Vyf brand dood in gru-ongeluk

Argieffoto

Vyf mense het doodgebrand nadat die motor waarin hulle was Saterdag in die vroeë oggendure gerol en aan die brand geslaan het in Bloubergstrand by Kaapstad.

Jermaine Carelse, woordvoerder van die brand- en nooddienste in Kaapstad, het gesê ʼn brandweerwa en reddingsvoertuig van Milnerton is omstreeks 03:00 na die toneel in Otto du Plessis-rylaan ontbied.

“Met hul aankoms was die motor steeds aan die brand. Nadat die brand geblus is, is meganiese toerusting gebruik om die liggame uit die motor te verwyder.”

Carelse het gesê vier vroue en een man is dood. Volgens hom het nog ʼn man oorleef nadat hy glo uit die voertuig geval het toe dit gerol het. Hy is met ernstige beserings na ʼn hospitaal geneem.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het die voorval bevestig en gesê ʼn saak van strafbare manslag word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.