Vyf bly in aanhouding ná polisiemoorde

plaas-polisie-veld

(Argieffoto)

Vier verdagtes het Vrydag vlugtig in die Itsoseng-landdroshof in Noordwes verskyn in verband met die grumoord op twee polisiebeamptes wie se liggame vroeër vandeesweek in ʼn uitgebrande motor in dié provinsie gevind is.

’n Vyfde verdagte is minderjarig en het vandag afsonderlik in die kinderhof verskyn.

Benjamin Jacobs (42), Jeremiah Mongale (26), Rapulana Keikantse (25), Matthews Modukanele (20) en die minderjarige verdagte sal na verwagting almal volgende Donderdag aansoek om borgtog doen. Hulle bly tot dán in aanhouding, sê kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die polisie.

Die verdagtes staan tereg op aanklag van moord, kwaadwillige beskadiging van eiendom en besit van ʼn gesteelde vuurwapen.

Maroela Media het vroeër vandeesweek berig konst. Simon Ngakaemang Ntsekeletsa en sers. Mojalefa Horatius Molete, verbonde aan die polisiestasie in Mareetsane in die Ngaka Modiri Molema-distrik, het Maandagaand vermis geraak nadat hulle op klagtes van misdaad in die omgewing gereageer het.

Die skofbestuurder het later na Ntsekeletsa (50) en Molete (42) gaan soek en op twee verkoolde liggame in ʼn polisievoertuig in die bosse by Moseta afgekom.

Die twee polisiebeamptes het glo kort voor hul verdwyning op ʼn voertuig vol vermeende gesteelde bokke afgekom. Hulle het die vonds aan hul bevelvoerder by die polisiestasie gerapporteer en gesê hulle bring die verdagte se voertuig na die polisiestasie.

Ntsekeletsa en Molete het ʼn uur later laat weet dat hulle naby die polisiestasie is, maar toe nooit opgedaag nie. ’n Soektog is van stapel gestuur en albei se liggame is die volgende dag in die uitgebrande motor aangetref.

Die polisie is op die verdagtes se spoor gesit deur lede van die gemeenskap wat die polisie ingelig het oor bloedvlekke op die pad na die polisiestasie. “Toe polisielede ondersoek instel, het hulle op ʼn bloedbevlekte mes en ʼn polisiekenteken wat aan een van die oorledenes behoort, afgekom. Die tweede polisiekenteken is ʼn ent daarvandaan gekry,” het Rikhotso vroeër gesê.

Die verdagtes is vroeg Woensdagoggend in Logageng, ʼn informele nedersetting in Noordwes, aangekeer – glo in die besit van ʼn pistool en ʼn hamer.

Daar is ook op bloedbevlekte klere en ʼn voertuig beslag gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

marius ·

Gaan hulle kollegas in duisende optrek en eis dat hulle geen borg kry nie ? Nee , hulle sal nie eers ‘n petisie teken nie . Dis die waarheid .

loddertjie ·

Daar moet ‘n voorbeeld van die kriminele gemaak word, swaarste straf moontlik, dis wat hulle verdien.

KB ·

5mm pistool? Nog nooit van so iets gehoor nie!
Dalk ‘n punt twee twee (.22) pistool?

Linx ·

Ek probeer net verstaan hoekom hlle liggame eers d volgende dag gevind is

Samuel ·

Suid-Afrika, ‘n land van moord en doodslag.
Laat die Menseregtekommissie ook hierdie saak ondersoek.

Sarel ·

Heel moontlik sit Volwaasenes hier agter wat die jong mense opgetseek het wetende dat minderjariges ligter vonnis sal kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.