Vyf dood, 21 beseer in N1-botsings

Foto: ER24

Foto: ER24

Vyf mense is dood en 21 beseer in twee verskillende botsings Saterdagaand op die N1-Noord.

Vier mense is dood en 18 beseer, toe ʼn vragmotor en ʼn taxi naby die Brandfort-afrit, ongeveer 25km vanaf Bloemfontein, gebots het.

Chitra Bodasing-Harduth, woordvoerder van ER24, het gesê met paramedici se aankoms op die toneel het hulle twee mense in die taxi gevind wat reeds aan hul beserings beswyk het. Nog twee mense, wat tydens die botsing uit die taxi geslinger is, is ook op die toneel dood verklaar.

“Een passasier het kritieke beserings opgedoen, terwyl die ander passasiers vir ligte tot matige beserings behandel is,” het Bodasing-Harduth gesê. Die beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle na verskillende hospitale geneem is.

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

Foto: ER24

Foto: ER24

Nog ʼn man is gisteraand dood en ʼn vrou en kind kritiek beseer tydens ʼn tweede botsing op die N1-Noord, naby die Maraisburg-afrit. Volgens Bodasing-Harduth het twee motors reg van voor gebots, maar die oorsaak van die botsing is nog nie bekend nie.

“ʼn Man was in die wrak van een van die voertuie vasgekeer en paramedici kon ongelukkig niks vir hom doen nie. Hy is op die toneel dood verklaar,” het sy gesê. ʼn Passasier in dieselfde voertuig het geringe beserings opgedoen.

ʼn Vrou en dogtertjie, vermoedelik drie of vier jaar oud, wat in die tweede voertuig was, was in ʼn kritieke toestand. Hulle is saam met die beseerde man van die ander voertuig na ʼn hospitaal gehaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Simon ·

Sal geen kommentaar skryf nie.
Merk dat my kommentaar selde blywend geplaas word en dit het dus geheel oorbodig geword om kommentaar te skryf

Kobus ·

Simon….my probleem dieselfde….dalk is ons te uit gesproke…maar OF my kommentaar word net nie altyd geplaas OF verdwyn na n rukkie…snaaks as ek meer gematig kommentaar lewer…hou dit langer …ek kan ongelukkig my nie altyd inhou…al probeer ek my woorde tel…seker te erg op die man af….maar tog is hier van ons mede kommentators wat erger dinge kwyt raak wie se kommentare hier geplaas word en blywend is vir almal om te lees

Lorna ·

Simon ek stem so saam jou my kommetare (partykeer vra of sê ek baie waar woorde) dit vat my data maar MM plaas glad nie

snoefie ·

dit gebeur net 80% van my kommentare ook. dan wat dit NIE RASSISTIES nie en ek het nie eers gevloek nie.

Kaufman ·

MM is te streng. Gaan kyk op ander media hoe radikaal hulle kommentaar is en dit word nie daar afgehaal nie.

Ek stem ·

Ja die liberale menings word gewoonlik gelos so ook die preke en teregwysings op ander kommentators se bydraes, maar die waarheid en kritiek op die media word summier uitgevee … vreemd hoe hulle dit reguleer.

Tiger ·

Ai dis tragies.Nou begin die beseerdes se uitgerkte trauma terwyl dit hul jare gaan neem om te herstel .Die’ twee gesinne se lewens is onherroeplik omgedop-niks sal meer dieselfde wees nie.Ek weet want ons was in ‘n ongeluk toe iemand volspoed van agter in ons vasgejaag het toe my man wou regsdraai.My geheue is vir ongeveer 30 jaar uitgewis.Als is vir my vreemd – ek weet nie eers watse beddegoed,linne,klere en andergoed ek het of waar dit gebere is nie.Mense dis erg glo my.En als omdat een idioot nie omgee wat hy op die pad doen nie.Sterkte aan beide families in die uiters moeilike tyd voor julle.

Kobus ·

Tiger baie sterkte vir jou….daar is darem n ligpunt vir jouself….al het jy vergeet…kan jy weer leer en met jou skryfstyl is niks verkeerd….wees dankbaar

raai wie ·

Simon en Kobus dieselde gebeur met my so ek gebruik nou verskillende name. Miskien moet julle ook.

Kobus ·

Dankie Raai Wie….maar netnou raak ek so deurmekaar dat ek nie weet of dit ek is wat die kommentaar geskryf het of nie…OUDERDOM IS NIE VIR SISSIES

Pietser ·

Die kommentare word of erg gesensor of daar is iets fout met die stelsel of beide. Ek het ook al algemene kommentaar gepos wat beslis nie gemodereer hoef te word nie, dan verskyn dit net nie. Daar’s fout met die stelsel.

Jan maak n Plan ·

In al hierdie rubrieke is daar altyd een van die twee woorde wat bertrokke is by die ongeluk – BUS of TAXI. Dit laat n mens maar net dink want ons almal is daagliks op die paaie en sien wat aangaan.

Koos ·

Voorstel vir taxis om meer veilig op ons paaie te wees.
Elke taxi moet 2 drywers plus n veiligheids offisier aanboord he. 1. As n drywer moeg is kan die ander oorneem. 2. Die veiligheids offisier kan voorkom dat taxis oorlaai word en sommer ook die toestand van die taxis monitor om seker te maak dat passassiers veilig by hul bestemming kan kom. So skep ons dan werk vir nog 2 persone per taxi. Dink net hoe sal die werkloosheids syfer dan daal.

