Vyf binne ure ná rooftog aangekeer

Argieffoto: https://pixabay.com

Vyf verdagtes is binne ure nadat ʼn winkel in Port Alfred in die Oos-Kaap beroof is, vasgetrek.

Kapt. Mali Govender, woordvoerder van die polisie, het gesê twee mans het Woensdagoggend teen 09:13 by ʼn kettingwinkel in Port Alfred ingeloop en twee vroue-assistente genader vir hulp met parfuum.

“Hulle het toe na bewering die assistente ingelig dat hul daar is om die winkel te beroof. Daar het nog twee verdagtes by hul aangesluit en hulle het die assistente versoek om parfuum in die sakke wat hulle gebring het te pak. Hulle het toe die winkel verlaat,” het Govender gesê.

ʼn Veiligheidswag van die winkelsentrum het die verdagtes gesien toe hul die winkel verlaat met die sak vol parfuum. ʼn Bestuurder van ʼn plaaslike koswinkel het die verdagtes agternagesit, maar hulle het ʼn vuurwapen op hom gerig.

Die verdagtes het van die toneel gevlug in ʼn grys voertuig. Inligting van die voertuig is gesirkuleer op plaaslike groepe en Port Elizabeth se polisie is ook in kennis gestel aangesien die voertuig in daardie rigting gery het.

Lede van Port Elizabeth se blitspatrollie het die voertuig by Coega gewaar en ʼn jaagtog het ontstaan.

“Polisiebeamptes kon daarin slaag om die voertuig by die Truckers Inn voor te keer en vyf verdagtes tussen 20 en 32 jaar oud is in hegtenis geneem. Daar is beslag gelê op twee vuurwapens en die gesteelde goedere ter waarde van nagenoeg R80 000. “Dit sal aan die eienaar terugbesorg word,” het Govender gesê.

ʼn Saak van sakeroof word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Nettie ·

Ag, hoe kan die Polisie dan nou die ‘manne’ se “fun” so “spoil”? Hulle wou seker maak dat hulle lekker ruik en hul girlfriends kan beïndruk met die duur lekkerruikgoedjies wat hulle vir hulle ‘gekoop’ het.

KG ·

Baie goeie span poging tussen die veiligheidswag, winkelbestuurder en die SAPD. Wel gedaan julle!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.