Die hofsaak van vyf mans, wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn egpaar van Kagiso in Gauteng gewelddadig vermoor het, se saak is vir Augustus geskeduleer.
“Die saak is gereed om voort te gaan,” het staatsaanklaer Carla Britz aan regter Van der Westhuizen in die Johannesburgse hooggeregshof gesê. Die saak begin op 27 Augustus.
Bheki Mzama (28), Sabatha Matoko (30), Lindokhule Tembani (24), Thamsanqa Msezane (21) en Londani Mzama (23) staan tereg op twee aanklagte van moord en drie aanklagte van verkragting, ontvoering, nalatige bestuur en roof met verswarende omstandighede.
Msezane was deel van ʼn groep gevangenes wat uit die gevangenis in Johannesburg, ook bekend as Sun City, ontsnap het. Hy is weer in hegtenis geneem en is sedertdien in maksimum sekuriteit.
Die groep het na bewering Jeanette Cindi (34) herhaaldelike verkrag voor hulle haar en haar vriend, Lungelo Buthelezi (31), in April verlede jaar in Kagiso, wes van Johannesburg, aan die brand gesteek het toe hulle op pad was huis toe ná ʼn aandjie uit.
Familie en vriende van Buthelezi en Cindi het gesê hulle is dankbaar dat daar vordering gemaak word in die saak.
As ek die berig en die foto reg verstaan blyk dit duidelik te wees dat geen vroue groeperinge of vroue organisasies by die howe,parlement of by die ANC hoofkantoor betoog of raas teen die agbare ANC lede wat hulle daaraan skuldig gemaak het aan geweld teen vroue nie,ook nie wanneer blanke vroue aangerand,verkrag,vermink of vermoor word nie.Dubbel standaarde?