Vyf dood in Vrystaat-botsing

Die N8 tussen Botshabelo en Thaba Nchu in die Vrystaat (Foto: Verskaf)

Vyf mense is Woensdag oorlede in ʼn botsing tussen twee vragmotors op die N8 tussen Botshabelo en Thaba Nchu in die Vrystaat.

Volgens ʼn verklaring van die polisie het die twee vragmotors omstreeks 05:00 Woensdagoggend reg van voor gebots.

Drie van die mans, wat op die toneel oorlede is, moes met meganiese toerusting uit die wrakke gesny word.

Twee ander mans is in die hospitaal oorlede.

Volgens die verklaring was die N8 in dié area vir sowat drie ure gesluit vir opruimingsaktiwiteite.

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend, maar ʼn polisieondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Johan. H. ·

Elke keer as daar n boer vermoor word,hoor ons van n trok of taxi wat vou. Is dit nie maar karma nie??
Vra ek maar net . nou sal mm seker weer spring om my opinie te “delete”

Nel ·

Miskien as jy ‘n Hindoe of ‘n Boeddhis is ja, maar ek dink dis eerder toe te skryf aan menslike onverskilligheid.

Reinette ·

Daardie Thaba Nchu pad staan al vir dekades bekend as “pad van die dood”.

CHRISTA ·

Ek kan nie verstaan hoe voertuie “reg van voor” teen mekaar bots nie! Moet die een nie links hou en die ander een regs nie? Of weet die bestuurders nie waar is links of waar is regs nie?

Scalla ·

Christa, dit is waar die probleem is, links en regs verskil by party bestuurders

cor ·

Kyk hierdie trok drywers is hardegat ouens die een wil nie agter die ander een ry nie, sy trok is kwansuis vinniger en sterker as die ander ou se trok, sodoende probeer hy verby gaan maar het nie genoeg krag nie en sal ook nie terug val as daar n voertuig van vooraf kom nie. Sodoende groet hulle mekaar per ongeluk met verlies van lewens. Ek sien die situasie daagliks op die land se paaie en verkeers beamptes is nooit daar as so iets gebeur nie.

Lee ·

Verbasend !! – hier is nie weer ‘n taxi by betrokke nie…LOL

Trokke ·

Dit is skrikwekkend hoeveel ongelukke daar is met trokke, en hoeveel mense gaan dood in sulke trok ongelukke. Ek het die 6de Mei my kleindogter verloor en saam met haar 3 ander mense. Elke keer is die trok die probleem, kyk hoeveel ton trok dit is, wat in so n voertuig vas ry, iets moet gedoen word met die trokke. Hul eienaars moet odok, want hul bestuurders is gesope, dit was die geval in “ons” ongeluk, een hele gesin uitgetwis + my kleindogter. Die trok bestuurder is glad nie eers beseer nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.