Ig ·

Staal julle self, die aantal fatale ongelukke gaan toeneem soos wat die miljoene gekoopte lisensies begin ontplof.Bly snags so vêr moontlik van die paaie af

Meraai ·

Wel Tiger jy kan tenminste nog onthou dat jou man regs wou draai?

Simon ·

Ek wil graag repliek lewer.
Ek het nooit verwag dat my skrywe enigsinds geplaas gaan word nie.
Ek is tog erg bemoedig deur te merk dit is nie net met my wat dit gebeur nie.
MM het n lys van voorwaardes waaraan hulle inskrywings meet. Voor n inskrywing geplaas word stem jy saam daarmee.
Mense daar buite sien my aan as n baie gematigde en goed beredeneerde persoon, wat sy woorde tel, bitter selde rassisties is maar bietjie onver-draagsaam is teenoor “swaksinnige” opmerkings.
En hier le daar vir my n probleem.
Ek glo ek lewer goed beredeneerde opmerkings en vind dan dat dit nie geplaas word nie, maar soms walglike en ongure uit-en-uit swaksinnige opmerkings word wel geplaas. Die vlak van sulke kommentaar bereik soms nie eers die deur van die longdrop nie, laat staan nog om uit die kombuis of slaapkamer te kom.

My dank aan MM wat sulke skrywes wel verwyder as ek hulle daarop en daaroor kla.

Kobus ·

Simon my gevoel ook….op hierdie forum is briljante kommentaar sowel as swak ligsinnige gemors wat geen doel dien….baie van die punt af….wil my voorkom sommiges skryf net iets om hul naam op die blad te sien….ek oop vir debat en as ek verkeerd bewys word of n argument is sterker as myne…dan aanvaar ek dit so…maar met kwetsende aanmerkings op kommentaar soos n sekere meneer of twee mede kommentators aanval…vind nie byval

Kaufman ·

Probleem is dat dit die spreekbuis wegneem, veral as die wat die “rapporteer” en uiteindelik “verwyder” knoppie druk n sekere agenda het. Hierdie is die enigste forum waar die gewone Afrikaner nog sy opinie kan gee.

Joe ·

Sjooeee …. dit is tragies & hartverskeurend ….. die vakansie is al lankal aan die gang , maar dit bly kommer wekkend oor al die ongelukke wat reeds daagliks op die land se paaie plaas vind !!
Sekerlik was spoed & ” over take ” deel van al die ongelukke …. wonder hoeveel van hiedie bestuurders het wel wettige bestuurders lisensies gehad …. taxis word ook oor laai …. mense het seker ook weer ” gepooza ” …. dit maak my uiters bang om op die land se paaie te wees …. of dit vakansie is of nie ….. dit is skokkend hoe mense daagliks bestuur & die pad reels oor tree ….

Sharon ·

Uit die aard v my werk is ek baie op die pad. Ja… Soms ry ek vinnig… Maar in my lewe het ek nog NOOIT mense se lewens in gevaar gestel deur onnosele beskuite nie. Weet julle hoeveel keer het ek al op N1 gesien dat daar ‘n 3e voertuig op ‘n dubbelpad verby 2voertuie gaan. Bloot omdat voertuig 2nie vinnig genoeg na no 3 se sin is nie. En… Sad om te sê… Ons eerbare blou lig ampsmotors is baie skuldig hieraan. Ek is jammer vir onskuldige mense wat al die hartseer en trauma moet deurgaan as gevolg van onnosel onbevoegde padvarke

The Truth Project ·

Let’s face facts. People would rather protest over hair styles before they care whether their kids get to school safely where they can get an education. Some peoples priorities so far off …

Petrus ·

Waar kry mens die Taxi wat 22 passasiers mag vervoer? Ek neem aan dat geen mense in die trok seergekry het nie.

Taxi to Soweto ·

TAXI se alles. Hulle word glad nie gereguleer nie. Hulle is wetteloos, niemand vervolg hulle nie hulle ry soos hulle wil, druk voor almal in, ry hoë spoed, hulle maak wat hulle wil, hulle voertuie is onpadwaardig, dit word oorlaai, ongelukkig kan dit nie langer ignoreer word nie, in ‘n ongeluk swaai hulle nie steeds die septer nie, net jammer ANDER onskuldige mense ry saam met hulle aan die pen.

Ai tog!!! ·

Dis wat fout is met baie mense in SA: die artikel gaan oor mense wat hul lewens verloor het en families wat rou. Julle bekommer julself oor jul kommentaar wat nie geplaas word nie. Vestig eerder jul aandag op die punt en moenie aandagvrate wees nie…..
Baie sterkte aan die families!

Wessie ·

Soms is ‘n berig ietwat misleidend en onverstaanbaar. Daar word genoem dat 2 voertuie reg van voor naby die Maraisburg-afrit op die N1 noord gebots het…hoe kon dit gebeur? Die N1 aan beide rigtings van die Maraisburg-afrit is 4 bane wyd, hoe bots motors ‘reg van voor’ met mekaar?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.