Vyf mense is dood en nege ander beseer in twee verskillende ongelukke wat Saterdag op paaie in KwaZulu-Natal plaasgevind het.
In die eerste ongeluk is vier mense dood en vyf ander beseer toe ʼn voertuig in die vroeë oggendure op die N3 naby die Bergville-tolplaza omgeslaan het.
Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, sê paramedici en die plaaslike nooddienste is net ná 01:00 na die toneel ontbied.
“By hul aankoms op die toneel het hulle gevind dat die insittendes tydens die ongeluk uit die voertuig geslinger is. Vier mense, onder wie ʼn jong kind, het reeds op die toneel gesterf,” sê Vermaak.
Vyf ander mense is op die toneel vir verskillende beserings behandel voordat hulle na ʼn hospitaal geneem is. Volgens Vermaak was die familie glo van Johannesburg na die Oos-Kaap op pad toe die ongeluk gebeur het.
In nóg ʼn motorongeluk is ʼn vrou dood toe ʼn taxi en ʼn motor vanmiddag in die padaansluiting by die Ballito Lifestyle-sentrum gebots het.
Paul Herbst, woordvoerder van IPSS Medical Rescue, sê daar word vermoed die taxi was in die rigting van die N2 op pad en die motor wou regs by die sentrum indraai toe die twee voertuie gebots het. Weens die trefslag van die botsing het die taxi oor die sypaadjie geswenk en ʼn voetganger getref.
“Paramedici het gevind dat die vrou (die voetganger) in ʼn kritieke toestand was en het haar dadelik probeer stabiliseer. Sy het egter op die toneel aan haar beserings beswyk,” sê Herbst.
Vier ander mense het matige beserings opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem.
Taxi’s is moordmasjiene.
Ek stem saam. Taxis is ń ernstige probleem en hulle saam met drank en spoed is ń dodelike kombinasie.
Verwyder alle Taxis. Hulle het nie eens Respek vir hulle eie mense se Lewens nie.
Vanmiddag was daar dan nog n ongeluk vanaf die N3 na Bergville op die R616. Ek het verby die ongelukstoneel gery, waarskynlik kop aan kop botsing. Ek het twee kinders en n vrou op die pad sien lê. Dit was baie grusaam. Almal opslag dood.
Ek weet ek gaan nou weer gekruisig word en baie mense gaan sê spoed maak nie dood nie, en ja, dit is so as jy weet hoe om te bestuur en waar on vinnig te ry. Ek dink al manier hoe ons die pad sterftes gaan keer is on die volgende tydens vakansie tye the doen: Bring die spoedgrens met 20km/h in elke sone af! Verder moet alle openbare vervoer se maksimum snelheid in ‘n 100 km/h(120 km/h ) 70km/h wees. As jy meer as 10km/h oor die spoedgrens is, is dit TOESLUIT Vir teminste 48 uur voor jy voor Hof Kan Kom.
Die slagting is erger as in n oorlog. Dink ons moet maar weer terug na die perdekar en donkie kar.
Wiehan word wakker ek hou van taxis die ou monument se badge gaan verander na n TOYOTA TEKEN TOE
Jan Alleman – die beriggewer het nooit te kenne gegee dit was die ENIGSTE ongelukke nie. En Rikku – hoekom raak jy so iets kwyt as jy WEET dis nie haalbaar nie?? Belaglik om iets te sê net om iets te sê….