Vyf dood in nóg ʼn gru-ongeluk

Argieffoto

Vyf mense is Sondagoggend vroeg dood in ʼn tweede gru-botsing tussen drie voertuie op die R59 in Alberton in Gauteng.

Dit volg kort ná drie ander mense Saterdagaand in ʼn ongeluk op die R57 buite Sasolburg oorlede is.

Volgens ʼn verklaring van die Ekurhuleni-ramp-en-noodbestuursdienste (DEMS) het die ongeluk Sondagoggend omstreeks 02:45 plaasgevind.

William Ntladi, ʼn woordvoerder vir die organisasie, sê ses mense was in een van die voertuie vasgekeer toe nooddienste op die toneel aangekom het.

Nooddiensspanne moes meganiese toerusting gebruik om die mense uit die wrak te bevry.

“Van die insittendes van dié motor, onder wie die bestuurder, is op die toneel dood verklaar. Die sesde insittende is met veelvoudige beserings na die hospitaal gehaas,” sê Ntladi.

Volgens hom is die twee bestuurders van die ander voertuie ook na die hospitaal geneem, maar hul lewe blyk nie in dié stadium in gevaar te wees nie.

Die Ekurhuleni-polisie het ʼn ondersoek van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Apache ·

Die afgelope tyd lees ek van al die gru-ongelukke op SA se paaie, wat gaan aan in die land?

Realis ·

100% wetteloosheid Apache… Did al. Mense in die land het geen respek vir mede-padgebruikers meer nie. Jaag, onverskillig, vat kanse – op ‘n daaglikse basis. Laasnag net na 9 weer ‘n dronk tor in Centurion teegekom…. Nee wat, gaan net vererger, want mense gee nie meer om nie en die wetstoepassers doen absoluut NIKS omtrent die situasie nie.

thelsa ·

Soos van Zupta se kantoor af tot op die laagste vlak is daar geen respek vir wette. Dit is die voorbeeld van die leierskap. Hierdie houding word weerspiël in die gedrag van motoriste op ons paai – stopstrate word veropntagsaam, spoedgrense word nie gehandhaaf nie, rooi verkeersligte beteken niks, sperstrepe is net ‘n versiering vir die pad ens ens.

Oupa ·

Dis nou al standaard-praktyk dat ondersoeke geloods word ná byna enige insident. Ek wonder hoe lyk die statistiek: hoeveel ondersoeke is geloods, hoeveel kry tans aandag, hoeveel is suksesvol afgehandel, en wat het voortgespruit uit dié ondersoeke. Ek glo nie dat die koste van die ondersoeke enige betekenis sal hê nie.

Hannelie ·

Maroela hou so aan. Plaas elke moontlike ongeluk. Mense moet besef, die pad is nie jou speelplek nie!

Leon ·

Dit sal nie help dat Maroela media en ander media hou aan berig nie. Hierdie is die tipe ding wat op ons nuus kanale van TV uit geskree moet word. Maar nee, al wat ons sien, is die sensasie soekende korrupte regering en hulle geskarrel om nog meer te steel. Intussen word landsburgers van alle kleure en soorte afgemaai op enige moontlike manier!!!!

Rina Pretorius ·

nou will hulle die spoedgrens verminder maar spoed is nie noodwendig die oorsaak van ongelukke nie maar wel deur verontagsaming van padreels soos verbygaan op bulte en dink die aankomende voertuie is nog ver genoeg en dan verbygaan. natuurlik dronk bestuur en ook dwelms. Gekoopte lisensies ook want hulle ken nie padtekens en reels nie. onpadwaardige voertuie en slegte bande ens. Padwoede ook by dit alles

Chris Ws ·

Ons sit met honderd duisende onbevoegde bestuurders in voertuie op ons paaie.Sit hier by oorlading en as ‘n kersie op die koek te hoe spoed en jy het ‘n landmyn wat enigetyd kan afgaan.Die’ dat daar sulke hoe sterfte gevalle in ongelukke is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.