Vyf dood, 21 beseer in N1-botsings

Foto: ER24

Foto: ER24

Vyf mense is dood en 21 beseer in twee verskillende botsings Saterdagaand op die N1-Noord.

Vier mense is dood en 18 beseer, toe ʼn vragmotor en ʼn taxi naby die Brandfort-afrit, ongeveer 25km vanaf Bloemfontein, gebots het.

Chitra Bodasing-Harduth, woordvoerder van ER24, het gesê met paramedici se aankoms op die toneel het hulle twee mense in die taxi gevind wat reeds aan hul beserings beswyk het. Nog twee mense, wat tydens die botsing uit die taxi geslinger is, is ook op die toneel dood verklaar.

“Een passasier het kritieke beserings opgedoen, terwyl die ander passasiers vir ligte tot matige beserings behandel is,” het Bodasing-Harduth gesê. Die beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle na verskillende hospitale geneem is.

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

Foto: ER24

Foto: ER24

Nog ʼn man is gisteraand dood en ʼn vrou en kind kritiek beseer tydens ʼn tweede botsing op die N1-Noord, naby die Maraisburg-afrit. Volgens Bodasing-Harduth het twee motors reg van voor gebots, maar die oorsaak van die botsing is nog nie bekend nie.

“ʼn Man was in die wrak van een van die voertuie vasgekeer en paramedici kon ongelukkig niks vir hom doen nie. Hy is op die toneel dood verklaar,” het sy gesê. ʼn Passasier in dieselfde voertuig het geringe beserings opgedoen.

ʼn Vrou en dogtertjie, vermoedelik drie of vier jaar oud, wat in die tweede voertuig was, was in ʼn kritieke toestand. Hulle is saam met die beseerde man van die ander voertuig na ʼn hospitaal gehaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

26 Kommentare

jongste oudste gewildste
Simon

Sal geen kommentaar skryf nie.
Merk dat my kommentaar selde blywend geplaas word en dit het dus geheel oorbodig geword om kommentaar te skryf

Tiger

Ai dis tragies.Nou begin die beseerdes se uitgerkte trauma terwyl dit hul jare gaan neem om te herstel .Die’ twee gesinne se lewens is onherroeplik omgedop-niks sal meer dieselfde wees nie.Ek weet want ons was in ‘n ongeluk toe iemand volspoed van agter in ons vasgejaag het toe my man wou regsdraai.My geheue is vir ongeveer 30 jaar uitgewis.Als is vir my vreemd – ek weet nie eers watse beddegoed,linne,klere en andergoed ek het of waar dit gebere is nie.Mense dis erg glo my.En als omdat een idioot nie omgee wat hy op die pad doen nie.Sterkte aan beide families… Lees meer »

raai wie

Simon en Kobus dieselde gebeur met my so ek gebruik nou verskillende name. Miskien moet julle ook.

Pietser

Die kommentare word of erg gesensor of daar is iets fout met die stelsel of beide. Ek het ook al algemene kommentaar gepos wat beslis nie gemodereer hoef te word nie, dan verskyn dit net nie. Daar’s fout met die stelsel.

Jan maak n Plan

In al hierdie rubrieke is daar altyd een van die twee woorde wat bertrokke is by die ongeluk – BUS of TAXI. Dit laat n mens maar net dink want ons almal is daagliks op die paaie en sien wat aangaan.