Vyf dood in Vrystaatse botsing

Argieffoto: Twitter via @_ArriveAlive

Vyf mense is dood in ʼn trompop botsing Vrydagoggend naby Heilbron in die Vrystaat.

Konst. Josephine Rani, woordvoerder van die polisie, sê die ongeluk het omstreeks 09:00 op die R57 sowat 20 km buite Heilbron gebeur.

Volgens Rani was ʼn VW Citi Golf met vyf insittendes uit Heilbron in die rigting van Sasolburg op pad toe dit reg van voor met ʼn Toyota Corolla gebots het wat in die teenoorgestelde rigting op pad was. “Die bestuurder van die Golf het glo beheer oor die voertuig verloor en toe teen die Corolla gebots,” sê Rani.

Al vyf insittendes in die Golf is op slag dood. Die bestuurder van die Corolla is op die toneel vir ernstige beserings behandel voordat die motoris na ʼn hospitaal gehaas is.

ʼn Saak van strafbare manslag word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Cherokee ·

Citi Gold = Citi Golf
en leer nou mense, om Toyotas te ry. Die Corolla is ‘n staatmaker en ‘n veilige kar.

Mariné Lourens ·

Dagsê Cherokee

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groete
Mariné
nms Maroela Media

Cherokee ·

Dankie vir jòu kommentaar ook Mariné. En die verskoning is nie nodig nie.. is mos bloot menslik om mis te tik:-) Ek het dit so saggies as moontlik gesê.. om duidelik te maak dit is nie kritiek nie. (Jimmel, mý help julle nie reg nie, julle delete dit sommer!:-)
Dankie Mariné.. en slaap lekker.

Chris ·

Cherokee, ek stem saam met jou dat ‘n Toyota baie veiliger as ‘n Citi Golf is, en moenie die Polo karre onderskat nie. Hulle is net so onveilig! Ek het nou al verskeie ongelukke gesien waar Golf’s en Polo’s betrokke was, en dit is skrikwekkend om te sien hoe uitmekaar breek daai Volkswagen karre, dat jy oral net stukke kar sien, en die ander voertuig wat betrokke was in die ongeluk, nog heeltemal aanmekaar is.

Cherokee ·

Interessant wat jy sê Chris, …en jy laat nou vele Polo-aanhangers dink.

Ronel ·

Daai is n aaklige pad. Nie net oor die swak toestand van die pad nie, maar meestal oor mense wat kanse vat

IK ·

Stem saam Ronel, min geduld en BAIE spoed. Sperstrepe is ook daar om te verontagsaam.

Elna ·

Enige ongeluk is n tragiese gebeurtenis en n mens wil nie altyd besef hoe vinnig en maklik n ongeluk kan plaas vind nie. As almal net meer geduld het op die pad en die verkeersreels gehoorsaam sal daar minder ongelukke plaas vind op die paaie. Soos vandag is my hart baie baie seer want my vriendin wat baie ver van my af woon was in n ernstige motor ongeluk oppad na my toe en dit deur n persoon wat die verkeersreels verontagsaam het en om waaghalsige kanse te vat. Sterkte aan almal wat betrokke was met die ongeluk.

Cherokee ·

Ivan…, nie ‘n klag van manslag maar saak van manslag word ondersoek. Dit is tog die manier om te doen. Die versekeraars sal oorsaak wil weet. Logies nè.

Chris Ws ·

Dis insiggewend hoe onveilig ‘n Citi Golf is.Dis die dat die produksie van hulle deur Volkswagen gestaak is en die VW Polo sy plek ingeneem het.10 uit 10 vir die Corola se veiligheid!

Marius ·

Sjoe – ek lees die kommentaar oor twee verskillende motorvervaardigers, waarvan die een kwansuins nou meer “veiliger” sal wees. Alle moderne motors word ontwerp met krummelsones en met meer of minder lugsakke afhangende van die model spesifikasie. Dit is ‘n mite dat die een of daardie een nou veiliger is, alle botsings ek kom ek leer sommer die joernalis ook – ‘n botsing verskil hemelsbreed van ‘n ongeluk. Dit het ons al lankal in die dae vd NVVR [Nasionale Verkeer Veiligheids Raad] met baie koerante en ander publikasies behandel. Alle trompop-botsings[dws van vooraf in die rybaan of op die soom vd pad] het alles te doen met fisika, dws hoe vinniger die spoed hoe groter is die impak. Ek was die voormalige redakteur van ROBOT, asook ‘n verkeers-analis gewees by die NVVR. ROBOT was tot op datum die enigste verkeersveiligheids tydskrif ooit in die RSA en wat met 1994 bewindsoorname gestaak is deur Dept. van Vervoer. Ek het letterlik honderde botsings bestudeer en ‘n navorsingsstuk voltooi daaroor, en in meer as 80% van alle gevalle is die vaardigheidsvlakke van die bestuurder op ‘n glyskaal van 1- 10 minder as 5. Te vinnige spoed vir die omstandighede[reen/ swaar verkeer/ mis/ nag/ oorlading/ ooreising] is die ander hoofoorsaak.
Groete!

Liezl ·

Dit is regtig skokkend hoe mense bestuur. Net gister sit ek 120km/ in die regterbaan om motors verby te gaan, soos ek toe verby almal gaan is daar n sperstreep en kan ek nie linkerbaan toe gaan nie. Motor van agter swaai oor sperstreep, links verby my en kom swaai weer voor my in. Nou vra ek, waarnatoe moes ek nou? Ek het toe maar gewag tot by sperstreep ophou en gaan toe linkerbaan toe. Ek kry toe die motor kilometers verder sit agter n vragmotor. Mense, wees net asseblief meer geduldig, as jy 10 sekondes langer geduld gehad het, sou jou bloeddruk nie gestyg het nie en jy sal ook nie ander mense se lewens in gevaar dit nie

Chris Nel ·

Heng Marius! Ons gee jou op ‘n glyskaal van 1-10 ‘n hele 10 punte! Welgedaan.

Jan ·

Die land is oorbevolk mense lyk my julle kan dit nie raaksien nie. Volkswagen is stewig gebou met relatief dikker staalplaat…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.