Vyf dood, een kritiek in Van Stadensbrug-ongeluk

Van Stadensbrug plaasgevind Foto via Port Elizabeth Daily Photo

Van Stadensbrug plaasgevind Foto via Port Elizabeth Daily Photo

Vyf persone is Saterdag dood en een persoon het kritieke beserings opgedoen tydens ʼn ongeluk tussen twee motors op die N2 ongeveer 40 km buite Port Elizabeth in die rigting van Jeffreysbaai.

“Vyf persone was dood toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Die oorlewende was in ʼn kritieke toestand en hy is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die ongeluk het naby die Van Stadensbrug plaasgevind.

Mathe het gesê owerhede stel ondersoek in na die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

antoinette ·

Die brug het op n ander manier lewens geeis .Sterkte aan die families

Irah ·

Dis die brug waar baie mense al selfmoord gepleeg het, die keer eis hy lewens op ń ander manier…

Mr P ·

By Van Stadens brug is dit dubbelbane vir verkeer in 2 rigtings Die pad is baie breed en in n goeie toestand. Seker weer lisensies gekoop.

Tanya ·

Aan meneer P as jy nie weet waarvan jy praat nie hou jou mond van ander af! Hier is mense wat vir oorledenes lief was! EN NEE LISENSIE WAS NIE GEKOOP NIE! Hou jou komentaar vir jouself as jy nie weet nie asb

GES ·

Die berig sê die ongeluk het naby die brug plaas gevind. Waar pas die brug in?

Karolis ·

Die opskrif is ook misleidend – asof dit in/op die brug gebeur het.

Poppie ·

Die ongeluk het seker 10 kilos van VanStadensbrug gebeur. Dit is op n 2 rigting pad en van stadens is op n snelweg. My opinie… die wind moes een voertuig geruk het na die aankomende verkeer. In Jeffreys moes jy jou kardeur klou dat dit nie teen die geparkeerde voertuig vaswaai nie. Selfde tyd, nie eers 5 kilos van die ongeluk was n trok ook bettokke in n ongeluk a.g.v. wind

Mr P ·

Dankie Poppie nou verstaan ons beter. Die berig is swak geplaas.

Rina Pretorius ·

Die brug het ;n geskiedenis waar so baie mense al gaan selfmoord pleeg het, so mense dink daar is iets boos gekoppel aan daardie brug en dis hoekom mense se as mense nie selfmoord pleeg nie dan eis daai brug lewens op ‘n ander manier, maar die berig se duidelik die ongeluk het naby die brug gebeur en nie bo-op die brug nie. Mense is maar bygelowig oor die brug en sy gebeure

REGVERDIG ·

RIP Willie Vanessa en Jan. Dis n geweldige groot skok . Sterkte aan die twee dogters en familie. Dit was drie fantastiese mense, altyd tyd gehadvir n grappie……. ek huil in my hart…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.