Vyf dood in gru-botsing

Foto: Verskaf

Die polisie in Limpopo ondersoek ʼn saak van strafbare manslag nadat vyf mense in ʼn botsing buite Groblersdal dood is.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn motor en ʼn vragmotor was Woensdagmiddag in ʼn trompop botsing naby Mochadi betrokke.

Die bestuurder van die motor en vier insittendes, onder wie twee kleuters, is op slag dood in die botsing. Een van die motor se passasiers het die botsing oorleef, maar is ernstig beseer en na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir dringende mediese behandeling.

Die bestuurder en sewe passasiers van die vragmotor het volgens Ngoepe ook ernstige beserings opgedoen en is ook na nabygeleë hospitale geneem vir behandeling.

Volgens Ngoepe is die proses om die oorledenes te identifiseer steeds aan die gang. Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

IK ·

Ek was verlede naweek op Groblersdal vanaf Bronkhorstspruit en ook na Warmbad. Daar het ‘n Landrower (sic) by my verby gevlieg terwyl ek so 110km/h gedoen het. Ook die ‘High Rider’ dubbelkajuite gee nie ‘n flenter om vir sperstrepe. Daar word gery vir plekke wat uiters belangrik is want so 30km verder kry ek weer die beesblaas waar hy voortkruie agter swaar voertuie. Geduld op die paaie is NUL.

thelsa ·

Op die foto sien ek ‘n wit sperstreep, ek sien wrakke . . . . . .

Morris ·

Lees ek reg? “..bestuurder en 7 passasiers!!! Was daar 8 mense in die vragmotor? As ek reg kyk mag daar net 3 in die vragmotor gewees het.

Nettie ·

@Morris – en boonop was die vragmotor ‘n KONSTRUKSIEVOERTUIG.

humor ·

Morris jy kyk heeltemal reg en jy kan seker wees in watter voertuig was die een wat moontlik vir strafbare manslag aangekla gaan word.

Ai tog ·

Ons ry daardie pad ten minste een maal ‘n maand- met ‘n dubbel kajuit bakkie ……
Dis verskriklik hoe mense alle padreels daar verontagsaam en jaag asof die duiwel agter hulle is – ongeag die voertuig wat hulle ry! Almal wat groot voertuie besit is toevallig nie onverskillig. Die ongeluk laat my nie eers asem intrek nie verwag elke keer om so iets reg voor my te sien gebeur.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.