Vyf dood in gru-ongeluk by Theewaterskloof-dam

Die ongeluk het digby die Theewaterskloof-dam plaasgevind (Foto: Rob Beezy, Twitter)

Vyf mense is dood en talle beseer toe ʼn sportnutsvoertuig Dinsdagoggend reg van voor met vragmotor gebots het. Die ongeluk het digby die Theewaterskloof-dam in die Wes-Kaap plaasgevind.

Volgens Jandré Bakker, woordvoerder van die departement van vervoer in die Wes-Kaap, het die ongeluk voor 08:00 op die R321-pad tussen Villiersdorp en Grabouw plaasgevind. Die pad loop oor die Theewaterskloof-dam.

“Volgens ooggetuies het die sportnutsvoertuig ʼn ander motor verbygesteek en kop aan kop met die vragmotor gebots. Die vragmotor het ʼn passasierswa – wat passasiers vervoer het – gesleep,” bevestig Bakker.

“Twee insittendes van die vragmotor en drie van die sportnutsmotor het tydens die ongeluk omgekom.”

Talle beserings is aangemeld. Bakker kon nie bevestig presies hoeveel mense in die ongeluk beseer is nie.

Een baan van die R321 was teen die tyd van publikasie steeds vir motoriste gesluit.

“Ons doen ʼn beroep op motoriste om ander motors verby te steek slegs wanneer dit wettig en absoluut veilig is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Di ·

Tragies, 1 mens wat ook vier ander se dood veroorsaak het. Party mense vat groot kanse wat dan op hierdie tragedie uitloop. So onnodig

marius ·

Waarom word daar nie ‘n beroep gedoen dat diegene wat op sper strepe verby jaag en soos gekke bestuur nie summier tronk toe gestuur word nie ?

Racheltjie Debeer ·

Vra ek ook! Maar ons verkeerspolisie is afwesig en wanneer hul wel iets doen, word hul net omgekoop om anderpad te kyk. Ek het die afgelope jaar al by seker 6 ongelukke op die N12 verby gery waar daar GEEN verkeerspolisie op die toneel is nie, die wegsleep dienste beheer die ongeluks toneel en ontbied die ambulans. Dis pateties hoe wetteloos die land geword het.

Di ·

Dis sal nooit gebeur nie – Nie eers die kriminele wat moord pleeg word opgesluit nie

Perdeby ·

Wanneer die bestuurders besef dat ‘n voertuig nie hulle speelmaat nie, en dit gaan nie gebeur nie.

JM ·

Wat maak dit saak of jy 3 of 5 minute later by jou bestemming aankom, maar sodoende jou eie en ander se lewens gered het? Talle onskuldige lewens is al geëis as gevolg van ongeduldige bestuurders.

Nie Verbaas ·

Dit gaan ongelukkig gepaard met tekort aan kapasiteit tot logiese denke

Elinette ·

Ja-nee, die bestuurders van “fo-by-fo’s” en ander luukse voertuie dink mos die paaie is hul speelplek. Net jammer van die onskuldige mense wat nou gedood is in hierdie onnodige ongeluk!!!

Elinette ·

Nee, hie’sie’ mielies by osie. Os het net wyn …. En by the way, ek is ‘n vrou, nie ‘n man nie. En ek het nie nou ‘n …. nie.

Jakes ·

Om onwettig voertuie verby te steek het gewoonlik dieselfde gevolge. Meeste noodlottige kop aan kop ongelukke word gewoonlik deur die bestuurder van een van die voertuie betrokke veroorsaak. Dit is tragies maar ongelukkig het dit n siekte in SA geword.

Nie Verbaas ·

Om hulle te vra om padreels te gehoorsaam is so goed as om n muur te vra om opstote te doen.

Duck ·

Lyk soos een van Ulwando se voertuie wat vanoggend in ‘n ongeluk betrokke was
Landscapers, hoop maar ek is verkeerd, tragies!

DIABLO ·

Ek het al voorheen genoem dat mense soos maniakke ry. Ek voel egter dat ons paaie vrot van die vragmotors is. Dit is n enorme frustrasie om ager die goed te sit terwyl hulle soms aankruie. Daarom sukkel ons om paaie in stand te hou en ons kan ook nie nuwe paaie bou nie. Kry die spoorweg weer op dreef en vragmotors sal aansienlik minder wees. Ek wil my verstout en dink dat pryse op alle goedere kan daal, as ons weer n spoorweg netwerk het. Selfs taxis behoort te verminder as ons ordentlike treine het. Mens mag droom:-)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.