal, aanranding………… hoe op deesaarde wil jy ‘n land bou met sulke landsburgers.

Heinrich ·

Jy slaan die spyker op die kop Swerwer. Wanneer jy ‘n bevrydingsorganisasie-vir-een / terroristeorganisasie-vir-die-ander wat gesweer het om die land onregeerbaar te maak aan die stuur van sake het, maar on-ingeligte landsburgers het wat hulle in beheer bly instem is daar nie veel hoop nie.

Elize ·

Hoe minder geld daar is vir noodsaaklike dienste hoe meer floreer misdadigers. Ons stuur af op ‘n Mad Max staat

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.