Vyf dood in Fochville-ongeluk

(Foto: Verskaf)

Vyf mense is dood en twee beseer toe twee ligte motors Dinsdagaand op die N12 in Fochville, Gauteng, in ʼn botsing betrokke was.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, is paramedici omstreeks 20:20 na die toneel ontbied. Die provinsiale ambulansdienste was toe reeds op die toneel.

“Een motor het in die pad gestaan terwyl die ander een sowat 100 m verder in die veld langs die pad aangetref is,” sê Meiring.

“Vier mans het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Twee van hulle was in elke voertuig vasgekeer.”

ʼn Vrou in haar 20’s is in ʼn kritieke toestand aangetref. Twee mans, wat vermoedelik die bestuurders van die voertuie was, het matige beserings opgedoen.

“Paramedici het die pasiënte op die toneel behandel voordat hulle per ambulans na nabygeleë hospitale geneem is vir mediese opvolgbehandeling.”

Die vrou het later in die hospitaal aan haar beserings beswyk.

Die omstandighede rakende die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Maritza ·

Lyk soos ‘n GTI. Daai mense vreeslik. Sterkte vir die families

Pieter ·

lyk vir my eerder soos vinnige 1 reeks BMW… Either way, hier is onnodige mense dood aan wat kon vermy geword het.

Nikki ·

Korrek dit is BMW. Die pad het al die lelikste van lelike ongelukke gehad. Wens hul wil dit ‘n dubbelpad regdeur maak!

Cherokee ·

Dikwels kom bestuurders die ligte af, en miskien word hulle beskerm deur ‘n stuurwiel. Die opvolg vraag is dan oor veiligheidsgordels.

Andries ·

Daardie deel va die N12 het geen slaggate. Die pad vernou op verskeie plekke van dubbelbaan na enkelbaan en sekere bestuurders kan nie kophou daaroor nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.